Addisionele huiswerkklasse Gr.4-7

Leerders leer die beste by ander leerders ... Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck vat hande en bou bande deur van die akademiese presteerders (Gr.10 - 12-leerders) te gebruik om akademiese intervensie aan ons graad 4 - 7-leerders te voorsien. Hierdie intervensie is om enige leerder nog meer te versterk sodat Laerskool Jan van Riebeeck kan voortbou en selfs nog beter akademiese resultate kan behaal. Baie van hierdie hoërskoolleerders is oud-leerders van die laerskool en verskriklik oulik, betroubaar en gefokus op hul skoolwerk. Op hierdie manier trek ons leerders voordeel om op 'n gemaklike manier hulp met huiswerk, opsomwerk en selfs voorbereiding vir toetse by ouer leerders te ontvang. Die huiswerkklasse sal op 'n Maandag / Woensdag / Donderdag vanaf 14:30 - 15:15 plaasvind. Die idee is dat elke leerder een keer per week huiswerkklasse ontvang. Die klasse is vir enige leerder in graad 4 - 7 beskikbaar. Graad 3 leerders is ook welkom. Hierdie projek gee ons ouers ook die geleentheid om te verseker dat huiswerk reeds by die skool op 'n gestruktureerde manier gedoen word terwyl die kinders wag om by die skool gehaal te word. Laat weet vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien jou kind by hierdie huiswerkklasse kan inskakel. Die lesse is gratis en ons wil genoeg geleentheid aan ons leerders bied om hul akademiese potensiaal te...

Rugbywedstryde teen Parklands College, 24 April

Ons O/9 - O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 April, hul eerste wedstryde vir die seisoen teen Parklands College gespeel. Hierdie was vriendskaplike wedstryde en het as lekker opwarming vir die seisoen gedien. Ons spanne het hul baie goed van hul taak gekwyt en wen al hul wedstryde vir die middag. Die uitslae is soos volg: O/9A 3-2 (wen) O/9B 8-1 (wen) O/11A 31-10 (wen) O/11B 46-0 (wen) O/13A 38-17 (wen) Die volgende wedstryde is by Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand op Maandag, 29...

Vyf netbalspelers is gekies vir die Metro-Noord span

Ons het op Maandag, 8 April, met 11 van ons spelers in verskeie ouderdomsgroepe (van O/11 - O/13) die eerste rondte proewe bygewoon. Daarna het nog drie baie laat aande se proewe gevolg. Al ons spelers het hul beste gegee en ons is baie trots op elkeen. By gister se proewe was daar gemiddeld 50 dogters per ouderdom waaruit hulle 35 spelers moes kies. Baie geluk aan die onderstaande spelers wat gekies is vir Metro-Noord se spanne. Hulle sal Vrydag, 26 April, teen Metro-Sentraal se spanne speel om dan deur te dring na die finale proewe waar al vier Metro-distrikte se spelers sal kompeteer vir 'n plek in die Wes-Kaap spanne (O/12 & O/13) of WP-spanne (O/11 - O/13). Die spelers wat Vrydag deelneem is: Mia Symington en Katrien Stimie (O/11); Stella Malan (O/12); Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen (O/13). Vrydag se proewe sal by Laerskool Jan van Riebeeck...

Uitstaande atletiekhempies

Alle atlete (insluitend tweekamp atlete) moet asb. hul blou atletiekhempies in hul besit, terug besorg aan juffrou Hanekom. Die atletiek en tweekamp seisoen is verby en ons moet dit nou weer vir die landloopatlete gebruik. Daar is sommige atlete wat hempies van 2018 nog by hulle...

isiXhosa: Week 8

isiXhosa: Week 8

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Cum Laude Wiskundekompetisie

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, bied vir die eerste keer 'n landwye aanlyn-wiskundekompetisie aan vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie word slegs in Afrikaans aangebied. Die leerders wat wil deelneem ,is reeds geregistreer en sal die uitdunrondte op 3 Mei aflê. Intussen het leerders die geleentheid om 'n paar proeflopies af te lê om aan die formaat gewoond te raak. Die skryf van die kompetisie vind direk na skool plaas en die leerders het 60 minute om 20 vrae te beantwoord. Die finale rondte vind plaas op Saterdag, 27 Julie. Die plek sal nog bekend gemaak word. Daar is baie groot pryse op die spel. Die leerder wat eerste eindig, wen R15 000 asook R15 000 vir die skool, tweede plek wen R10 000 en derde plek, R5 000. Ons het 60 leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem en ons wens vir hulle alle sterkte...

Liewe Aarde

Baie geluk aan Lara Frontini in Gr.3 wat Jannie van die week is. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Almal wat by die Liewe Aarde Depot herwin kan Woensdag 24 April sivvies dra.

Speelterapie

Tina Fourie is 'n speelterapeut en sal vanaf 29 April elke Maandag in Marike se kantoor beskikbaar wees. Ouers kan direk met haar kontak maak deur haar te e-pos: tfourie5@gmail.com Kliek HIER vir 'n oorsig van wat speelterapie behels of sien hieronder: [pdf-embedder...

