Leerders ontvang vandag die koeverte om die foto’s te bestel wat op Woensdag, 10 Maart 2021, geneem is.

Hoe werk die bestel van foto’s:
1. Leerders ontvang ‘n koevertjie om huis toe te vat met hul gesiggies daarop. Moet asseblief NIE die gesiggies afhaal nie!
2. Vul asseblief alle inligting duidelik en leesbaar op die koevert in.
3. Die verskillende fotopakkette is alles op die koevert aangedui. Merk jou keuse duidelik af.
3. Probeer om die korrekte bedrag geld binne die koevert te sit.
4. Maak die koevert toe en stuur dit skool toe.
6. Indien jou kind(ers) nie ‘n foto gaan bestel nie, stuur asb. die leë koevert terug skool toe.

Wat maak ek indien my kind die koevert verloor het?:
Indien jou kind(ers) die koevert(e) verloor het, kan jy ook foto’s op die fotograaf se webtuiste bestel. Kliek op die skakel: LUNCHBOX PHOTOGRAPHY. Die wagwoord om in te gaan is JVR2020.

NB: Fotogeld gaan NIE deur die Karri toep nie!

Laaste dag vir fotobestellings is Woensdag, 21 April 2021