Laerskool Jan van Riebeeck Nuus

Liewe Ouers,

Datums

Vrydag, 26 April 2019 Skaak: Ligawedstryd vs. Koeberg Primary (Laerskool Jan Van Riebeeck)

Vrydag, 26 April 2019 Landloop: KANSELLEER Wedloop 1

Vrydag, 26 April 2019 Gr.4-7 eksamenafbakening word uitgedeel

Saterdag, 27 April 2019 Vryheidsdag

Saterdag, 27 April 2019 Netbal: O/11 – O/13 Inter-Distrikproewe

Maandag, 29 April 2019 Rugby: Liga vs. Van Riebeeckstrand (Van Riebeeckstrand Primary School, 5-55 Dromedaris St, Van Riebeeckstrand)

Maandag, 29 April 2019 Beheerraadsvergadering is uitgestel

Dinsdag, 30 April 2019 Gr.7 Uitstappie: Graffiti

Woensdag, 1 Mei 2019 Drieankerbaai NG Kerk Basaar

Woensdag, 1 Mei 2019 Werkersdag

Vrydag, 3 Mei 2019 Landloop: Wedloop 2 (Keurboom Park, Squirrels Way, Rondebosch)

Vrydag, 3 Mei 2019 Skaaktoernooi @ Curro Hermanus |

Vrydag, 3 Mei 2019 Skaak: Liga wedstryde WEG (St. Cyprian’s School, 2387 Gorge Rd, Oranjezicht)

Vrydag, 3 Mei 2019 Toets: Gr.4 – 7 Wiskunde

Vrydag, 3 Mei 2019 Wiskunde Olimpiade (Cum Laude) Gr.6 en 7

Saterdag, 4 Mei 2019 Gr.7-studiemetodes (Elevate)

Sondag, 5 Mei 2019 Helecia Groenewald (Musiek) verjaar

Maandag, 6 Mei 2019 Netbal: Liga vs. Goodwood Park (WEG) (Goodwood Park Primary School, Beaufort St, Goodwood)

Maandag, 6 Mei 2019 Beheerraadsvergadering

Woensdag, 8 Mei 2019 Vakansiedag (Nasionale verkiesingsdag)

Donderdag, 9 Mei 2019 Vicky Taljaardt (OLSO) verjaar

Donderdag, 9 Mei 2019 Netbal: Fair Cape O/9 toernooi (Durbanville Preparatory School, 4 Luckhoff St, Valmary Park)

Vrydag, 10 Mei 2019 Landloop: Wedloop 3

Vrydag. 10 Mei 2019 Eisteddfod @ LJvR

Vrydag, 10 Mei 2019 Skaak: Curro Hermanus Skaaktoernooi (WEG)

Vrydag, 10 Mei 2019 Toets: Gr.4-6 NWT

Vrydag, 10 Mei 2019 Toets: Gr.7 NW

>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Tina Fourie is ‘n speelterapeut en sal vanaf 29 April elke Maandag in Marike se kantoor beskikbaar wees. Ouers kan direk met haar kontak maak deur haar te e-pos: tfourie5@gmail.com

Kliek HIER vir ‘n oorsig van wat speelterapie behels.

---

NUUTSTE NUUS

Leerders leer die beste by ander leerders …

Laerskool en Hoërskool Jan van Riebeeck vat hande en bou bande deur van die akademiese presteerders (Gr.10 – 12-leerders) te gebruik om akademiese intervensie aan ons graad 4 – 7-leerders te voorsien. Hierdie intervensie is om enige leerder nog meer te versterk sodat Laerskool Jan van Riebeeck kan voortbou en selfs nog beter akademiese resultate kan behaal. Baie van hierdie hoërskoolleerders is oud-leerders van die laerskool en verskriklik oulik, betroubaar en gefokus op hul skoolwerk.

Op hierdie manier trek ons leerders voordeel om op ‘n gemaklike manier hulp met huiswerk, opsomwerk en selfs voorbereiding vir toetse by ouer leerders te ontvang. Die huiswerkklasse sal op ‘n Maandag / Woensdag / Donderdag vanaf 14:30 – 15:15 plaasvind. Die idee is dat elke leerder een keer per week huiswerkklasse ontvang. Die klasse is vir enige leerder in graad 4 – 7 beskikbaar. Graad 3 leerders is ook welkom.

Hierdie projek gee ons ouers ook die geleentheid om te verseker dat huiswerk reeds by die skool op ‘n gestruktureerde manier gedoen word terwyl die kinders wag om by die skool gehaal te word.

