Geagte Ouers / Voogde – 11 April 2025

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die kort, maar welverdiende ruskansie terdeë geniet het en kosbare tyd saam met familie en vriende spandeer het. Ek is baie dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral die gr.7’s en hul ouers/voogde wat aan die jaarlikse Oranjeriviertoer deelgeneem het. Baie dankie aan Rudi Barnard en Louis Boshoff wat aan stuur van die suksesvolle roeiroete gestaan het. Die jaarlikse Ouer/Kind-Oranjerivier Extravaganza was weereens ‘n reuse sukses. ‘n Gemotiveerde JvR-groep (Jannies en hul ouers) wat uit 80 lede bestaan het die 4-dagtoer met groot entoesiasme aangedurf. Sommige van die leerders het maar liggeloop vir die "Entrance Exam" en soos altyd, het die "Sjambok" sy pond vleis geëis met menige kano’s wat sonder ‘n kaptein of ‘enjin’ die stroomversnelling uitgedaag het. Graad 6-leerders en hul ouers maak gerus ‘n plan om volgende jaar aan die onvergeetlike avontuur deel te neem. Die skool het skaars begin en soos ‘n goed ge-oliede masjien is ons skoolaktiwiteite sommer vanaf dag 1 weer goed opdreef met die akademie, wintersport buitemuurse program, musiekklasse en kooroefeninge wat op dag 1 van die nuwe kwartaal met baie opwinding afgeskop het. Sportwedstryde vir rugby, netbal en hokkie skop ook die week af en ons leerders is baie opgewonde om aan wintersportwedstryde deel te neem. April 2025 met al die openbare vakansiedae bied nogal ‘n uitdaging rakende kurrikulum- en sportbestuur wat dus deeglike beplanning verg. Neem asseblief kennis dat weke 1, 2 en 3 van kwartaal 2 slegs uit 4 werksdae/skooldae bestaan en dat week 4 ‘n hele week van vakansiedae insluit. Ek is nie...

Hoe lyk my kind se digitale voetspoor en waarom maak dit saak?

Hoe lyk my kind se digitale voetspoor en waarom maak dit saak?

In die digitale era is die internet diep verweef in ons daaglikse bestaan, insluitend die lewe van ons kinders wat in hierdie hoogs gekonnekteerde wêreld grootword.

Net soos volwassenes, laat kinders ook ‘n digitale voetspoor soos hulle sosiale media, aanlyn speletjies, opvoedkundige platforms en verskeie ander toepassings gebruik.

Hul digitale voetspoor is ‘n rekord van al hul aanlyn aktiwiteite en dit is belangrik dat beide kinders en hul ouers die implikasies hiervan verstaan.

In hierdie artikel kyk ons hoe ouers hul kinders van digitale voetspore kan leer, hulle kan help om verantwoordelike aanlyn gedrag te ontwikkel en om hul privaatheid en toekomstige geleenthede te beskerm.

Studiekursus: Kwartaal 2, 2025

Studiekursus: Kwartaal 2, 2025

Die studie-ontwikkeling bestaan uit die volgende: 1. Beplanning en doelwitte 2. Leestegnieke 3. Luister om te konsentreer 4. Leer tydens klastyd 5. Verskillende opsommingstegnieke 6. Oefening van tegnieke Die kursus word gratis deur Marietjie de Kock in die Zen Den aangebied. Die kursus begin die 14de April en eindig die week van die 2de Junie. In elke graad is 2 groepe om die leerders wat by verskillende sport betrokke is, te akkommodeer. Leerders woon een van die groepe in hulle graad by. Elke groep bestaan uit 8 leerders. Tye is as volg: GRAAD 4 Groep 1 Maandae 15:45 – 16:30 Groep 2 Donderdae 14:50 – 15:30 GRAAD 5 Groep 1 Maandae 16:30 – 17:15 Groep 2 Donderdae 16:30 – 17:15 GRAAD 6 Groep 1 Dinsdae 14:50 – 15:30 Groep 2 Woensdae 15:45 – 16:30 GRAAD 7 Groep 1 Maandae 14:50 – 15:30 Groep 2 Donderdae 15:45 – 17:15 Jy kan vir Marietjie de Kock kontak by marietjie@jvrprim.co.za om ‘n plek vir jou kind te...

