Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Donderdag, 18 April 2019 Geen buitemuurse aktiwiteite

Donderdag, 18 April 2019 Mardry Kraftt Wright (Juffrou) verjaar

Vrydag, 19 April 2019 Goeie Vrydag

Sondag, 21 April 2019 Annet Wilke (Terapeut) verjaar

Maandag, 22 April 2019 Gesinsdag

Dinsdag, 23 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe (Jip de Jager Rylaan, Welgemoed)

Woensdag, 24 April 2019 Netbal: O/11-O/13 Distrikproewe (Jip de Jager Rylaan, Welgemoed)

Woensdag, 24 April 2019 Marlene Jooste (Juffrou) verjaar

Woensdag, 24 April 2019 Rugby: Liga wedstryde

Woensdag, 24 April 2019 Liewe Aarde: Herwinning sivvies

Vrydag, 26 April 2019 Landloop: KANSELLEER Wedloop 1

Vrydag, 26 April 2019 Skaak: Ligawedstryd vs. Koeberg Primary (Laerskool Jan Van Riebeeck)

Vrydag, 26 April 2019 Gr.4-7 eksamenafbakening word uitgedeel

Vrydag, 26 April 2019 Toets: Gr. 5 & 7 Afrikaans

Vrydag, 26 April 2019 Toets: Gr.4 & 6 Engels

Vrydag, 26 April 2019 Sivvies

Saterdag, 27 April 2019 Vryheidsdag

Saterdag, 27 April 2019 Netbal: O/11 – O/13 Inter-Distrikproewe

Maandag, 29 April 2019 Beheerraadvergadering

Dinsdag, 30 April 2019 Gr.7 Uitstappie: Graffiti

Dinsdag, 30 April 2019 Rugby: Ligawedstryde

Woensdag, 1 Mei 2019 Drieankerbaai NG Kerk Basaar

Woensdag, 1 Mei 2019 Werkersdag

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Paaseiers

Baie dankie vir almal se bydrae om paaseiers in te samel vir minder bevoorregte kinders. Ons het ‘n groot hoeveelheid paaseiers ontvang en kon ‘n wonderlike bydrae aan die Lion’s club lewer.

Kaperjolle

Die Kaperjolle was ‘n groot sukses! Baie dankie aan almal wat ‘n bydrae gelewer het! ‘n Spesiale dankie aan die OOV, ons weet daar het baie ure in die beplanning van hierdie geleentheid ingegaan.

---

NUUTSTE NUUS

Dit is weer veilingtyd! (Kliek HIER om PDF weergawe van die kaartjie oop te maak of af te laai.) Ons is baie opgewonde oor die opkomende veiling op 1 Junie 2019. Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak. Sommige is reeds afgehandel en ander sal voor die komende veiling afgehandel wees:

Reeds afgehandelde projekte:

1. Verhitting van die swembad – R250 000,00

2 x beurse vir diversiteitsleerders

3. 5 x matriekbeurse vir Huppelland assistente

4. 1 x beurs vir Huppelland assistent onderwyssertifikaat

5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres

6. iMadiba installasie

7. Aankoop van hokkietoerusting

8. Plaveisel van Huppelland parkeerarea – R170 000

9. Stortgeriewe vir onderwysers

Reeds goedgekeur en word voor die komende veiling voltooi:

1. Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal

2. Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang

3. Toelaag vir biblioteek

4. Opknapping van die badkamers

5.Nuwe bankies by laerskool

6.Algemene opknapping van deure en vensters

Soos dit duidelik blyk uit die bogenoemde, word die ingesamelde fondse goed aangewend en word die veilingopbrengs aangewend vir projekte wat andersins nie gedoen sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om deel te neem hieraan.

Betaling van die kaartjies moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: InvestecRekening

Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asb. aan esnaboshoff@gmail.com of coreen.scholtz@gmail.com gestuur word.

Enige verdere navrae kan aan Esna Boshoff (esnaboshoff@gmail.com) of Coreen Scholtz (coreen.scholtz@gmail.com) gerig word.

Leerders het hierdie week hul individuele foto’s en familiefoto’s in koeverte ontvang. Leerders handig die koevert met die korrekte bedrag in die koevert by die klasonderwyser in.

Leerders kan ook die volgende foto’s bestel :

– Junior- en Seniorkoorfoto (bestel by mnr. Reynecke of juf Groenewald)

– Leerderraadfoto (bestel by juf. Vermeulen)

– Suidoosterredaksie (bestel by juf. Burger)

– Graad 7 foto (bestel by juf. Vermeulen en juf. Brink)

Indien jy die koevert verloor, kan jy ook na LUNCHBOX PHOTOGRAPHY se webtuiste gaan om na die foto’s te kyk en te bestel (sodra dit opgelaai is op hulle webtuiste).

Fotogeld moet NIE deur die Karri app betaal word NIE, slegs kontant in die koevert word aanvaar. Vul asb. die inligting op die koevert so volledig as moontlik in.

Die laaste dag vir fotobestelling is Vrydag, 3 Mei.

Ons neem hierdie jaar weer aan die Wow-Spelkompetisie deel. Ons gr.6- en 7’s (slegs Eerste Addisionele Taal) gaan ook hierdie jaar vir die eerste keer aan die Engelse kompetisie deelneem. Binne die eerste twee weke van volgende kwartaal gaan die beste spellers in elke graad gekies word om ons skool te verteenwoordig by die kringkompetisie. Die kinders moet die woorde kan skryf en klank.

Die datums is as volg:

Kringkompetisie – 15 Augustus

Distrikkompetisie – 24 Augustus

Provinsiale Kompetisie – 7 September

Nasionale Kompetisie – 19 Oktober

Volg die skakel vir die SPELLYSTE EN ADDISIONELE INLIGTING oor die kompetisie. Lekker spel!

Die hokkie is baie gewild onder ons kinders en ons is bewus daarvan dat die O/8 kinders ook baie graag wil deelneem. Ongelukkig is dit nie hierdie jaar in ons beplanning of program ingewerk nie en gaan weens verskeie logistieke redes nie moontlik wees nie. Die O/9 groep se getalle is ook te groot om enige ekstra spelers te akkommodeer. Ons sien baie daarna uit om hulle in 2020 te verwelkom.

Daar is ‘n versoek van die afrigters dat ouers asb. nie tydens oefeninge langs die bane of velde staan nie. Dit trek dikwels die kinders (veral die jonger groepe) se aandag af omdat hulle weet hul ouers kyk. Dit is ook so aangedui in ons sportbeleid dat ouers asb. nie tydens oefeninge langs die bane of velde staan nie. Ouers wat hul kinders kom haal na oefening,kan 5 minute voor die einde van die oefening daar staan. Baie dankie vir almal se samewerking met hierdie versoek.

---

VERDERE NUUS

---

AKADEMIE

onderonsie

Definisie: ‘n Situasie waar twee of meer mense nie met mekaar saamstem nie.

Sin: Die leiers van die politieke partye het in ‘n onderonsie betrokke geraak.

Wenner: Onela Roxo (Gr.6B)

isiXhosa: week 7

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Hier is hierdie week se woorde:

ALGEMEEN

‘n Groot dankie aan elke ouer, personeellid en leerder wat ‘n bydrae gelewer het om Kaperjolle 2019 ‘n reuse sukses te maak. Ons het beslis geslaag in ons doel om ‘n heerlike kuieraand vir klein en groot te verseker. Boonop lyk dit of ons rondom R60 000 gaan insamel. Finale getalle en waarvoor dit aangewend word, sal binnekort bekend gemaak word.

Baie geluk aan ons Oor-die-Kole Braaikampioene! In die 1ste plek was dit Spanje met Louis Boshoff wat ‘n speenvark gespit het! 2de plek was Mark Allewell al die pad van Indië! Kort op hul hakke was dit Joannie en Minette met hul eksotiese Griekse Hoender Gyros en platbrode! Ons waardeer elke span se deelname en die voorsiening van al ons etes!

Geniet die Paasnaweek en veilig reis.

Baie dankie en Groete,

Martie

Naam en van: Palesa Faro

Graad: 2vZ

Waar bly jy?: Ek bly in Kloofstraat.

Gunsteling vak: My gunsteling vak is lees omdat ek nuwe woorde leer.

Ek is ‘n trotse Jannie, want ek hou baie van my juffrou.

Jannie van die week is Lea Basson. Baie geluk Lea – dankie dat julle so getrou herwin. Geniet die R100 Cal’Cacchios geskenkbewys.

Organiese afval (kos en tuinvullis) wat in gewone vullissakke gegooi word en stortingsterrein toe gaan, veroorsaak skadelike metaangasse. Die Wes-Kaapse regering beplan ‘n verbod op die storting van enige organiese vullis by gewone stortingsterreine teen 2027. Liewe Aarde moedig julle aan om tuis ‘n komposhoop te skep. Besoek die volgende webblaaie vir meer inligting: BOKASHI SHOP en WORM FARM

---

SPORT

Ons het op 11 April ons heel eerste WP-liga skaakwedstryd gespeel teen Hidayatul Islam college. Ons het twee gemengde spanne ingeskryf. Ons O/11 span het 1.5 – 4.5 verloor. Ons is baie trots op die Schoeman tweeling (Gr.1) wat hul heel eerste wedstryd ooit gespeel het. Dit het goed gegaan met die O/13 span wat hul beste probeer het. Ons het 3-3 gelykop gespeel. Mooi so Jannies!

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“The most useful asset of a person is not a head full of knowledge, but a heart full of love, with ears open to listen and hands willing to help.”

– Author unknown

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209