Dit is met groot trots dat ons met julle deel dat Aiyana Alfredo, Gr. 6DV, WP Kleure in akrobatiese dans-sport verwerf het.

Sy het vanaf Donderdag, 15 Mei tot Saterdag, 17 Mei deelgeneem aan die Akrobatiese Solo-dans Sport Assosiasie se WP proewe en het die 3de plek behaal in beide die distrik en inter-distrik kompetisies vir ”Level 5 u/13″. Sy het toe ook gekwalifiseer vir WP en sal in Julie deelneem aan die Nasionale Kampioenskappe in Johannesburg.