Nuusbrief van 18 April 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Donderdag, 18 April 2019 Geen buitemuurse aktiwiteite Donderdag, 18 April 2019 Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar Vrydag, 19 April 2019 Goeie Vrydag Sondag, 21 April 2019 Annet Wilke (Terapeut) verjaar Maandag, 22 April 2019 Gesinsdag Dinsdag, 23 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe (Jip de Jager Rylaan, Welgemoed) Woensdag, 24 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe (Jip de Jager Rylaan, Welgemoed) Woensdag, 24 April 2019 Marlene Jooste (Juffrou) verjaar Woensdag, 24 April 2019 Rugby: Liga wedstryde Woensdag, 24 April 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies Vrydag, 26 April 2019 Landloop: KANSELLEER Wedloop 1 Vrydag, 26 April 2019 Skaak: Ligawedstryd vs. Koeberg Primary (Laerskool Jan Van Riebeeck) Vrydag, 26 April 2019 Gr.4-7 eksamenafbakening word uitgedeel Vrydag, 26 April 2019 Toets: Gr. 5 & 7 Afrikaans Vrydag, 26 April 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels Vrydag, 26 April 2019 Sivvies Saterdag, 27 April 2019 Vryheidsdag Saterdag, 27 April 2019 Netbal: O/11 - O/13 Inter-Distrikproewe Maandag, 29 April 2019 Beheerraadvergadering Dinsdag, 30 April 2019 Gr.7 Uitstappie: Graffiti Dinsdag, 30 April 2019 Rugby: Ligawedstryde Woensdag, 1 Mei 2019 Drieankerbaai NG Kerk Basaar Woensdag, 1 Mei 2019 Werkersdag >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Paaseiers Baie dankie vir almal se bydrae om paaseiers in te samel vir minder bevoorregte kinders. Ons het 'n groot hoeveelheid paaseiers ontvang en kon 'n wonderlike bydrae aan die Lion's club lewer. Kaperjolle Die Kaperjolle was 'n groot sukses! Baie dankie aan almal wat 'n bydrae gelewer het! 'n Spesiale dankie aan die OOV, ons weet daar het baie ure in die beplanning van hierdie geleentheid ingegaan. NUUTSTE...

Liewe Aarde

Jannie van die week is Lea Basson. Baie geluk Lea – dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die R100 Cal’Cacchios geskenkbewys. Organiese afval (kos en tuinvullis) wat in gewone vullissakke gegooi word en stortingsterrein toe gaan, veroorsaak skadelike metaangasse. Die Wes-Kaapse regering beplan ‘n verbod op die storting van enige organiese vullis by gewone stortingsterreine teen 2027. Liewe Aarde moedig julle aan om tuis ‘n komposhoop te skep. Besoek die volgende webblaaie vir meer inligting: BOKASHI SHOP en WORM...

Veiling 2019

Dit is weer veilingtyd! (Kliek HIER om PDF weergawe van die kaartjie oop te maak of af te laai.) Ons is baie opgewonde oor die opkomende veiling op 1 Junie 2019. Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak. Sommige is reeds afgehandel en ander sal voor die komende veiling afgehandel wees: Reeds afgehandelde projekte: 1. Verhitting van die swembad - R250 000,00 2. 2 x beurse vir diversiteitsleerders 3. 5 x matriekbeurse vir Huppelland assistente 4. 2 x beurse vir Huppelland assistent onderwyssertifikaat 5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres 6. iMadiba installasie 7. Aankoop van hokkietoerusting 8. Plaveisel van Huppelland parkeerarea - R170 000 9. Stortgeriewe vir onderwysers Reeds goedgekeur en word voor die komende veiling voltooi: 1. Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal 2. Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang 3. Toelaag vir biblioteek 4. Toelaag vir personeelkamer 5. Nuwe bankies by laerskool 6. Algemene opknapping van deure en vensters Soos dit duidelik blyk uit die bogenoemde, word die ingesamelde fondse goed aangewend en word die veilingopbrengs aangewend vir projekte wat andersins nie gedoen sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om deel te neem hieraan. Indien jy nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds 'n skenking...

Fotobestellings

Leerders het hierdie week hul individuele foto's en familiefoto's in koeverte ontvang. Leerders handig die koevert met die korrekte bedrag in die koevert by die klasonderwyser in. Leerders kan ook die volgende foto's bestel : - Junior- en Seniorkoorfoto (bestel by mnr. Reynecke of juf Groenewald) - Leerderraadfoto (bestel by juf. Vermeulen) - Suidoosterredaksie (bestel by juf. Burger) - Graad 7 foto (bestel by juf. Vermeulen en juf. Brink) Indien jy die koevert verloor, kan jy ook na LUNCHBOX PHOTOGRAPHY se webtuiste gaan om na die foto's te kyk en te bestel (sodra dit opgelaai is op hulle webtuiste). Fotogeld moet NIE deur die Karri app betaal word NIE, slegs kontant in die koevert word aanvaar. Vul asb. die inligting op die koevert so volledig as moontlik in. Die laaste dag vir fotobestelling is Vrydag, 3...

Trotse Jannie

Naam en van: Palesa Faro Graad: 2vZ Waar bly jy?: Ek bly in Kloofstraat. Gunsteling vak: My gunsteling vak is lees omdat ek nuwe woorde leer. Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou baie van my juffrou.

Hokkie oefening vir O/8

Die hokkie is baie gewild onder ons kinders en ons is bewus daarvan dat die O/8 kinders ook baie graag wil deelneem. Ongelukkig is dit nie hierdie jaar in ons beplanning of program ingewerk nie en gaan weens verskeie logistieke redes nie moontlik wees nie. Die O/9 groep se getalle is ook te groot om enige ekstra spelers te akkommodeer. Ons sien baie daarna uit om hulle in 2020 te...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor