Leerders leer die beste by ander leerders …
Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck vat hande en bou bande deur van die akademiese presteerders (Gr.10 – 12-leerders) te gebruik om akademiese intervensie aan ons graad 4 – 7-leerders te voorsien. Hierdie intervensie is om enige leerder nog meer te versterk sodat Laerskool Jan van Riebeeck kan voortbou en selfs nog beter akademiese resultate kan behaal. Baie van hierdie hoërskoolleerders is oud-leerders van die laerskool en verskriklik oulik, betroubaar en gefokus op hul skoolwerk.

Op hierdie manier trek ons leerders voordeel om op ‘n gemaklike manier hulp met huiswerk, opsomwerk en selfs voorbereiding vir toetse by ouer leerders te ontvang. Die huiswerkklasse sal op ‘n Maandag / Woensdag / Donderdag vanaf 14:30 – 15:15 plaasvind. Die idee is dat elke leerder een keer per week huiswerkklasse ontvang. Die klasse is vir enige leerder in graad 4 – 7 beskikbaar. Graad 3 leerders is ook welkom.

Hierdie projek gee ons ouers ook die geleentheid om te verseker dat huiswerk reeds by die skool op ‘n gestruktureerde manier gedoen word terwyl die kinders wag om by die skool gehaal te word.

Laat weet vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien jou kind by hierdie huiswerkklasse kan inskakel. Die lesse is gratis en ons wil genoeg geleentheid aan ons leerders bied om hul akademiese potensiaal te ontwikkel.