Baie geluk aan Danielle Fourie in Gr.1 wat Jannie van die week is – dankie dat jy so gereeld herwin. Geniet die Col’Cacchios uistappie.

Ons herinner julle weer aan Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine) waar jy kos en huishoudelike produkte per gewig kan koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Vir meer inligting, sien NUDEFOODS se webtuiste.