‘n Groot dankie aan elke ouer, personeellid en leerder wat ‘n bydrae gelewer het om Kaperjolle 2019 ‘n reuse sukses te maak. Ons het beslis geslaag in ons doel om ‘n heerlike kuieraand vir klein en groot te verseker. Boonop lyk dit of ons rondom R60 000 gaan insamel. Finale getalle en waarvoor dit aangewend word, sal binnekort bekend gemaak word.

Baie geluk aan ons Oor-die-Kole Braaikampioene! In die 1ste plek was dit Spanje met Louis Boshoff wat ń speenvark gespit het! 2de plek was Mark Alleway al die pad van Indië! Kort op hul hakke was dit Joannie en Minette met hul eksotiese Griekse Hoender Gyros en platbrode! Ons waardeer elke span se deelname en die voorsiening van al ons etes!

Geniet die Paasnaweek en veilig reis.

Baie dankie en Groete,

Martie