Lara Pieterse dans in die ballet uitvoering “Coppelia”
Lara Pieterse (Gr.7) het verlede week in die ballet uitvoering "Coppelia" by die Kunste Kaap opgetree en sy het pragtig gedans! Sy het asemrowend mooi in haar kleurryke pers en wit kostuum gelyk. Die uitvoering was van uitstaande gehalte en dit was duidelik dat Lara bitter hard geoefen het. Lara was so lig soos 'n vlindertjie op haar voete en ons is baie trots op...
Geagte Ouers / Voogde
So kom ons aan die einde van ‘n eerste ‘vol’ week na ‘n tydperk van 3 lekker ‘korter’ weke. Ek glo almal het die korter weke geniet en tydens die openbare vakansiedae sommer net tyd spandeer aan iets om lekker te ontspan. Soos in my vorige nuusbrief genoem, is die kwartaal besonders lank en ek kan selfs opmerk dat ons leerders uitsien na die kort vakansie wat volgende Vrydag sal aanbreek. Ons kom ook aan die einde van die formele assesseringsprogram vir kwartaal een. Graag wil ek jul as ouers verseker dat die standaard van akademie by ons skool uitmuntend is waarop ons as skoolgemeenskap baie trots kan wees. Assesserings volg ‘n effektiewe proses van deeglike moderasie en ek as skoolhoof teken elke formele assessering af voordat die leerders dit finaal aflê. Volgende week sal elke leerder ook ‘n rapport ontvang wat dan sy/haar akademiese vordering vir die kwartaal sal weerspieël. Laat my ook toe ook om ons onderwysers onder leiding van ons bekwame akademiese hoof, Marinda Brink, hartlik te bedank vir hul harde werk, omgee en kwaliteitonderrig tot voordeel van ons leerders. Ek nader ook teen einde volgende week my eerste kwartaal as skoolhoof by ons merkwaardige skool. Ek ontvang die afgelope tyd gereeld die volgende vraag vanaf ouers: “Is jy darem gelukkig by JvR?”. Die antwoord is ongetwyfeld ‘JA’. Wees verseker ek ervaar ongelooflike geluk in my keuse om deel van die JvR skoolgemeenskap te wees. Die besondere wyse hoe julle as ouers en leerders my met ope arms ontvang het, sal lank by my bly. Ek is so bevoorreg om as ‘n skoolhoof by die skool...
Markdag Donderdag, 22 April
Leerders wat belangstel om Donderdag, 22 April, 'n tafel te bestuur of beman, kan R15 op die Karri-toepassing betaal. Produkte moet van so 'n aard wees dat leerders dit self skool toe kan dra, aangesien ouers nie op die perseel toegelaat word nie. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld en geen lewende hawe mag verkoop word nie. Die markie sal vanaf 09:45 tot 10:45 bedryf...
Klerebank: Sportklere
Daar word sportwedstryde vir die tweede kwartaal gereël. Die oranje sporthemde word tydens netbal- en hokkiewedstryde gedra. Dit is dieselfde as die tennis- en kriekethemde. Dogters dra die moulose hemp, en seuns die hemp met moue en 'n kraag. Plaas asseblief hierdie bestellings voor die skool sluit. Skakel vir Aanlynbestellings Klerebanktye: Maandae en Woensdae, 07:20 - 8:00 **Volgende week Dinsdag en Donderdag sluit die skool vroeër. Die klerebank gaan dus nie oop wees...
Leerders se selfbeeld: RSG-praatjie
Luister gerus na hierdie interessante praatjie wat op RSG uitgesaai is wat handel oor leerders se selfbeeld en hoe jy as ouer dit kan skaad of bou. Kliek HIER vir die opname.
Skooltye volgende week
Let op dat die skool volgende week Maandag tot Vrydag die volgende tye open en sluit: Maandag Gr.1-3 09:00 - 11:30 (Conradieveld) Gr.4-7 Gewone skooldag Dinsdag Gr.1-3 Gewone skooldag Gr.4-7 07:15 - 13:30 (Hoërskool JvR Sportvelde) Woensdag Gewone skooldag Donderdag Gr.1-3 Sluit 11:45 Gr.4-7 Sluit 12:00 **Die skool sluit vroeër aangesien die personeel se 2020 jaareindfunksie wat a.g.v. die pandemie uitgestel is, nou eers op Donderdag om 13:00 gaan plaasvind. Die bus sal nie hierdie dag beskikbaar wees om leerders huis toe te vat nie, want dit word benodig vir die personeelfunksie. Leerders sal wel steeds die oggend gehaal word. Vrydag Gr.1-3 Sluit 10:30 Gr.4-7 Sluit 10:45 **Die bus vertrek om...
Intligting en program vir PRET-atletiekbyeenkomste
Volg asb. die skakels met al die inligting rakende die twee PRET-atletiekbyeenkomste op 19 en 20 April: INLIGTING PROGRAM
Musiekkonserte
Ons herinner julle aan die musiekkonserte volgende Woensdagoggend (21 April 2021). Slegs 2 ouers per deelnemer mag die konsert bywoon. Gr.1 en 2 - 09:00 Gr.3 - 11:00
Dawn Venter presteer in Drama
Baie geluk aan Dawn Venter (gr.6) wat lof behaal het by die Waterfront Teaterskool vir gr.2 Spraak en Drama. Die program word aangebied deur Trinity College London. Ons is trots op jou, Dawn!
