Elliott skaats tot in WP-span
Elliott Coetzee is gekies vir die o.12 Westelike Provinsie Yshokkie-ontwikkelingspan vir die interprovinsiale toernooi in die Julie-vakansie. Sy het eers in Januarie vanjaar met yshokkie begin! Wow, Elliott! Dit is ’n uitsonderlike prestasie – wel gedaan!
Jacques Theron presteer in “fencing”
Jacques het die afgelope naweek n goue medalje verower by die FWC II skermkuns (fencing) kompetisie in Kaapstad. Hy was die enigste o.12 seun en moes deelneem teen o.17 seuns wat baie groter en meer ervare was as hy. Ons is baie trots op hom dat hy nie geskroom het om teen die ouer seuns te skerm nie, tenspyte van hoe intimiderend dit moes wees. Hy het goeie punte asngeteken en is toe beloon met n medalje deur die organiseerders as “Beste o12.” Wel gedaan Jacques! Ons is baie trots op...
Karate Kyle!
Kyle het die naweek aan die Suid Afrikaanse JKA kampioenskappe en All Africa JKA kampioenskappe in die novice afdeling in Johannesburg deelgeneem. Hy het 2de plek vir sy kumite behaal en so sy SA kleure vir karate verdien. Jy maak ons trots Kyle! Baie geluk.
Sophia Liebenberg presteer in Netbal
Baie geluk aan Sophia Liebenberg (oud-Jannie) wat op geneem is in die Willows 0.16 Weskaap netbalspan. Die nasionale All Ages(AA) vind tydens die Junie/Julie vakansie plaas in Boksburg. Ons is ongelooflik trots op jou, Sophia.
Inligting rakende eksamentyd: Uitkomtye en buitemuurs
As gevolg van graad 4 - 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 - 3's sal steeds met buitemuurs voortgaan. Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen: Die graad 7's verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin. Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 - 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 - 6'e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie. Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind. Dagprogram tydens eksamen: 7:45 - 10:00 - Eksamen skryfsessie 10:10 - 10:30 - Pouse 10:30 - 12:45 - Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. - Rugby en netbal / Di. en Do. - Hokkie en landloop 13:00 Skool verdaag vir almal *Tweede pouse - onderwysers sal self besluit wanneer dit...
Geagte Ouers / Voogde – 30 Mei 2025
Die wintersportprogram vir kwartaal 2 kom die week ongelukkig tot ‘n einde met die laaste sportnaweek vir die kwartaal tuis teen Laerskool Milnerton. Aprilmaand, met al sy ‘vakansiedae-meevallertjies’, het ons nie toegelaat om enige sportwedstryde of sportdae te hou nie, dus moes Meimaand spreekwoordelik instaan met ‘n besige sport- en kultuurprogram. Met die buitemuurse program wat vir eers op ys geplaas gaan word, glo ek dat elke gesin nou ‘n bietjie begin asem skep, maar in die proses vir die gr. 4 – 7 Junie-eksamen voorberei wat volgende week gaan afskop. Ons het op Vrydag, 23 Mei, weer ons jaarlikse netbaltoernooi vir o.10 - o.13 B- tot F-spanne aangebied. Tien skole, 70 spanne en 490 dogters het aan die gewilde netbaldag deelgeneem en in die proses meer as een wedstryd op die dag gespeel. Opvallend was die goeie ‘gees’ waartydens die wedstryde geskied het met besoekende ouers, -onderwysers en -afrigters wat nie uitgepraat kon raak oor die ongelooflike sportervaring en gasvryheid nie. Dit was dan ook ‘n ideale vertoonvenster-geleentheid om ons trotse skool te bemark. ‘n Netbaltoernooi van dié kaliber kan net geskied as dit gepaard gaan met puik reëlings, en daarvoor is ons mnre. Rashard en Leon, asook die ondersteunende personeel, baie dankbaar. Dit is vir ons as skool net so belangrik dat daar ook op ons B- tot D-spanne gefokus moet word deur vir hierdie spelers die geleenthede te skep waar hulle op ‘n gereelde basis aan wedstryde kan deelneem en meeding. Sommige leerders se fisiese- en vaardigheidsontwikkeling geskied eers later soos hulle ouer word. Hulle mag dalk nie tydens hul laerskoolloopbaan vir A-spanne speel nie, maar...
