Lara Pieterse (Gr.7) het verlede week in die ballet uitvoering “Coppelia” by die Kunste Kaap opgetree en sy het pragtig gedans! Sy het asemrowend mooi in haar kleurryke pers en wit kostuum gelyk. Die uitvoering was van uitstaande gehalte en dit was duidelik dat Lara bitter hard geoefen het. Lara was so lig soos ‘n vlindertjie op haar voete en ons is baie trots op haar!