Fotobestellings
Leerders ontvang vandag die koeverte om die foto's te bestel wat op Woensdag, 10 Maart 2021, geneem is. Hoe werk die bestel van foto's: 1. Leerders ontvang 'n koevertjie om huis toe te vat met hul gesiggies daarop. Moet asseblief NIE die gesiggies afhaal nie! 2. Vul asseblief alle inligting duidelik en leesbaar op die koevert in. 3. Die verskillende fotopakkette is alles op die koevert aangedui. Merk jou keuse duidelik af. 3. Probeer om die korrekte bedrag geld binne die koevert te sit. 4. Maak die koevert toe en stuur dit skool toe. 6. Indien jou kind(ers) nie 'n foto gaan bestel nie, stuur asb. die leë koevert terug skool toe. Wat maak ek indien my kind die koevert verloor het?: Indien jou kind(ers) die koevert(e) verloor het, kan jy ook foto's op die fotograaf se webtuiste bestel. Kliek op die skakel: LUNCHBOX PHOTOGRAPHY. Die wagwoord om in te gaan is JVR2020. NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri toep nie! Laaste dag vir fotobestellings is Woensdag, 21 April...
Vakansiesorg April 2021
Kliek HIER om 'n vorm af te laai en in te vul om jou kind(ers) vir vakansiesorg in te skryf. Handig asb. die vorm by Nasorg in.
Geagte Ouers / Voogde
Ek hoop en vertrou dat julle ‘n heerlike en geseënde Paasnaweek saam met jul kinders, familie en/of vriende geniet het. Ek glo almal is dankbaar vir die meevallertjie van 4 dae net om weer die spreekwoordelike ‘baterrye te herlaai’. Die kwartaal is redelik lank en soveel is alreeds vermag in ‘n baie kort tydjie. Ons kry so stadig maar seker amper ‘n voorsmakie van ‘n tipe normale samelewing wat ons so mis. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby en daar is net 2 weke van die kwartaal oor en ek wens al ons leerders sterkte toe met die formele assesserings wat nog afgehandel moet word. Die nuwe Beheerrraad (BR) het hul eerste amptelike vergadering op Dinsdag, 6 April 2021, om 17:30 gehou waartydens die ampsdraers vir die die tydperk 2021 - 2024 verkies is. Dit is dan my voorreg om bekend te maak dat Merwe Schotlz weer as ons BR-voorsitter aangewys is; Izelle Venter is as ons ondervoorsitter en Lucia de Jager as die sekretaris. Wees verseker dat die nuwe BR die skool na nog hoër hoogtes gaan lei en dat die leerders se belange altyd prioriteit sal geniet. Suskesvolle en funksionele skole word gekenmerk deur aktiewe ouerbetrokkenheid en waar alle besluite geneem word in die beste belang van die leerders, en niks anders nie. Die afgelope week het ons ook afgeskop met die wintersportprogram. Dit voel amper soos ‘n historiese gebeurtenis as gevolg van die lang grendelperiode met al sy drakoniese regulasies. Dit is lekker om te sien hoe opgewonde ons leerders is om weer aan spansportaktiwiteite te kan deelneem. Gun my ook die geleentheid om juffrou Andri Baird...
Wilson Tennistoernooi, 28 Maart
Dawid-Wiese Viljoen (0/11) het Sondag, 28 Maart, aan 'n Wilson-tennistoernooi te Durbanville deelgeneem. Hy het in hierdie toernooi 1ste geëindig. Baie geluk Dawid-Wiese!
Musiekkonserte
Onthou asb. van die musiekkonserte van Gr.1 -3 wat op Woensdag, 21 April, plaasvind. Gr.1 & 2 - 09:00 Gr.3 - 11:00 Slegs twee ouers/voogde per leerder sal toegelaat word om die musiekkonsert te kyk. Geen kinders woon die konsert by nie. Covid-protokol sal gevolg...
Ouerbesoeke kwartaal 2, 2021
Daar sal vroeg in kwartaal 2 (4 & 5 Mei) vir ouers/voogde die geleentheid gebied word om hul kind(ers) se onderwysers te ontmoet aangesien die eerste vorderingsverslag vir die jaar een van die dae uitgedeel word. Ons gaan dit op dieselfde manier as verlede jaar hanteer met Covid-protokol in plek. Maak asb. vroegtydig 'n afspraak deur op die skakel(s) hieronder te kliek en die vorm(s) te voltooi. 1. Kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak. 2. Kies die dag & tyd waarop jy 'n afspraak wil maak. 3. Die tyd wat jy gekies het, sal wegval en nie meer vir ander beskikbaar wees om te kies nie. 4. Vul 'n aparte vorm in vir elke afspraak wat jy wil maak. 5. Jy sal 'n e-pos kry met die tyd wat jy gekies het. 6. Indien daar nie meer beskikbare plek is om die bepaalde onderwyser te sien nie, voel gemaklik om 'n alternatiewe afspraak met die onderwyser te organiseer. GRONDSLAGFASE...
Belangrike Datums
augustus 2026