Laat weet vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) indien jou kind by hierdie huiswerkklasse kan inskakel. Die lesse is gratis en ons wil genoeg geleentheid aan ons leerders bied om hul akademiese potensiaal te ontwikkel.

Verlore goedere

Daar is ‘n magdom ongemerkte kosblikke, kossakkies en waterbottels in die verlore goedere kas en die hoop groei daagliks. Indien jy vermoed dat daar items is wat aan jou kinders behoort, gaan kyk asseblief in die linkerkas oorkant die klerebank. Weens beperkte spasie, sal alle onopgeëisde kosblikke, kossakkies en waterbottels eerskomende Woensdag verwyder en verkoop word.

Besoek ook gerus die VERLORE GOEDERE SKAKEL vir ongemerkte skoolklere en skoolskoene.

Alle atlete (insluitend tweekamp atlete) moet asb. hul blou atletiekhempies in hul besit, terug besorg aan juffrou Hanekom. Die atletiek en tweekamp seisoen is verby en ons moet dit nou weer vir die landloopatlete gebruik. Daar is sommige atlete wat hempies van 2018 nog by hulle het.

---

VERDERE NUUS

ALGEMEEN

Young Engineers gratis demo les

Young Engineers gaan vanaf Donderdag, 2 Mei, lesse aanbied by Laerskool Jan van Riebeeck (in juffrou Schultz se klas). Indien jou kind belangstel, kan jy na die ADVERTENSIE gaan kyk vir meer inligting. Die eerste sessie (2 Mei) is ‘n gratis demo les.

Baie geluk aan Lara Frontini in Gr.3 wat Jannie van die week is. Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys.

Almal wat by die Liewe Aarde Depot herwin kan Woensdag 24 April sivvies dra.

Dit is weer veilingtyd! (Kliek HIER om PDF weergawe van die kaartjie oop te maak of af te laai.) Ons is baie opgewonde oor die opkomende veiling op 1 Junie 2019. Sedert 2017 word die veiling deur die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust aangebied. Die trust samel fondse in vir die uitsluitlike voordeel van die skool en is daarop toegespits om die skool uit te bou en verbeter en nie die dag-tot-dag uitgawes te dek nie. Die trust het onder meer met verlede jaar se veilingopbrengs die volgende projekte aangepak. Sommige is reeds afgehandel en ander sal voor die komende veiling afgehandel wees:

Reeds afgehandelde projekte:

1. Verhitting van die swembad – R250 000,00

2. 2 x beurse vir diversiteitsleerders

3. 5 x matriekbeurse vir Huppelland assistente

4. 2 x beurse vir Huppelland assistent onderwyssertifikaat

5. 1 x finale jaar diversiteitsbeurs vir onderwyseres

6. iMadiba installasie

7. Aankoop van hokkietoerusting

8. Plaveisel van Huppelland parkeerarea – R170 000

9. Stortgeriewe vir onderwysers

Reeds goedgekeur en word voor die komende veiling voltooi:

1. Nuwe klankstelsel en beligting vir die saal

2. Opknap van Nuwe Kerkstraat ingang

3. Toelaag vir biblioteek

4. Toelaag vir personeelkamer

5. Nuwe bankies by laerskool

6. Algemene opknapping van deure en vensters

Soos dit duidelik blyk uit die bogenoemde, word die ingesamelde fondse goed aangewend en word die veilingopbrengs aangewend vir projekte wat andersins nie gedoen sou kon word nie. Ons is baie dankbaar vir almal se bydrae tot hierdie sukses en ons nooi al ons ouers uit om deel te neem hieraan.

Indien jy nie die veiling kan bywoon nie, kan jy steeds ‘n skenking tot die veiling maak.

Betaling van die kaartjies sowel as skekings moet per EFT in die trust se rekening gedoen word:

Rekeningnaam: Die Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust

Bank: Investec

Rekening Nr: 10011436695

Tipe rekening: Tjek

Verwysing: Veiling/Naam en Van

Bewys van betaling moet asb. aan esnaboshoff@gmail.com of coreen.scholtz@gmail.com gestuur word.

Enige verdere navrae kan aan Esna Boshoff (esnaboshoff@gmail.com) of Coreen Scholtz (coreen.scholtz@gmail.com) gerig word.

Almal het hul individuele foto’s en familiefoto’s in koeverte ontvang. Leerders handig die koevert met die korrekte bedrag in die koevert by die klasonderwyser in.

