Ons skool is gelukkig genoeg om in die middel van die mooie Kaapstad te wees. Maar dis nie net Tafelberg, die mooi strande en die interessante geboue om ons wat die stad so spesiaal maak nie. Dis ook haar mense! Daar bly 3,7 miljoen mense in Kaapstad. Met ons nuwe Jannies-projek, wil ons leerders inspireer met die besonderse en uiteenlopende mense wat hier bly. Ons wil hulle ook herinner dat ons ‘n belangrike gemeenskap in die moederstad is. Ons wil gereeld sprekers nooi wat presies dit gaan doen. So kan ons leer en inspireer!

Laat weet wie jou inspireer. Wie wil jy graag hê moet met ons kom gesels? Leerders, onderwysers en ouers is almal welkom om voorstelle te stuur na: mensevankaapstad@jvrprim.co.za