Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB

Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet

Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops

Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule

Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname

Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons

Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal

Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar

Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines

Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig

Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal)

Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen saal

Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert (08:15 in skoolsaal)

Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent

Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar

Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag (vanaf 12:00-12:45)

Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies

Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30

Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Veiling: Saterdag 2 Junie

Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het tot die GROOT sukses van ons jaarlikse veiling wat verlede Saterdagaand in die Kelvin Grove Hotel was. Baie dankie aan almal wat die funksie bygewoon het, items geskenk het, items gekoop het en natuurlik die paar spesiale dames wat hard gewerk het om goeie items vir die veiling geskenk te kry en al die ander reëlings rakende die veiling getref het. Dit lyk of die netto opbrengs oor die R900 000,00 is!

Bedankings

Dit is vir my baie hartseer om te sê dat ons vier onderwysers gaan verloor voor die einde van die jaar…

*Juffrou Astrid Jordaan (Gr 1) het besluit om vir eers die tuig neer te lê en meer tyd aan haar gesin te spandeer en verlaat ons aan die einde van hierdie kwartaal. Haar pos is reeds geadverteer en ons het ‘n hele paar baie goeie kandidate gekry wat aansoek gedoen het. Ons sal volgende week ‘n aanstelling maak.

*Meneer Timothy Lilly het ‘n pos in Qatar aanvaar en sy laaste dag is ook 22 Junie. In sy plek het ons vir Meneer Muller Joubert wat tans ‘n onderwyser by Hugenote Laer in Wellington is, aangestel.

*Juffrou Izel Storm het ‘n pos in Dubai aanvaar en begin reeds in September. Haar laaste dag is einde Augustus en haar pos word in eerskomende Saterdag se “Die Burger” geadverteer.
*Juffrou Bibi Stoffberg trou op die 6de Oktober. Haar verloofde bly in George. Hulle het gehoop dat hy, voordat hulle trou, ‘n oorplasing Kaapstad toe sou kry, maar tot op hede het dit nog nie gerealiseer nie, so indien dit nie voor 22 Junie gebeur nie, sal sy ook net tot einde September by ons bly, aangesien sy ‘n kwartaal moet kennis gee.

Vir al die bogenoemde poste sal tydelike aanstellings tot die einde van die jaar gemaak word. Indien die persoon aan al ons verwagtinge voldoen, kan dit ‘n permanente aanstelling word.

---

ALGEMEEN

Voedselbeleid

Die VOEDSELBELEID is opgedateer en is beskikbaar op die webwerf. Hierdie beleid word jaarliks hersien om te verseker dat die skool se riglyne t.o.v. gesond eet nagestreef word, maar terselfdertyd die aanvraag na verskeidenheid vervul.

Hoërskool Jan van Riebeeck is sedert Julie 2017 ‘n Cambridge Associate School, wat beteken dat leerders van graad 10 – 12 die geleentheid het om ‘n internasionale kwalifikasie te verwerf. Hierdie kwalifikasie word deur Cambridge in die Verenigde Koninkryk onderskryf, en universiteite van regoor die wêreld, asook plaaslik, erken hierdie kwalifikasie. Die vakke wat ons aanbied is Engels, Wiskunde, Fisika en Biologie.

Hierdie groep is die eerste wat die CIE (Cambridge International Exam) as eksamen in Wiskunde aflê. Hulle maak geskiedenis, want HS Jan van Riebeeck is een van die eerste Afrikaans mediumskole in die land wat ons leerders die geleentheid bied om hierdie kwalifikasie te verwerf. Leerders van omliggende skole kan ook by ons skool se klasse inskakel. Lila en Nina Ferreira, Mila Yssel, Emil van der Walt, Tiaan Theron en Theodore Pauw was op Laerskool Jan van Riebeeck!

Kontak gerus vir me Lizette Visser (Lizette.visser@janvanriebeeck.co.za) vir meer inligting.

Voor vlnr: Lané Beyer, Lila Ferreira en Nina Ferreira

Agter: Mila Yssel, Emil van der Walt, Tiaan Theron, Dirk Maree en Theodore Pauw

Ons is in die proses om SMS’e met Whatsapp te vervang. Sodoende spaar ons ‘n hele paar rand en kan ons meer gereeld dringende boodskappe aan ouers kommunikeer. Stoor asb. die skool se selfoonnommer in jou selfoon as “LJvR Whatsapp” sodat jy Broadcast boodskappe sal kan ontvang. Indien die nommer nie in jou selfoon gestoor is nie, sal jy nie die boodskappe ontvang nie. Die nommer is: 066 143 4003

Ouers wat nie Whatsapp het nie, sal steeds SMS’e ontvang. Ons huidige SMS stelsel sal ook as rugsteun gebruik word tot einde van die jaar. Daar sal geen groepe in Whatsapp gestig word nie. Ouers se inligting bly vertroulik en niemand gaan mekaar se boodskappe kan sien nie. Die Whatsappnommer is slegs vir eenrigtingkommunikasie van die skool na ouers. Moet asb. nie op boodskappe reageer nie.

Whatsapp sal nie nuusbriefinligting, inligting op die webtuiste of datums in die Google kalender en die webtuiste se dagboek vervang nie, maar eerder die SMS’e wat gewoonlik uitgestuur is om dringende boodskappe oor te dra.

Ouers wat belangstel in die diversiteit- en bemarkingsportefeulje en lus is om deel te word van dié subkomitee, stuur asb. ‘n e-pos aan Izelle Venter wat die portefeulje op die beheerraad behartig.

In breë trekke sal die komitee elke tweede maand vergader om insette van ‘n diverse groep ouers aan te hoor asook om praktiese implementering te help dryf. Izelle se e-posadres is iventer@media24.com. Dit sal gaaf wees as jy voor 11 Junie kan laat weet.

AKADEMIE



Eksamen

Die eksamen is in volle swang vir die Gr.4-7 leerders en eindig 15 Junie.

---

KULTUUR

Alle koorlede moet Saterdagoggend om 10:00 in netjiese winterskooldrag by Curro Sitari in Somerset Wes wees.

Een van die dae sien julle ons op televisie!

Neem asb. kennis van die twee musiekkonserte die laaste week van die kwartaal:

Maandag 18 Junie om 08:15 ( oggend)- Alle Gr. 4 en 5 musiekleerders

Dinsdag 19 Junie om 08:15 ( oggend)- Alle Gr. 6 en 7 musiekleerders

Alle ouers en belangstellendes is welkom.

SPORT

Ons skaakspan het laas Vrydag 4 – 1 gewen teen Weizmann.

Ons spanlede het hulle alles gegee en elke beweging strategies beplan.

Hou so aan manne!

Landloop te Bishops Prep

Hierdie byeenkoms vind plaas op Vrydag, 8 Junie

Volg die skakel vir meer INLIGTING.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

” Don’t underestimate the power of doing nothing, or just going along, listening to all the things you can’t hear, and not bothering.

-Winnie the Pooh

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209