Barnyard Fondsinsameling, 18 Mei 2019

As deel van ons fondsinsamelings vir die Suid-Kaaptoer nooi ons almal uit om saam met ons 'n aand by die Barnyard Teater in Willowbridge te kom geniet. Die vertoning wat aangebied word, is "Big Top Rock". Ons moedig ALMAL in die skool aan om dit by te woon. Ouers kan soveel moontlik kaartjies bespreek. Daar kan 10 mense aan 'n tafel sit. Kaartjies kan gekoop word deur die Karri Toep of jy kan kontant in 'n koevert plaas met jou kind se naam, graad en die hoeveelheid kaartjies wat jy wil hê , na juffrou Hanekom toe stuur. Gedurende die vertoning kan tafels hul eie kos neem of pizzas by Willowbridge bestel. Alle drank moet op die perseel gekoop word. Ons wil natuurlik hê almal moet veilig daar kom en bied ook vir ouers die opsie aan om van ons busvervoer gebruik te maak teen R65 per persoon. Big Top Rock! Perseel: Barnyard Teater @ Willowbridge Datum: 18 Mei 2019 (Saterdag) Tyd: 18:30 (deure open) 20:00 (vertoning begin) Koste: R155 per persoon Bus vertrek: 18:00 Bus koste: R65 per persoon Sluitingsdatum vir die koop van kaartjies is Woensdag, 15 Mei om 17:00. 'n Kaart vir die bespreking van tafels sal met belangstellendes gedeel...

Rekenaarklasse 2019

Ons het 'n dokument (Google Form) saamgestel om jou as ouer in te lig oor wat ons tans in die rekenaarklas doen. Aan die einde van die dokument is daar 'n gedeelte waar jy as ouer kommentaar kan lewer of voorstelle kan maak. Lees asb. eers deur die dokument voordat jy die kommentaar gedeelte invul. Kliek HIER vir die...

Trotse Jannie

Naam en van: Werner Steyn Graad: 4vdW Waar bly jy?: Blouberg Gunsteling vak: Wiskunde Ek is ‘n trotse Jannie, want ek is ‘n goeie vriend.

Cum Laude Wiskundekompetisie

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad ,bied vir die eerste keer 'n landwye aanlyn-wiskundekompetisie vir graad 6 en 7 leerders aan. Die kompetisie word slegs in Afrikaans aangebied. Die leerders wat wil deelneem, is reeds geregistreer en sal die uitdunrondte aflê op 3 Mei. Intussen het leerders die geleentheid om 'n paar proeflopies af te lê om aan die formaat gewoond te raak. Die skryf van die kompetisie vind direk na skool plaas en die leerders het 60 minute om 20 vrae te beantwoord. Die finale rondte vind plaas op Satedag 27 Julie by Hoërskool Brackenfell. Slegs die top 60 leerders per provinsie sal uitgenooi word na die finale rondte. Daar is baie groot pryse op die spel. Die leerder wat eerste in die land eindig ,wen R15 000 asook R15 000 vir die skool, tweede plek ontvang R10 000 en derde plek, R5 000. Ons het 60 leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem en ons wens vir hulle alle sterkte...

Woord van die week

karnallie Definisie: ‘n Stouterige (soms effens skelm) jongerige persoon, van wie jy eintlik hou. Sin: Die stoute karnallie steel die meisies se pousekos. Wenner: Klara von Lieres (Gr.6W)

isiXhosa: Week 9

isiXhosa: Week 9

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Landloop:Eerste wedloop vir die seisoen, 3 Mei

Nadat die eerste wedloop van 26 April deur WP gekanselleer is, begin ons Vrydag, 3 Mei, met die eerste wedloop wat by die Gary Kirsten Oval in Rondebosch sal plaasvind. Die vorm is met ouers van atlete wat gereeld die oefeninge bywoon, gedeel. Indien jy dit nie ontvang het nie of jou kind is nie gereeld by die oefeninge nie, volg die SKAKEL en voltooi die...

Drie spelers dring deur na finale netbalproewe!

Baie geluk aan die onderstaande spelers wat gekies is vir Metro-Noord se spanne. Hulle het Vrydag, 26 April, teen Metro-Sentraal se spanne gespeel om dan deur te dring na die finale proewe waar al vier Metro-distrikte se spelers sal kompeteer vir 'n plek in die Wes-Kaap spanne (O/12 & O/13) of WP-spanne (O/11 - O/13). Die spelers wat Vrydag deelgeneem het is Mia Symington en Katrien Stimie (O/11); Stella Malan (O/12); Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen (O/13). Mia, Stella en Jacomien het deurgedring na die volgende rondte wat Woensdag, 1 Mei by Laerskool De Hoop in Somerset Wes plaasgevind het. Mia Symington het gister uitstekend gevaar en is gekies vir die WP 0/11 span !! Die ander spelers het dit ongelukkig nie gemaak nie. Ons eerste wedstryde vir die seisoen begin Maandag, 6 Mei teen Goodwood Park. Wees op die uitkyk vir die Google...

