· Alle kaartjies wat reeds gekoop is, sal by die inligtingstafel Saterdag afgehaal moet word. Dit is om seker te maak almal kry hul kaartjies.

· Etekaartjies: Hou jou e-pos dop om ‘n land te kies waar jy wil eet.

· Speletjies: Indien jy nog nie kaartjies gekoop het nie, bring asb. R5 muntstukke om deel te neem.

· Aand Fliek: Fliek in die saal is vir ouderdomme 10+. Fliek in juf. Schultz se klas is vir alle jonger ouderdomme. Alle kinders word aangemoedig om hulle eie kussings en komberse te bring vir die aand se fliek. Merk asb. alle persoonlike goed duidelik. Dit kan in die saal gestoor word tydens die dag.

· Vervoer en parkering: Parkering in die area is beperk. Maak so ver moontlik van UBER gebruik.

· Bring eie alkoholiese drankies. Daar sal genoeg ys, water en ander drinkgoed beskikbaar wees.

· Die dag sal voortgaan ongeag van die weer.