Mense van Kaapstad
Ons skool is gelukkig genoeg om in die middel van die mooie Kaapstad te wees. Maar dis nie net Tafelberg, die mooi strande en die interessante geboue om ons wat die stad so spesiaal maak nie. Dis ook haar mense! Daar bly 3,7 miljoen mense in Kaapstad. Met ons nuwe Jannies-projek, wil ons leerders inspireer met die besonderse en uiteenlopende mense wat hier bly. Ons wil hulle ook herinner dat ons ‘n belangrike gemeenskap in die moederstad is. Ons wil gereeld sprekers nooi wat presies dit gaan doen. So kan ons leer en inspireer! Laat weet wie jou inspireer. Wie wil jy graag hê moet met ons kom gesels? Leerders, onderwysers en ouers is almal welkom om voorstelle te stuur na:...
Landloopuitslae
Die landloop is nog volstrek aan die gang en Laerskool Jan van Riebeeck se landlopers het besonder goed in die afgelope twee Vrydae se wedlope gevaar. Ons is baie trots op ons leerders se prestasies, aangesien dit groot byeenkomste met talle deelnemers is. Die prestasies lyk as...
Sing in Harmonie Koorkompetisie
Die Seniorkoor is vreeslik opgewonde oor die pragtige skild wat hulle Saterdag huis toe gebring het. Hulle is as Episode Kampioen aangewys by Sing in Harmonie se koorkompetisie en moet weer in die finale rondte op 6 Desember deelneem. Baie dankie aan al die ouers wat kinders aangery het en die koor kom ondersteun het. Die program word elke Sondagmiddag om 16:00 op Kyknet Nou uitgesaai. Ons sal laat weet as ons skool aan die beurt kom. Welgedaan aan elke...
Musiekkonserte
Die Seniorkoor sal op Maandag- en Dinsdagoggend, 18 en 19 Junie om 8:15 aan die begin van die musiekkonsert optree .Ouers is welkom om te kom luister !
Nuusbrief van 8 Junie 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal) Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen saal Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal) Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag (vanaf 12:00-12:45) Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30 Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Veiling: Saterdag 2 Junie Baie dankie aan almal wat 'n bydrae gelewer het tot die GROOT sukses van ons jaarlikse veiling wat verlede Saterdagaand in die Kelvin Grove Hotel was. Baie dankie aan almal wat die funksie bygewoon het, items geskenk het, items gekoop het en natuurlik die paar spesiale dames wat hard gewerk het om goeie items vir die veiling geskenk te kry en al die ander reëlings rakende die veiling getref het. Dit lyk of die netto opbrengs oor die R900 000,00 is! Bedankings Dit is vir my baie hartseer om te sê dat ons vier onderwysers gaan verloor voor die einde van die...
Voedselbeleid
Die VOEDSELBELEID is opgedateer en is beskikbaar op die webwerf. Hierdie beleid word jaarliks hersien om te verseker dat die skool se riglyne t.o.v. gesond eet nagestreef word, maar terselfdertyd die aanvraag na verskeidenheid vervul.
Landloop van 8 Junie te Bishops Prep
Komende musiekkonserte deur musiekleerders
Neem asb. kennis van die twee musiekkonserte die laaste week van die kwartaal: Maandag 18 Junie om 08:15 ( oggend)- Alle Gr. 4 en 5 musiekleerders Dinsdag 19 Junie om 08:15 ( oggend)- Alle Gr. 6 en 7 musiekleerders Alle ouers en belangstellendes is welkom.
Seniorkoor
Alle koorlede moet Saterdagoggend om 10:00 in netjiese winterskooldrag by Curro Sitari in Somerset Wes wees. Een van die dae sien julle ons op televisie!
Skaakuitslae 1 Junie 2018
Ons skaakspan het laas Vrydag 4 - 1 gewen teen Weizmann. Ons spanlede het hulle alles gegee en elke beweging strategies beplan. Hou so aan manne!