Geagte Ouers / Voogde – 28 Maart 2025

Die einde van kwartaal 1 het vir my net te vinnig sy opwagting gemaak met elf bedrywige weke agter die rug. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Ek het elke rapport geteken en so ‘n kort persoonlike boodskappie vir elke leerder geskryf om hul toegewydheid te onderskryf. As skoolhoof kyk ek met trots terug na al die opwindende en suksesvolle aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Graag wil ek die personeel hartlik bedank wat so hard die afgelope kwartaal gewerk het en die beginsel van uitnemendheid in alles wat ons aangepak het, toe te pas. Om suksesvol te wees, beteken nie net om soms hard te werk nie, maar eerder om elke dag te verbeter op die vorige dag. Ons skool is werklik geseënd met ‘n dinamiese personeel met omgee-harte en nie skroom om die ekstra myl te loop nie. Laat my ook toe om die Beheerraad onder leiding van Merwe Scholtz te bedank vir al hul onbaatsugtige werk wat hulle verrig om ons trotse skool na nog hoër hoogtes te lei. Baie dankie ook aan Susan Derksen en die OOV-lede vir hulle leeue-aandeel in al die suksesvolle funksies wat aangebied is. Laaste, maar nie die minste nie, ‘n opregte dank aan ons wonderlike ouers/voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang. Ek glo dat ons skoolgemeenskap ook saam met ons as personeel ongelooflik trots is op wat die...

Junior Koor: Belangrike Datums 2025

Beste Ouers, Die junior koor is goed op dreef, en ons het selfs al die voorreg gehad om na hulle te luister tydens ‘n saalbyeenkoms vroeër hierdie jaar. Dit was omtrent ‘n fees om hulle te hoor sing! Ek stuur graag vir julle ‘n opsomming van die junior koor se optredes vir die res van die jaar. Plaas dit asseblief in jul kalenders om enige botsings of teleurstellings te vermy. 4 Augustus Tafelberg Koorfees / Hoërskool Jan van Riebeeck 20-24 Oktober Weskus Koorfees / Laerskool Van Riebeeckstrand 31 Oktober GF Kultuurkonsert / Laerskool Jan van Riebeeck 27 November Laerskool JvR Kerskonsert 30 November NGK Tamboerskloof Kerssangdiens Ek en Ben sien uit na ‘n opwindende jaar vol hoogtepunte saam met die junior koor! Vra gerus indien daar onduidelikheid oor iets is. Ons wil graag help. Vriendelike groete, Rolene en...

Senior Koor: Belangrike Datums 2025

Beste Ouers, Die senior koor het ‘n bedrywige eerste kwartaal agter die rug, en ek glo julle is net so trots op die leerders se optrede by die Mzanzi Conductor’s Convention soos ons! Dit was ‘n belewenis wat ons nie sommer sal vergeet nie. Die tweede kwartaal is rustig wat optredes betref, en daar sal geen ekstra oefenkampe wees nie. Ons gaan nuwe repertorium aanleer en fokus op vaardigheidsontwikkeling. Ons gewone oefentye bly dieselfde, en ons verwag dat leerders dit asseblief getrou bywoon: Dinsdag: 07h30 – 08h30 Donderdag: 07h45 – 08h45 Ons beplan om met die koor in Augustus na George te toer waar ons sal deelneem aan die Cantamus Koorfees. Daar is kostes aan verbonde, waaroor ek meer detail sal gee sodra die tweede kwartaal begin. Baie van die koorlede is nog jonk, en George is vêr – ons is daarom oop daarvoor om ouers op die toer te verwelkom. Neem asseblief die vakansie om hieroor na te dink, en dan kan ons vroeg in die tweede kwartaal gesprekke rondom die beplande toer voortsit. Hier is ‘n opsomming van die koor se optredes vir die res van die jaar. Plaas dit asseblief in jul kalenders om enige botsings of teleurstellings te vermy. 8 Mei Hoërskool Jan van Riebeeck Reunie Musiekkonsert 4 Augustus Tafelberg Koorfees / Hoërskool Jan van Riebeeck 8-10 Augustus Cantamus Koorfees / George Koortoer 23 September Nootvas Musiekfees / Curro Durbanville 20-24 Oktober Weskus Koorfees / Laerskool Van Riebeeckstrand 30 Oktober IF Kultuurkonsert / Laerskool Jan van Riebeeck 27 November Laerskool JvR Kerskonsert 30 November NGK Tamboerskloof Kerssangdiens Ek en Leon sien geweldig baie uit na...

