As gevolg van graad 4 – 7-leerders wat met eksamen begin, eindig die buitemuurse sportprogram die naweek vir hierdie leerders. Die graad 1 – 3’s sal steeds met buitemuurs voortgaan.

Hier volg inligting wat rakende uitkomtye en buitemuurse aktiwiteite tydens die eksamen:

  1. Die graad 7’s verdaag reeds op Maandag, 2 Junie, om 13:00 aangesien hulle reeds op Dinsdag, 3 Junie, met hul eksamen begin.
  2. Die skool sluit vanaf Donderdag, 5 Junie, vir almal (gr. 1 – 7) om 13:00 aangesien die gr. 4 – 6’e Vrydag, 6 Junie, met eksamen begin. Hierdie uitkomtyd sal geldig wees tot Donderdag, 26 Junie.
  3. Interne buitemuurse program sal vanaf 9 Junie tot 18 Junie in werking tree. Dit beteken dat sportoefening sowel as kultuur tydens skooltyd sal plaasvind.
  4. Dagprogram tydens eksamen:

7:45 – 10:00 – Eksamen skryfsessie

10:10 – 10:30 – Pouse

10:30 – 12:45 – Buitemuurs (Sport/kultuur) *Ma. en Wo. – Rugby en netbal / Di. en Do. – Hokkie en landloop

13:00 Skool verdaag vir almal

*Tweede pouse – onderwysers sal self besluit wanneer dit plaasvind.