Daar sal vroeg in kwartaal 2 (4 & 5 Mei) vir ouers/voogde die geleentheid gebied word om hul kind(ers) se onderwysers te ontmoet aangesien die eerste vorderingsverslag vir die jaar een van die dae uitgedeel word. Ons gaan dit op dieselfde manier as verlede jaar hanteer met Covid-protokol in plek. Maak asb. vroegtydig ‘n afspraak deur op die skakel(s) hieronder te kliek en die vorm(s) te voltooi.

1. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak.
2. Kies die dag & tyd waarop jy ‘n afspraak wil maak.
3. Die tyd wat jy gekies het, sal wegval en nie meer vir ander beskikbaar wees om te kies nie.
4. Vul ‘n aparte vorm in vir elke afspraak wat jy wil maak.
5. Jy sal ‘n e-pos kry met die tyd wat jy gekies het.
6. Indien daar nie meer beskikbare plek is om die bepaalde onderwyser te sien nie, voel gemaklik om ‘n alternatiewe afspraak met die onderwyser te organiseer.
GRONDSLAGFASE
INTERSENFASE