Nuusbrief van 1 Junie 2018
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 1 Junie 2018 Landloop: Fish Hoek Primary School Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann Vrydag, 1 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee Dinsdag, 5 Junie 2018 Saal: Leerlingraad Skool sluit vroeër vanaf 5 Junie gedurende die eksamentyd: Gr.1-3: 13h00 en Gr.4-7: 13h15. Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen saal Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30 Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Sportdag te Rawsonville Baie dankie aan alle ouers, vriende en familie wat ons spanne verlede Saterdag by Hoërskool Goudini kom ondersteun het. Dit was 'n baie suksesvolle sportdag en die meeste van ons spanne het baie goed presteer, die wedstryde het in goeie gees plaasgevind en die spelers het mooi en netjies gelyk. Volgende jaar is...
Hoërskoolnuus
Hoërskool Jan van Riebeeck is sedert Julie 2017 ‘n Cambridge Associate School, wat beteken dat leerders van graad 10 – 12 die geleentheid het om ‘n internasionale kwalifikasie te verwerf. Hierdie kwalifikasie word deur Cambridge in die Verenigde Koninkryk onderskryf, en universiteite van regoor die wêreld, asook plaaslik, erken hierdie kwalifikasie. Die vakke wat ons aanbied is Engels, Wiskunde, Fisika en Biologie. Hierdie groep is die eerste wat die CIE (Cambridge International Exam) as eksamen in Wiskunde aflê. Hulle maak geskiedenis, want HS Jan van Riebeeck is een van die eerste Afrikaans mediumskole in die land wat ons leerders die geleentheid bied om hierdie kwalifikasie te verwerf. Leerders van omliggende skole kan ook by ons skool se klasse inskakel. Lila en Nina Ferreira, Mila Yssel, Emil van der Walt, Tiaan Theron en Theodore Pauw was op Laerskool Jan van Riebeeck! Kontak gerus vir me Lizette Visser (Lizette.visser@janvanriebeeck.co.za) vir meer inligting. Voor vlnr: Lané Beyer, Lila Ferreira en Nina Ferreira Agter: Mila Yssel, Emil van der Walt, Tiaan Theron, Dirk Maree en Theodore...
Netbaluitslae teen Curro Century City
Die reën het ons vir 'n rukkie van die bane af gehou, maar dit kon ons nie keer nie en almal was vinnig weer besig om te speel. O/9 A 10 - 0 (wen) O/10 A 10 - 3 (wen) O/11 A 5 - 8 (verloor) O/12 A 12 - 16 (verloor) O/13 B 10 - 9 (wen) teen hul O/13A span Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die eerste helfde van die seisoen. Baie sterkte aan al ons senior spelers met die...
Sportdag te Goudini: Netbaluitslae
Rawsonville met hul mooi uitsig en gasvryheid het nie Saterdag teleurgestel nie. Die oggend het koel begin en ons spelers moes omtrent draf om warm te word. Nadat die son 'n bietjie later sy kop uitgesteek het het die dag nog lekkerder geword. O/9A 17 - 1 (wen) Goudini O/9A 9 - 5 (wen) FD Conradie O/10A 8-6 (wen) Goudini O/10B 1-4 (verloor) Goudini O/10A 11-8 (wen) FD Conradie O/10B 4-11 (verloor) FD Conradie O/11A 3 - 13 (verloor) Goudini O/11B 2-3 (verloor) Goudini O/11A 18 - 0 (verloor) FD Conradie O/11B 3-6 (verloor) FD Conradie O/12A 12 - 8 (wen) Goudini O/12B 15 - 0 (wen) Goudini O/12A 9 - 7 (wen) FD Conradie O/12B 5-2 (wen) FD Conradie O/13A 14 - 4 (wen) Goudini O/13 A 17 - 20 (verloor) FD...
Skaak-nuus
Vyf Jannies het op 18-20 Mei aan die Wes-Kaap skole skaak-kampioenskappe te Kleinmond deelgeneem. Die kinders het volgens geslag en ouderdom meegeding. Gerard Snijders en Peet Karsten het aan die seuns o/13 kategorie deelgeneem, Carla Snijders aan die dogters o/11 kategorie, Jan Karsten aan die seuns o/11 kategorie en Petrus Bosman aan die seuns o/9 kategorie. Die Jannies het almal baie mooi gespeel. Petrus was 4de in sy ouderdomsgroep met 'n uitstekende 5/6. Gerard, Jan en Carla het elk op 4/6 geëindig en Peet op 2/6. Die kompetisie was straf en ons is sommer baie trots op almal. [gallery size="large" link="file"...
Belangrike Datums
augustus 2026
september 2026