Toeskouers tydens sportoefening
Daar is 'n versoek van die afrigters dat ouers asb. nie tydens oefeninge langs die bane of velde staan nie. Dit trek dikwels die kinders (veral die jonger groepe) se aandag af omdat hulle weet hul ouers kyk. Dit is ook so aangedui in ons sportbeleid dat ouers asb. nie tydens oefeninge langs die bane of velde staan nie. Ouers wat hul kinders kom haal na oefening,kan 5 minute voor die einde van die oefening daar staan. Baie dankie vir almal se samewerking met hierdie...
Woord van die week 76
onderonsie Definisie: ‘n Situasie waar twee of meer mense nie met mekaar saamstem nie. Sin: Die leiers van die politieke partye het in ‘n onderonsie betrokke geraak. Wenner: Onela Roxo (Gr.6B)
Kaperjolle – dankie
‘n Groot dankie aan elke ouer, personeellid en leerder wat ‘n bydrae gelewer het om Kaperjolle 2019 ‘n reuse sukses te maak. Ons het beslis geslaag in ons doel om ‘n heerlike kuieraand vir klein en groot te verseker. Boonop lyk dit of ons rondom R60 000 gaan insamel. Finale getalle en waarvoor dit aangewend word, sal binnekort bekend gemaak word. Baie geluk aan ons Oor-die-Kole Braaikampioene! In die 1ste plek was dit Spanje met Louis Boshoff wat ń speenvark gespit het! 2de plek was Mark Alleway al die pad van Indië! Kort op hul hakke was dit Joannie en Minette met hul eksotiese Griekse Hoender Gyros en platbrode! Ons waardeer elke span se deelname en die voorsiening van al ons etes! Geniet die Paasnaweek en veilig reis. Baie dankie en Groete,...
Wow-Spelkompetisie
Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Ons gr.6- en 7's (slegs Eerste Addisionele Taal) gaan ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Engelse kompetisie deelneem. Binne die eerste twee weke van volgende kwartaal gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool te verteenwoordig by die kringkompetisie. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank. Die datums is as volg: Kringkompetisie - 15 Augustus Distrikkompetisie - 24 Augustus Provinsiale Kompetisie - 7 September Nasionale Kompetisie - 19 Oktober Volg die skakel vir die SPELLYSTE EN ADDISIONELE INLIGTING oor die kompetisie. Lekker...
Skaakwedstryde, 11 April
Ons het op 11 April ons heel eerste WP-liga skaakwedstryd gespeel teen Hidayatul Islam college. Ons het twee gemengde spanne ingeskryf. Ons O/11 span het 1.5 - 4.5 verloor. Ons is baie trots op die Schoeman tweeling (Gr.1) wat hul heel eerste wedstryd ooit gespeel het. Dit het goed gegaan met die O/13 span wat hul beste probeer het. Ons het 3-3 gelykop gespeel. Mooi so...
Nuusbrief van 12 April 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers,Datums Saterdag, 13 April 2019 Sportdag Kaperjolle @ LJvRDinsdag, 16 April 2019 Redenaars Eerste ronde - Brackenfell Woensdag, 17 April 2019 Sonja Heroldt Gr.R - 3 Donderdag, 18 April 2019 Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar Donderdag, 18 April 2019 Geen buitemuurse aktiwiteiteVrydag, 19 April 2019 Goeie Vrydag Sondag, 21 April 2019 Annet Wilke (Terapeut) verjaar Maandag, 22 April 2019 Gesinsdag Dinsdag, 23 April 2019 Netbal: O/11 - O/13 Distrikproewe Woensdag, 24 April 2019 Marlene Jooste (Juffrou) verjaar Woensdag, 24 April 2019 Rugby: Liga wedstryde Woensdag, 24 April 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Vrydag, 26 April 2019 Landloop: GEKANSELLEERVrydag, 26 April 2019 Gr.4-7 eksamenafbakening word uitgedeel Vrydag, 26 April 2019 Toets: Gr. 5 & 7 Afrikaans Vrydag, 26 April 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels Vrydag, 26 April 2019 SivviesSaterdag, 27 April 2019 VryheidsdagSaterdag, 27 April 2019 Netbal: O/11 - O/13 Inter-distrikproewe>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOORKaperjolleBaie dankie aan almal wat so hard gewerk het en ook môre hard gaan werk om van die Kaperjolle 'n sukses te maak. Ons hoop om almal daar te sien, daar sal regtig iets vir almal wees. Onthou om jou eie drankies te bring vir die wat alkoholiese verversings verkies. NUUTSTE NUUS Boekedag, 26 April Kaperjolle, 13 April · Alle kaartjies wat reeds gekoop is, sal by die inligtingstafel Saterdag afgehaal moet word. Dit is om seker te maak almal kry hul kaartjies.· Etekaartjies: Hou jou e-pos dop om ‘n land te kies waar jy wil eet.· Speletjies: Indien jy nog nie kaartjies gekoop het nie, bring asb....
isiXhosa: Week 6
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se woorde:
Boekedag, 26 April
Liewe Aarde
Baie geluk aan Danielle Fourie in Gr.1 wat Jannie van die week is – dankie dat jy so gereeld herwin. Geniet die Col’Cacchios uistappie. Ons herinner julle weer aan Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine) waar jy kos en huishoudelike produkte per gewig kan koop, sonder om 'n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Vir meer inligting, sien NUDEFOODS se...
