Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 1 Junie 2018 Landloop: Fish Hoek Primary School

Vrydag, 1 Junie 2018 Skaak @ Weizmann

Vrydag, 1 Junie 2018 Gr. 7 Eksamen begin
Saterdag, 2 Junie 2018 JvR se veilingsdinee

Dinsdag, 5 Junie 2018 Saal: Leerlingraad

Skool sluit vroeër vanaf 5 Junie gedurende die eksamentyd: Gr.1-3: 13h00 en Gr.4-7: 13h15.

Woensdag, 6 Junie 2018 Gr.4-7 Eksamen begin

Woensdag, 6 Junie 2018 Blikkie&Broodjiedag: Gr 5VDB

Donderdag, 7 Junie 2018 Seniorkoor-onderhoude met KYKnet

Vrydag, 8 Junie 2018 Landloop: Bishops

Vrydag, 8 Junie 2018 Skaak @ Deutsche Schule

Saterdag, 9 Junie 2018 Seniorkoor KYKnet-opname

Maandag, 11 Junie 2018 Gr.1-3: Boekbuddies-toneelgroep besoek ons

Dinsdag, 12 Junie 2018 Geen saal

Donderdag, 14 Junie 2018 Matthews (terrein) verjaar

Vrydag, 15 Junie 2018 Landloop: St. Augustines

Vrydag, 15 Junie 2018 Eksamen eindig

Saterdag, 16 Junie 2018 Jeugdag

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.6: Lead4Life

Maandag, 18 Junie 2018 Gr.4&5: Musiekkonsert

Dinsdag, 19 Junie 2018 Geen saal

Dinsdag, 19 Junie 2018 Gr.6&7: Musiekkonsert

Woensdag, 20 Junie 2018 Jannies Talent

Woensdag, 20 Junie 2018 Magriet (juffrou) verjaar

Donderdag, 21 Junie 2018 Markdag

Donderdag, 21 Junie 2018 Sivvies

Vrydag, 22 Junie 2018 Skole sluit om 10:30

Sondag, 24 Junie 2018 Salomé (IT) verjaar

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Sportdag te Rawsonville

Baie dankie aan alle ouers, vriende en familie wat ons spanne verlede Saterdag by Hoërskool Goudini kom ondersteun het. Dit was ‘n baie suksesvolle sportdag en die meeste van ons spanne het baie goed presteer, die wedstryde het in goeie gees plaasgevind en die spelers het mooi en netjies gelyk. Volgende jaar is die toernooi by ons.

Eksamen: gr. 4 – 7 asook skooltye

Die eksamen begin môre, Vrydag 1 Junie, vir gr. 7 en Dinsdag vir gr. 4 – 6. Maak asseblief seker dat u kind se skryfbehoeftes in ‘n goeie toestand is en dat dit elke dag ingepak word. Die skool sluit ook vanaf Dinsdag om 13:00 vir alle gr. 1 – 3 leerders en om 13:15 vir gr. 4 – 7 leerders. Die bus sal dus vir die res van die kwartaal om 13:20 vertrek vir al die leerders wat in die middae met die bus ry.

ALGEMEEN

Ons is in die proses om SMS’e met Whatsapp te vervang. Sodoende spaar ons ‘n hele paar rand en kan ons meer gereeld dringende boodskappe aan ouers kommunikeer. Stoor asb. die skool se selfoonnommer in jou selfoon as “LJvR Whatsapp” sodat jy Broadcast boodskappe sal kan ontvang. Indien die nommer nie in jou selfoon gestoor is nie, sal jy nie die boodskappe ontvang nie. Die nommer is: 066 143 4003

Ouers wat nie Whatsapp het nie, sal steeds SMS’e ontvang. Ons huidige SMS stelsel sal ook as rugsteun gebruik word tot einde van die jaar. Daar sal geen groepe in Whatsapp gestig word nie. Ouers se inligting bly vertroulik en niemand gaan mekaar se boodskappe kan sien nie. Die Whatsappnommer is slegs vir eenrigtingkommunikasie van die skool na ouers. Moet asb. nie op boodskappe reageer nie.

Whatsapp sal nie nuusbriefinligting, inligting op die webtuiste of datums in die Google kalender en die webtuiste se dagboek vervang nie, maar eerder die SMS’e wat gewoonlik uitgestuur is om dringende boodskappe oor te dra.

Ouers wat belangstel in die diversiteit- en bemarkingsportefeulje en lus is om deel te word van dié subkomitee, stuur asb. ‘n e-pos aan Izelle Venter wat die portefeulje op die beheerraad behartig.

In breë trekke sal die komitee elke tweede maand vergader om insette van ‘n diverse groep ouers aan te hoor asook om praktiese implementering te help dryf. Izelle se e-posadres is iventer@media24.com. Dit sal gaaf wees as jy voor 11 Junie kan laat weet.