Jannies op RSG te hoor

Jannies op RSG te hoor

Hannah en Stella de Stadler was onlangs op RSG te hoor. Hulle is studente van Alma Nel se dramaskool en het onlangs as gasstemme op episodes van Kiskenades verskyn. Hier is die skakels na die potgooie: Saterdag 15 Maart, Episode 153: Hannah verskyn in hierdie episode. Saterdag 22 Maart, Episode 154: Stella verskyn in hierdie episode saam met Pieter en Jamie Jordaan. Welgedaan! Julle maak ons baie...

Ouerbesoeke: 15 & 22 April 2025

Ouerbesoeke vind op 15 & 22 April vanaf 13:30 - 17:30 plaas. Skeduleer asseblief so gou as moontlik 'n afspraak met jou kind se onderwyser deur gebruik te maak van die onderstaande skakel: MAAK AFSPRAAK HIER Hoe werk dit? Maak die skakel oop en kies die regte graad Rol af na die kalenderafdeling en kies jou kind se onderwyser by die "select staff" opsie Kies die datum (15/22 April) en die tydsgleuf wat jou die beste pas  Rol af en vul alle nodige besonderhede in Kliek op...

Jan Kas Tye: Kwartaal 2, 2025

Jan Kas sal weer op Maandag, 7 April oopmaak vir kwartaal 2. Tyd: 9:00 - 11:00 Gewone tye sal dan weer vanaf Dinsdag, 8 April gevolg word: Maandae en Woensdae - 07:00 - 08:00 Dinsdae en Donderdae - 13:30 - 14:30

Jannie-gesprekke brei uit

Ons is so bevoorreg om ons kundigheid deurgaans te verbreed en wil dit graag met die res van ons skoolgemeenskap deel daarom dat Jannie-gesprekke nou uitbrei deur twee onderafdelings naamlik: Zen Den-gesels (die vorige Jannie-gesprekke) en dan die nuwe afdeling DInK-slim. Zen Den-gesels Ons het die afgelope kwartaal heelwat verskillende onderwerpe vanuit die Zen Den aangeraak en bespreek.  Sien asb in die akademie afdeling die studiekursusse wat volgende kwartaal sal plaasvind. Ons sal ook volgende kwartaal met die leesmodel-reeks voortgaan soos die afgelope twee weke bespreek.  DInK-slim Ons wil graag ons ouergemeenskap ondersteun om DInK-slim te wees – slim in besluite t.o.v. digitale tegnologie, persoonlike inligting en die kuberruim. In ons gereelde DInK-slim rubriek poog ons om inligting en advies met ouers/voogde te deel, wat sal help om belangrike digitale bevoegdhede te ontwikkel en goeie besluite in die belang van ons kinders se veiligheid en gesonde ontwikkeling te kan neem. Sien die inleiding tot hierdie nuwe...

Kwartaal 2, Week 1-3: Program

Week 1:  8 April: skool heropen en sport (hokkie) begin   9 April: sport oefen (netbal/rugby)   10 April: sport oefen (hokkie)   11 April: hokkietoernooi   12 April: kaperjolle, redenaars en o.10-netbaltoernooie (Durbanville en Table View)   Week 2: 14 April: sport oefen (o.7 - o.9) en netbalproewe vanaf 14:30 by ons skool. Geen netbaloefening vir o.10-o.13 nie. Rugby oefen.   15 April: Gr. 1 - 7-ouerbesoeke vanaf 13:30 - geen sport nie, skool verdaag vroeg (12:45 en 13:00) *maak 'n afspraak by die bepaalde onderwyser   16 April:  netbalwedstryde / rugby oefen   17 April: Geen sport nie   18 April: PAASVRYDAG (VAKANSIEDAG)   Week 3: 21 April: GESINSDAG (VAKANSIEDAG)   22 April: Gr. 1 - 7-ouerbesoeke vanaf 13:30 - geen sport nie, skool verdaag vroeg (12:45 en 13:00) *maak 'n afspraak by die bepaalde...