Kaperjolle, 13 April
· Alle kaartjies wat reeds gekoop is, sal by die inligtingstafel Saterdag afgehaal moet word. Dit is om seker te maak almal kry hul kaartjies. · Etekaartjies: Hou jou e-pos dop om ‘n land te kies waar jy wil eet. · Speletjies: Indien jy nog nie kaartjies gekoop het nie, bring asb. R5 muntstukke om deel te neem. · Aand Fliek: Fliek in die saal is vir ouderdomme 10+. Fliek in juf. Schultz se klas is vir alle jonger ouderdomme. Alle kinders word aangemoedig om hulle eie kussings en komberse te bring vir die aand se fliek. Merk asb. alle persoonlike goed duidelik. Dit kan in die saal gestoor word tydens die dag. · Vervoer en parkering: Parkering in die area is beperk. Maak so ver moontlik van UBER gebruik. · Bring eie alkoholiese drankies. Daar sal genoeg ys, water en ander drinkgoed beskikbaar wees. · Die dag sal voortgaan ongeag van die...
Junie-eksamenrooster
Tennisliga-uitslae na die eerste kwartaal
Ons het die uitslae van die liga ontvang na die eerste kwartaal. Baie dankie aan Yurich en al sy afrigters wat 'n groot aanwins vir ons skool is en 'n duidelike verskil in ons tennis maak. Baie dankie ook aan elke onderwyser wat so getrou die oefeninge bygewoon het en ons spelers na wedstryde vergesel het. Die uitslae is soos volg: Gemeng A: 1. JvR (21 punte) 2. Monte Vista (8 punte) 3. CBC (1 punt) 3. Parklands (1 punt) Gemeng B: 1. JvR (16 punte) 2. Table View (15 punte) 3. Bloubergridge (13 punte) 4. Elkanah Senior Primary (12 punte) 5. Parklands Prep (7 punte) 6. Sunningdale (2 punte) 7. Curro Century City (1 punt) Baie geluk aan al ons spelers, sonder julle harde werk sal ons nie sulke goeie uitslae hê...
Nuusbrief van 5 April 2019
Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 5 April 2019 Warren Stoman (Onderwyser) verjaar Vrydag, 5 April 2019 Marianna Oosthuizen (Juffrou) verjaar Saterdag, 6 April 2019 Netbal & Rugby: Winterfold toerspan, TUIS Maandag, 8 April 2019 GEEN Buitemuurse aktiwiteite Maandag, 8 April 2019 Jana Nel (Drama) verjaar Maandag, 8 April 2019 Portefeuljedag/ouerbespreking Gr.3 - 7 (15:00-19:00) Dinsdag, 9 April 2019 Akademiese vergadering 17:30 Dinsdag, 9 April 2019 Netbal: O/11 - O/13 Inter-sone proewe Woensdag, 10 April 2019 Rose Chikwata (Nasorg) verjaar Woensdag, 10 April 2019 Algemene Kennis toets Gr.4-7 Donderdag, 11 April 2019 Rugby: O/12 & O/13 proewe rondte 1 Donderdag, 11 April 2019 Gr.4 - 7 Inligtingsessie: Joan Cambell 18:00 - 19:30 Vrydag, 12 April 2019 Toets: Gr.5 & 7 Engels Vrydag, 12 April 2019 Toets: Gr.4 & 6 Afrikaans Vrydag, 12 April 2019 Gr.4 & 5 Woolworths educational program Saterdag, 13 April 2019 Sportdag Kaperjolle 14:00 (by LJvR) Maandag, 15 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe Maandag, 15 April 2019 Redenaars eerste uitdunrondes Dinsdag, 16 April 2019 Redenaars Eerste ronde - Brackenfell Woensdag, 17 April 2019 Sonja Heroldt Gr.R - 3 Donderdag, 18 April 2019 Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar Vrydag, 19 April 2019 Goeie Vrydag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Ons hoop almal is lekker uitgerus en is reg vir kwartaal 2! Ons is ook baie bly dat juffrou Heidre Ehlers weer terug is by ons. Winterdrag: Tot die einde van April kan leerders kies om op warm dae ons skool se somerdrag te dra en op koue dae mag hulle die korrekte winterdrag dra, maar vanaf Donderdag...
isiXhosa: Week 5
Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se woorde:
Jannies kompeteer vir SA skaakkleure
Twee van ons leerders het gedurende die vakansie aan die geslote SA Junior skaakkampioenskappe deelgeneem. Hierdie is 'n jaarlikse toernooi waar die top spelers in elke ouderdomsgroep meeding om SA kleure. Carla Snijders het 3/9 behaal in die Meisies o/12 groep. Sy het algeheel 19de geëindig. Petrus Bosman het 4.5/9 behaal in die Seuns o/10 groep en het algeheel 19de geëindig. Baie geluk julle!...
Belangrike Datums
augustus 2026