Vakansiesorg is beskikbaar vanaf 25 Junie tot 13 Julie. Vul asb. die vorm in as julle hierdie vakansie van vakansiesorg gebruik gaan maak. Aansoeke sluit 15 Junie. E-pos die aansoek en vrywaring aan Lorraine ( lorrvanvuuren@gmail.com ) of bring die hardekopie Nasorg toe. Daar sal ook hardekopieë by Nasorg beskikbaar wees.

INLIGTING EN VRYWARINGSVORM

Baie geluk aan Isabella Pretorius in Gr 4 wat Jannie van die Week is. Dankie dat jy so gereeld herwin – hou so aan. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.



Het julle geweet dat die skool betaal word vir ons herwinde papier. Dit is nou wel nie duisende rande nie, maar dra tog by tot die instandhouding van die depot. Ons word meer betaal vir wit papier – maak dus seker dat julle alle wit papier in die gemerkte wit wieldromme gooi. Om dieselfde rede moet alle gladde karton asb in heldergroen papier igloes gegooi word (platgetrap) en nie by die riffelkarton nie. Baie dankie vir almal se samewerking!

Nooi solank vir Oupa en Ouma na hierdie spesiale dag. Die besonderhede volg later.

AKADEMIE

Neem asseblief kennis dat die skool vanaf Dinsdag, 5 Junie 2018, om 13:00 vir gr. 1 – 3 en om 13:15 vir gr. 4 – 7 sluit. Die skoolbus sal om 13:15 vertrek. Indien ‘n leerder afwesig is op ‘n gegewe dag, moet ‘n doktersertifikaat getoon word. Leerders mag nie skryfbehoeftes bymekaar leen nie en moet liefs hul eie skryfbehoeftes onthou. Eksamenvraestelle word tussen 07:50 – 10:10 geskryf.

Normale klasruilings sal daarna plaasvind, daarom moet die nodige boeke vir daardie vakke ingepak word.

Ons is baie trots om te kan sê ons het 8 leerders wat in die top 200 leerders van die Horizon Math Kompetisie geeïndig het. Dit is ‘n ongelooflike prestasie aangesien die kompetisie net in Engels geskryf word. Van al die skole wat vir die kompetisie ingeskryf het, het Jan van Riebeeck die 5de meeste kinders wat in die top 200 is en boonop was ons die enigste slegs-Afrikaanse skool wat deelgeneem het. Ons lê bo skole soos Elkanah House, Herzlia, Golden Grove, Llandudno, Oakhurst, Panorama en Greenfields.

Baie geluk aan die volgende leerders wat so mooi presteer het:

Graad 6:

Dawid Adler en Peet Karsten

Graad 7:

Stef Mostert

Henri Malan

Benjamin Pienaar

Chris Scott

Gerard Snijders

Christiaan Stimie

Die prysuitdeling is Saterdag 9 Junie, by Star College. Wel gedaan, julle hou ons naam hoog!

Baie geluk aan die volgende leerders wat almal na die tweede rondte van die SAMF-Wiskundekompetisie deur is. Die volgende rondte vind op 1 Augustus plaas. Meer inligting sal volg.

• Die top 3 presteerders van verlede week is:

3. Henry Joubert 3182 punte

2. Mia Boshoff 4286 punte

1. Cara Swanepoel 7387 punte



Baie geluk Cara!!

potsierlik

Wenners: Katja de Villiers (Gr. 4 vdV)

Definisie: lagwekkend of komieklik

Sin: Die seuntjie lyk potsierlik in sy sussie se klere.

---

KULTUUR

Baie geluk aan die volgende vier leerders wat medaljes vir Sang by die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod in hulle ouderdomsgroepe gewen het. Ons is baie trots op julle!

Kerala Alewell Gr. 2

Alexander Uhlig Gr. 3

Mia Symington Gr. 4

Sebastian Boshoff Gr. 5

Francois Joubert (gr. 3) is 8ste in die Wes-Kaap nadat hy Vrydag, 25 Mei 2018, aan die ATKV-redenaarskompetisie se semi-finale ronde deelgeneem het. Slegs die top 3 van elke provinsie sal aan die finale ronde deelneem.

Ons is baie trots op jou, Francois!

SPORT

Die jaarlikse driehoekigebyeenkoms tussen ons, Goudini en FD Conradie het Saterdag 26 Mei, te Goudini plaasgevind. Dit was ‘n koue oggend en die mis het dig op die velde gelê. Ten spyte daarvan het dit nie ons spanne se moed gedemp nie en het hulle uitstekend presteer. Dit was lekker om ouers, spelers en onderwysers in goeie gees langs die sportvelde te sien.

Die rugbyuitslae was as volg:

0/7’s verloor teen Goudini en wen teen FD Conradie

0/8’s wen teen Goudini en FD Conradie

0/9’s wen teen Goudini en FD Conradie

0/11’s wen teen Goudini en FD Conradie

0/13’s verloor teen Goudini en FD Conradie (net-net teen albei spanne! )

Dit was ‘n baie suksesvolle sportdag. Dankie aan elke afrigter en ouer wat die dag moontlik gemaak het vir elke speler. Hulle het dit baie geniet. Die volgende wedstryde vind in die derde kwartaal plaas.

Rawsonville met hul mooi uitsig en gasvryheid het nie Saterdag teleurgestel nie. Die oggend het koel begin en ons spelers moes omtrent draf om warm te word. Nadat die son ‘n bietjie later sy kop uitgesteek het het die dag nog lekkerder geword.

O/9A 17 – 1 (wen) Goudini

O/9A 9 – 5 (wen) FD Conradie

O/10A 8-6 (wen) Goudini

O/10B 1-4 (verloor) Goudini

O/10A 11-8 (wen) FD Conradie

O/10B 4-11 (verloor) FD Conradie

O/11A 3 – 13 (verloor) Goudini

O/11B 2-3 (verloor) Goudini

O/11A 18 – 0 (verloor) FD Conradie

O/11B 3-6 (verloor) FD Conradie

O/12A 12 – 8 (wen) Goudini

O/12B 15 – 0 (wen) Goudini

O/12A 9 – 7 (wen) FD Conradie

O/12B 5-2 (wen) FD Conradie

O/13A 14 – 4 (wen) Goudini

O/13 A 17 – 20 (verloor) FD Conradie

Ons klein manne, 0/7 en 0/8, het die kwartaal op ‘n hoogtepunt klaargemaak deur beide hulle wedstryde te wen.

Ons 0/7’s was vasgevang in ‘n titaniese stryd en beide spanne het baie mooi rugby gespeel. Die wil was net sterker en hulle het die wedstryd gewen met twee drieë teenoor nul.

Die 0/8’s het keer op keer gewys hulle is ‘n span wat nie maklik terugstaan vir enige span nie en het die wedstryd gemaklik gewen.

Die volgende wedstryde is vroeg in die derde kwartaal. Vir die wedstrydbepalings, gaan kyk op ons webtuiste vir die volledige uiteensetting van alle wedstryde.

Die reën het ons vir ‘n rukkie van die bane af gehou, maar dit kon ons nie keer nie en almal was vinnig weer besig om te speel.

O/9 A 10 – 0 (wen)

O/10 A 10 – 3 (wen)

O/11 A 5 – 8 (verloor)

O/12 A 12 – 16 (verloor)

O/13 B 10 – 9 (wen) teen hul O/13A span

Baie dankie vir almal se ondersteuning gedurende die eerste helfde van die seisoen. Baie sterkte aan al ons senior spelers met die eksamen.

Vyf Jannies het op 18-20 Mei aan die Wes-Kaap skole skaak-kampioenskappe te Kleinmond deelgeneem. Die kinders het volgens geslag en ouderdom meegeding.

Gerard Snijders en Peet Karsten het aan die seuns o/13 kategorie deelgeneem, Carla Snijders aan die dogters o/11 kategorie, Jan Karsten aan die seuns o/11 kategorie en Petrus Bosman aan die seuns o/9 kategorie.

Die Jannies het almal baie mooi gespeel. Petrus was 4de in sy ouderdomsgroep met ‘n uitstekende 5/6. Gerard, Jan en Carla het elk op 4/6 geëindig en Peet op 2/6. Die kompetisie was straf en ons is sommer baie trots op almal.

Fish Hoek Primary School nooi ons landlopers uit na hulle byeenkoms op 1 Junie 2018.

Sien besonderhede:

UITNODIGING, PARKERING en ROETEKAART

Die eksamen is om die draai vir alle Gr.4 – 7 leerders. Alle rugby- en netbalwedstryde is klaar vir die kwartaal. Daar sal vanaf volgende week geen oefeninge meer wees nie. Rugby- en netbaloefeninge sal Maandag 23 Julie, weer begin.

Daar sal nog elke Maandag en Woensdag landloopoefening wees vir almal wat wil kom oefen. Die tye van die oefening is vervroeg tydens die eksamen en sal om 13:15 – 14:10 plaasvind. Die oefeninge gaan voort weens die feit dat daar nog wedlope op 1, 8 en 15 Junie is.

Skaakoefeninge is ook vervroeg vir die volgende twee weke. Oefening sal nog 7 en 14 Junie plaasvind. Die Gr.1-3’s oefen vanaf 13:00 – 13:30 en die Gr.4-7’s oefen vanaf 13:30 – 14:30. Alle sport vir die kwartaal maak 15 Junie klaar.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

SPREEKWOORD

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209