Rugbywedstryde teen VRS, 29 April

Ons O/7- O/13 spelers het Maandag, 29 April teen Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand gespeel. Daar was groot opwinding onder die O/7 spelers omdat dit hul eerste wedstryd was. Die uitslae is soos volg: O/7 A 15 - 10 (wen) O/7 B O/8 A 15 - 5 (wen) O/8 B O/9A 15 -10 (wen) O/9 B O/11A 10 -5 (verloor) O/10 VRS B O/13A 28 - 0 (wen) VRS B Baie geluk manne,dit was 'n goeie...

Hamilton’s Rugbyklub

Hamilton's Rugbyklub het ons genader om te vra of enige van ons rugbyspelers sou belangstel om by hul klub aan te sluit. Hierdie Saterdag, 4 Mei, is daar geleentheid vir O/8 en O/9 spelers om wedstryde te speel. Indien julle sou belangstel, volg die SKAKEL en kontak vir Thys of Shaun vir meer...

Skaakwedstryde, 26 April

Vrydag, 26 April, het ons skaakspan die tweede WP-liga wedstryd gespeel teen Koeberg Primary. Ons O/13 gemengde span het binne 'n japtrap ons teenstanders uitgestof en 6-0 gewen. Baie geluk julle!

Verlore goedere

Daar is ‘n magdom ongemerkte kosblikke, kossakkies en waterbottels in die verlore goedere kas en die hoop groei daagliks. Indien jy vermoed dat daar items is wat aan jou kinders behoort, gaan kyk asseblief in die linkerkas oorkant die klerebank. Weens beperkte spasie, sal alle onopgeëisde kosblikke, kossakkies en waterbottels eerskomende Woensdag verwyder en verkoop word. Besoek ook gerus die VERLORE GOEDERE SKAKEL vir ongemerkte skoolklere en...

Nuusbrief van 26 April 2019

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 26 April 2019 Skaak: Ligawedstryd vs. Koeberg Primary (Laerskool Jan Van Riebeeck) Vrydag, 26 April 2019 Landloop: KANSELLEER Wedloop 1 Vrydag, 26 April 2019 Gr.4-7 eksamenafbakening word uitgedeel Saterdag, 27 April 2019 Vryheidsdag Saterdag, 27 April 2019 Netbal: O/11 - O/13 Inter-Distrikproewe Maandag, 29 April 2019 Rugby: Liga vs. Van Riebeeckstrand (Van Riebeeckstrand Primary School, 5-55 Dromedaris St, Van Riebeeckstrand) Maandag, 29 April 2019 Beheerraadsvergadering is uitgestel Dinsdag, 30 April 2019 Gr.7 Uitstappie: Graffiti Woensdag, 1 Mei 2019 Drieankerbaai NG Kerk Basaar Woensdag, 1 Mei 2019 Werkersdag Vrydag, 3 Mei 2019 Landloop: Wedloop 2 (Keurboom Park, Squirrels Way, Rondebosch) Vrydag, 3 Mei 2019 Skaaktoernooi @ Curro Hermanus | Vrydag, 3 Mei 2019 Skaak: Liga wedstryde WEG (St. Cyprian's School, 2387 Gorge Rd, Oranjezicht) Vrydag, 3 Mei 2019 Toets: Gr.4 - 7 Wiskunde Vrydag, 3 Mei 2019 Wiskunde Olimpiade (Cum Laude) Gr.6 en 7 Saterdag, 4 Mei 2019 Gr.7-studiemetodes (Elevate) Sondag, 5 Mei 2019 Helecia Groenewald (Musiek) verjaar Maandag, 6 Mei 2019 Netbal: Liga vs. Goodwood Park (WEG) (Goodwood Park Primary School, Beaufort St, Goodwood) Maandag, 6 Mei 2019 Beheerraadsvergadering Woensdag, 8 Mei 2019 Vakansiedag (Nasionale verkiesingsdag) Donderdag, 9 Mei 2019 Vicky Taljaardt (OLSO) verjaar Donderdag, 9 Mei 2019 Netbal: Fair Cape O/9 toernooi (Durbanville Preparatory School, 4 Luckhoff St, Valmary Park) Vrydag, 10 Mei 2019 Landloop: Wedloop 3 Vrydag. 10 Mei 2019 Eisteddfod @ LJvR Vrydag, 10 Mei 2019 Skaak: Curro Hermanus Skaaktoernooi (WEG) Vrydag, 10 Mei 2019 Toets: Gr.4-6 NWT Vrydag, 10 Mei 2019 Toets: Gr.7 NW >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR...

Drie spelers kompeteer in rugby vir WP kleure.

Drie van ons spelers het deurgedring tot die volgende rondte proewe waaruit die WP Sone O/12 & O/13 rugbyspelers gekies word. Baie geluk aan Stephan Griesel (O/12); Jacques Loubser en Alexander Newton (O/13). Die volgende rondte vind op 2 Mei plaas. Baie geluk manne en baie...

Belangrike Datums

augustus 2026

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug00:0023:59EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug00:0023:59EXCO-Strat

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor