Ons het die uitslae van die liga ontvang na die eerste kwartaal. Baie dankie aan Yurich en al sy afrigters wat ‘n groot aanwins vir ons skool is en ‘n duidelike verskil in ons tennis maak. Baie dankie ook aan elke onderwyser wat so getrou die oefeninge bygewoon het en ons spelers na wedstryde vergesel het.

Die uitslae is soos volg:
Gemeng A:
1. JvR (21 punte)
2. Monte Vista (8 punte)
3. CBC (1 punt)
3. Parklands (1 punt)
Gemeng B:
1. JvR (16 punte)
2. Table View (15 punte)
3. Bloubergridge (13 punte)
4. Elkanah Senior Primary (12 punte)
5. Parklands Prep (7 punte)
6. Sunningdale (2 punte)
7. Curro Century City (1 punt)

Baie geluk aan al ons spelers, sonder julle harde werk sal ons nie sulke goeie uitslae hê nie.