Leerders kan ook die volgende foto’s bestel :

– Junior- en Seniorkoorfoto (bestel by mnr. Reynecke of juf Groenewald)

– Leerderraadfoto (bestel by juf. Vermeulen)

– Suidoosterredaksie (bestel by juf. Burger)

– Graad 7 foto (bestel by juf. Vermeulen en juf. Brink)

Indien jy die koevert verloor, kan jy ook na LUNCHBOX PHOTOGRAPHY se webtuiste gaan om na die foto’s te kyk en te bestel.

Fotogeld moet NIE deur die Karri app betaal word NIE, slegs kontant in die koevert word aanvaar. Vul asb. die inligting op die koevert so volledig as moontlik in.

Die laaste dag vir fotobestelling is Vrydag, 3 Mei.

AKADEMIE

isiXhosa: Week 8

Vanjaar mik ons dat alle Jannies (en ouers wat wil) 100 isiXhosa woorde leer! Kliek HIER om die vorige weke se woorde te sien. Hier is hierdie week se woorde:

Netwerk 24 in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad, bied vir die eerste keer ‘n landwye aanlyn-wiskundekompetisie aan vir graad 6 en 7 leerders. Die kompetisie word slegs in Afrikaans aangebied. Die leerders wat wil deelneem, is reeds geregistreer en sal die uitdunrondte op 3 Mei aflê. Intussen het leerders die geleentheid om ‘n paar proeflopies af te lê om aan die formaat gewoond te raak. Die skryf van die kompetisie vind direk na skool plaas en die leerders het 60 minute om 20 vrae te beantwoord. Die finale rondte vind plaas op Saterdag, 27 Julie. Die plek sal nog bekend gemaak word. Daar is baie groot pryse op die spel. Die leerder wat eerste eindig, wen R15 000 asook R15 000 vir die skool, tweede plek wen R10 000 en derde plek, R5 000. Ons het 60 leerders wat aan die kompetisie gaan deelneem en ons wens vir hulle alle sterkte toe.

---

SPORT

Drie van ons spelers het deurgedring tot die volgende rondte proewe waaruit die WP Sone O/12 & O/13 rugbyspelers gekies word. Baie geluk aan Stephan Griesel (O/12); Jacques Loubser en Alexander Newton (O/13). Die volgende rondte vind op 2 Mei plaas. Baie geluk manne en baie sterkte!

Ons O/9 – O/13 rugbyspanne het Woensdag, 24 April, hul eerste wedstryde vir die seisoen teen Parklands College gespeel. Hierdie was vriendskaplike wedstryde en het as lekker opwarming vir die seisoen gedien. Ons spanne het hul baie goed van hul taak gekwyt en wen al hul wedstryde vir die middag.

Die uitslae is soos volg:

O/9A 3-2 (wen)

O/9B 8-1 (wen)

O/11A 31-10 (wen)

O/11B 46-0 (wen)

O/13A 38-17 (wen)

Die volgende wedstryde is by Laerskool Van Riebeeckstrand in Melkbosstrand op Maandag, 29 April.

Ons het op Maandag, 8 April, met 11 van ons spelers in verskeie ouderdomsgroepe (van O/11 – O/13) die eerste rondte proewe bygewoon. Daarna het nog drie baie laat aande se proewe gevolg. Al ons spelers het hul beste gegee en ons is baie trots op elkeen. By gister se proewe was daar gemiddeld 50 dogters per ouderdom waaruit hulle 35 spelers moes kies. Baie geluk aan die onderstaande spelers wat gekies is vir Metro-Noord se spanne. Hulle sal Vrydag, 26 April, teen Metro-Sentraal se spanne speel om dan deur te dring na die finale proewe waar al vier Metro-distrikte se spelers sal kompeteer vir ‘n plek in die Wes-Kaap spanne (O/12 & O/13) of WP-spanne (O/11 – O/13). Die spelers wat Vrydag deelneem is: Mia Symington en Katrien Stimie (O/11); Stella Malan (O/12); Neena Lonte en Jacomien van der Westhuizen (O/13). Vrydag se proewe sal by Laerskool Jan van Riebeeck plaasvind.

---

Kliek HIER vir advertensies van die week

“Moenie toelaat dat wat jy nie kan doen nie, jou stop om te doen wat jy wel kan doen nie.”

Vriendelike groete

J.H. Oosthuizen

SKOOLHOOF

Laerskool Jan van Riebeeck
Kloofstraat 52, Tuine, Kaapstad, 8001
021 423 4209