Vyf Jannies het op 18-20 Mei aan die Wes-Kaap skole skaak-kampioenskappe te Kleinmond deelgeneem. Die kinders het volgens geslag en ouderdom meegeding. Gerard Snijders en Peet Karsten het aan die seuns o/13 kategorie deelgeneem, Carla Snijders aan die dogters o/11 kategorie, Jan Karsten aan die seuns o/11 kategorie en Petrus Bosman aan die seuns o/9 kategorie. Die Jannies het almal baie mooi gespeel. Petrus was 4de in sy ouderdomsgroep met ‘n uitstekende 5/6. Gerard, Jan en Carla het elk op 4/6 geëindig en Peet op 2/6. Die kompetisie was straf en ons is sommer baie trots op almal.