Aiyana verwerf WP Kleure
Dit is met groot trots dat ons met julle deel dat Aiyana Alfredo, Gr. 6DV, WP Kleure in akrobatiese dans-sport verwerf het. Sy het vanaf Donderdag, 15 Mei tot Saterdag, 17 Mei deelgeneem aan die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se WP proewe en het die 3de plek behaal in beide die distrik en inter-distrik kompetisies vir ”Level 5 u/13". Sy het toe ook gekwalifiseer vir WP en sal in Julie deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe in...
Netbaluitslae: 17-19 Mei 2025
Sien die week se netbaluitslae hier onder:
Rugbyuitslae: 17 Mei 2025
Sien die week se rugbyuitslae hier onder:
Hokkieuitslae: 16 Mei 2025
Sien die week se hokkieuitslae hier onder:
Zen Den-gesels: Huistake (‘chores’): Waarom is dit nodig?
Watter ouer smag nie na verantwoordelike, onafhanklike kinders nie?
Tog is ons voortdurend in die versoeking om alles vir ons kinders te doen. Navorsing bewys egter oor en oor dat ‘n kind wat van jongs af binne ‘n gesin sekere verpligtinge het, meer selfvertroue en waagmoed ontwikkel. Wanneer dit reg bestuur word, word hegter gesinsbande gekweek. Volgens die Amerikaanse Psigiatriese Akademie vir Kinders en Adolessente kan ‘n kind so jonk as 3 jaar al met basiese take in die huis help. Hulle wys die volgende voordele uit:
Kunsmatige Intelligensie en Skoolwerk: Kortpad na Sukses of Verlore Leerproses?
Kunsmatige Intelligensie (KI) is besig om ’n alledaagse hulpmiddel in ons lewens te word en baie ouers moedig hul kinders aan om KI te gebruik om hul huiswerk of take mee te voltooi. Met net ’n paar klikke kan kinders komplekse vrae beantwoord, opstelle skryf en selfs wiskundeprobleme oplos. Is hierdie tegnologiese vooruitgang ’n waardevolle hulpmiddel of hou dit ook ’n risiko vir werklike leer en breinontwikkeling in?
Oud-Jannie kan redeneer!
Karu Rademeyer het onlangs in Die Burger verskyn, waar daar gespog is met haar uitstekende vordering in die nasionale ATKV-redenaarskompetisie. Sy het deurgedring na die halfeindrondte saam met 30 ander graad 8- en 9-leerders. Welgedaan, Karu! Jy maak ons baie trots.
Geagte Ouers / Voogde – 23 Mei 2025
Moeder Natuur het die afgelope paar weke die heerlikste weer gestuur en kon ons verskeie wintersportwedstryde en -oefeninge buitemuurs terdeë geniet. Sy het egter die afgelope week besluit, genoeg is genoeg, en vir ons tipiese Kaapse winterweer gestuur. Hierdie skielike veranderinge in weersomstandighede en temperature lei ongelukkig dikwels tot wintersiektes onder leerders, en dit kan maklik die hele gesin plattrek. Maak dus seker jou kind/ers is gepantser vir die koue weer deur onder andere reg aan te trek om die koue weer buite te trotseer terwyl hulle buite sport beoefen en/of kerjakker. Gesonde eetgewoontes en die neem van ‘n multivitamien kan ook moontlik help om jou kind/ers se immuunstelsel te versterk. Gelukkig word die winterseisoen nie net met siekword geassosieer nie, want winter het tog sy eie bekoring. Die kraakvars oggende en wintergeure is vir baie mense idillies. Die winter bied haar eie knusheid en bring dikwels mense bymekaar om heerlik saam te kuier met ‘n kaggelvuur wat die vertrek warmhou. Mag ons almal warm en gesond bly die komende wintermaande, veral met die eksamens om die draai. Die afgelope naweek het ons tuis vanaf 16–17 Mei nog ‘n suksesvolle sportnaweek suksesvol by ons skool aangebied. Hokkiewedstryde is op Vrydagmiddag, 16 Mei, afgelê en die volgende dag is al die rugby- en netbalwedstryde voltooi. Ons sportspanne het puik gevaar en graag sonder ek ons eerstespanne (o/13A’s) uit met hul onderskeidelike oorwinnings oor die naweek – baie geluk aan ons leerders en afrigters! Die opkoms van ouers was weereens ‘n riem onder die hart en graag wil ek julle hartlik bedank dat julle jul kind/ers so lojaal ondersteun. Dit beteken...
Netbaluitslae: 10-14 Mei 2025
Sien die week se netbaluitslae hier onder:
Belangrike Datums
april 2026
mei 2026
junie 2026
julie 2026
augustus 2026
september 2026
oktober 2026
november 2026
desember 2026
maart 2027