Pieter Rademeyer: RSG Stemkunstenaar

Pieter Rademeyer het in Februarie die geleentheid gehad om, as deel van die Alma Nel-drama-ateljee-groep, in die RSG-program, Kiskenades, op te tree. Hy het die rol van ’n avontuurlustige seun in dié episode, wat eersdaags uitgesaai word, gespeel.    Pieter het vandeesweek die goeie nuus ontvang dat RSG nou vir hom ’n permanente kontrak aangebied het om verder as 'stemkunstenaar'-akteur interessante rolle op dié Afrikaanse radiostasie te vertolk.    Jy maak ons baie trots Pieter. Welgedaan!...

Leesmodel 2: Die Leestou

Leesmodel 2: Die Leestou

Die leesmodel “Reading Rope” Lees is een van die belangrikste vaardighede wat kinders in die laerskool aanleer. Dit is nie net een enkele vaardigheid nie. Dit bestaan uit ‘n kombinasie van verskillende prosesse wat saamwerk om begrip en leesvlotheid te ontwikkel. Die leesmodel “Reading Rope” is deur Dr. Hollis Scarborough gedurende die 1990’s ontwikkel. “Scarborough’s Reading Rope” is een van die mees toeganklike benaderings wat die komplekse prosesse van lees verduidelik. Die model gee ‘n duidelike raamwerk van die verskillende leeskomponente. Scarborough’s se leesmodel stel ‘n visuele model voor wat verduidelik hoe verskillende leesvaardighede saamwerk om leesvlotheid en begrip te ontwikkel. Die model stel metafories ‘n tou met twee hoofkomponente voor. Elke hoofkomponent bestaan uit verskeie in een geweefde leesvaardighede. Soos die vaardighede ontwikkel en saam gebruik word, word die tou saam geweef en word die tou al sterker, wat beteken leerders se lees word al beter. Die model bestaan uit ‘n boonste netwerk en ‘n onderste netwerk Die boonste netwerk bestaan:                         Die onderste netwerk: Taal & begrip                                                2. Woordherkenning -  Agtergrondkennis                                                      - Fonologiese bewustheid - Woordeskat                                                               - Dekodering - Taalstrukture                                                             - Alfabetletters - Verbale redenering                                                    - Klankbewustheid - Geletterheidkennis                                                     - Sigwoorde Onderste deel: Woordherkenning Die onderste deel van die tou se vaardighede help met aanvangslees. Lesers leer lees deur klanke te herken en uit te spreek. Hulle kan woorde dekodeer en hulle kan woorde lees. Hulle leer om hoë frekwensie woorde...

Geagte Ouers / Voogde – 20 Maart 2025

Ons nader die einde van die tweede laaste week van ’n opwindende kwartaal, met ’n welverdiende langnaweek wat as ’n bonus op ons wag. Môre, Vrydag 21 Maart, vier ons Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense werklik die betekenis van hierdie belangrike dag besef en dit bloot as nog ’n openbare vakansiedag sien. Hierdie dag is juis ingestel ter nagedagtenis aan ’n tragiese gebeurtenis in ons land se geskiedenis – die gebeure van 21 Maart 1960 in Sharpeville. Duisende swart mense het op daardie dag vreedsaam teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter deur die polisie uitmekaar gejaag en 69 mense is noodlottig gewond. Sedert 1994 word hierdie dag jaarliks herdenk om hulde te bring aan die slagoffers en om te verseker dat so ’n tragedie nooit weer in ons land herhaal word nie. Ek glo dat die herdenking van hierdie spesiale dag ’n waardevolle bydrae lewer tot ’n samelewing waarin mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en vrede kan leef. Die afgelope week was besonder besig met verskeie skoolaktiwiteite. Ek gee graag terugvoering hieroor: Ons het op Donderdag, 13 Maart 2025, ons jaarlikse gholfdag by die Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie unieke "links-tipe" gholfbaan is geleë tussen die Atlantiese Oseaan en die Rietvleirivier. Die baan is relatief plat met min bome, maar bied steeds uitdagings vir die gemiddelde gholfspeler – veral toe die Suidooster sy spreekwoordelike tande gewys het en die speelomstandighede aansienlik moeiliker gemaak het. Die see en die strandmeer wat aan die meeste gate grens, tesame met die sewe pragtige waterhindernisse, het menige "skewe" gholfballe opgeëis. Die asemrowende uitsig oor Tafelbaai, met...

Belangrike Datums

julie 2026

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor