Ons het op Maandag, 8 April, met 11 van ons spelers in verskeie ouderdomsgroepe (van O/11 – O/13) die eerste rondte proewe bygewoon. Daarna het nog drie baie laat aande se proewe gevolg. Al ons spelers het hul beste gegee en ons is baie trots op elkeen. By gister se proewe was daar gemiddeld 50 dogters per ouderdom waaruit hulle 35 spelers moes kies. Baie geluk aan die onderstaande spelers wat gekies is vir Metro-Noord se spanne. Hulle sal Vrydag, 26 April, teen Metro-Sentraal se spanne speel om dan deur te dring na die finale proewe waar al vier Metro-distrikte se spelers sal kompeteer vir ‘n plek in die Wes-Kaap spanne (O/12 & O/13) of WP-spanne (O/11 – O/13). Die spelers wat Vrydag deelneem is: Mia Symington en Katrien Stimie (O/11); Stella Malan (O/12); Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen (O/13). Vrydag se proewe sal by Laerskool Jan van Riebeeck plaasvind.