Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums 

Saterdag, 13 April 2019    Sportdag Kaperjolle @ LJvR
Dinsdag, 16 April 2019    Redenaars Eerste ronde – Brackenfell  
Woensdag, 17 April 2019    Sonja Heroldt Gr.R – 3  
Donderdag, 18 April 2019    Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar  
Donderdag, 18 April 2019    Geen buitemuurse aktiwiteite
Vrydag, 19 April 2019    Goeie Vrydag  
Sondag, 21 April 2019    Annet Wilke (Terapeut) verjaar  
Maandag, 22 April 2019    Gesinsdag  
Dinsdag, 23 April 2019    Netbal: O/11 – O/13 Distrikproewe  
Woensdag, 24 April 2019    Marlene Jooste (Juffrou) verjaar  
Woensdag, 24 April 2019    Rugby: Liga wedstryde  
Woensdag, 24 April 2019    Liewe Aarde: Herwinning sivvies  
Vrydag, 26 April 2019    Landloop: GEKANSELLEER
Vrydag, 26 April 2019    Gr.4-7 eksamenafbakening word uitgedeel  
Vrydag, 26 April 2019    Toets: Gr. 5 & 7 Afrikaans  
Vrydag, 26 April 2019    Toets: Gr.4 & 6 Engels  
Vrydag, 26 April 2019    Sivvies
Saterdag, 27 April 2019    Vryheidsdag
Saterdag, 27 April 2019    Netbal: O/11 – O/13 Inter-distrikproewe

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR


Kaperjolle

Baie dankie aan almal wat so hard gewerk het en ook môre hard gaan werk om van die Kaperjolle ‘n sukses te maak. Ons hoop om almal daar te sien, daar sal regtig iets vir almal wees. Onthou om jou eie drankies te bring vir die wat alkoholiese verversings verkies.

---

NUUTSTE NUUS


· Alle kaartjies wat reeds gekoop is, sal by die inligtingstafel Saterdag afgehaal moet word. Dit is om seker te maak almal kry hul kaartjies.

· Etekaartjies: Hou jou e-pos dop om ‘n land te kies waar jy wil eet.

· Speletjies: Indien jy nog nie kaartjies gekoop het nie, bring asb. R5 muntstukke om deel te neem.

· Aand Fliek: Fliek in die saal is vir ouderdomme 10+. Fliek in juf. Schultz se klas is vir alle jonger ouderdomme. Alle kinders word aangemoedig om hulle eie kussings en komberse te bring vir die aand se fliek. Merk asb. alle persoonlike goed duidelik. Dit kan in die saal gestoor word tydens die dag.

· Vervoer en parkering: Parkering in die area is beperk. Maak so ver moontlik van UBER gebruik.

· Bring eie alkoholiese drankies. Daar sal genoeg ys, water en ander drinkgoed beskikbaar wees.

· Die dag sal voortgaan ongeag van die weer.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Baie geluk aan Danielle Fourie in Gr.1 wat Jannie van die week is – dankie dat jy so gereeld herwin. Geniet die Col’Cacchios uistappie.

Ons herinner julle weer aan Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine) waar jy kos en huishoudelike produkte per gewig kan koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Vir meer inligting, sien NUDEFOODS se webtuiste.

Kortpaaie op die webtuiste

Rol af op die skool se TUISBLAD vir kortpaaie na, onder andere, die SNOEPIE BESTELVORM en die VERLORE GOEDERE opsomming.

AKADEMIE

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se woorde:

---

SPORT

Ons het die uitslae van die liga ontvang na die eerste kwartaal. Baie dankie aan Yurich en al sy afrigters wat ‘n groot aanwins vir ons skool is en ‘n duidelike verskil in ons tennis maak. Baie dankie ook aan elke onderwyser wat so getrou die oefeninge bygewoon het en ons spelers na wedstryde vergesel het. 

Die uitslae is soos volg: Gemeng A: 1. JvR (21 punte) 2. Monte Vista (8 punte) 3. CBC (1 punt) 3. Parklands (1 punt) Gemeng B: 1. JvR (16 punte) 2. Table View (15 punte) 3. Bloubergridge (13 punte) 4. Elkanah Senior Primary (12 punte) 5. Parklands Prep (7 punte) 6. Sunningdale (2 punte) 7. Curro Century City (1 punt)

Baie geluk aan al ons spelers, sonder julle harde werk sal ons nie sulke goeie uitslae hê nie.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Een doring van ondervinding is net soveel werd as ‘n hele wildernis van waarskuwing.”
– James Russell Lowell

 

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen
SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209