Verlore Goedere proses
Sien hier onder die proses wat met verlore goedere by die skool gevolg word. Die skool kan ongelukkig nie vir swak-, verkeerdelik of ongemerkte items verantwoordelik gehou word nie. Ons poog wel om gemerkte verlore goedere, so spoedig moontlik aan hul eienaars terug te besorg. Proses: In die eerste periode op 'n Woensdag en Donderdag word gemerkte verlore items (wat op die tafel beland het) aan leerders terugbesorg. Alle items wat nie gemerk is nie, word in die kaste gepak. Aan die einde van die kwartaal, word alle swak / verkeerdelik gemerkte / ongemerkte items wat in die kaste is, by die verlore goedere-uitstalling beskikbaar gestel. Alle items wat nie op die dag van die uitstalling geëis word nie, word geskenk. Ongelukkig hoop verlore goedere vanaf Donderdagoggende na Woensdagoggende op. Indien die verlore item nie in die kaste of op die verlore goedere tafel is nie, is ouers welkom om 'n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za te...
Geagte Ouers / Voogde
Op Dinsdag, 5 April, het alle publieke skole in die Wes-Kaap hul deure vir kwartaal 2 heropen. Ek het die wonderlike voorreg gehad om al die leerders die oggend om 07:45 in die saal by die skool te verwelkom en ‘n boodskap oor die kernwaarde vir kwartaal 2 naamlik verantwoordelikheid met hulle te deel asook om vir hulle ‘n wonderlike en voorspoedige kwartaal toe te wens. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien en te ervaar dat ons leerders skool gemis het en hulle werklik bly is om terug te wees, want hulle geniet die skool in al sy fasette. Hulle kon nie wag om die wonderlike vakansie-ervarings met my en hul opvoeders te deel nie. Die graad 7’s het vanaf 29 Maart tot 3 April tydens die jaarlikse Maart/April-vakansie op die Oranjerivier roeitoer gegaan en hulle kan nie ophou praat oor die fantasiese en leersame ervaring saam met hul ouers nie. Dit gee ook die geleentheid vir ouers om mekaar beter te leer ken. Ek doen ‘n beroep op al die huidige Graad 6-ouers om dit ernstig te oorweeg om in 2023 vir die onvergeetlike ekskursie saam met jou kind/ers in te skryf. Kwartaal 2 is ook die begin van die wintersport en ons kan nie wag om aan wedstryde en toernooie deel te neem nie. Ons wag vir die onderskeie WP Unies om die wintersport datumlyste beskikbaar te stel. Sportdae en toernooie is reeds op die skoolkalender geplaas. Graag verwelkom ons die afkondiging van President Ramaphosa dat die Covid-19 siftingproses vir eers opgehef is en dat maskers slegs binnenshuis gedra moet word. Hopelik...
Roomysverkope
Die graad 7-leerders gaan drie roomysverkope hierdie kwartaal hou as deel van hul fondsinsameling vir hul afskeid aan die einde van die jaar. Die roomyse sal teen R10, R15 en R20 verkoop word. Die datums is as volg: Vrydag, 8 April Donderdag, 14 April Vrydag, 22...
Sophia & Liza presteer in Aksienetbal
Twee van ons leerders, Sophia Liebenberg & Liza Hitge in graad 7, het voor die vakansie aan die Interprovinsiale Aksie Netbaltoernooi by Hillfox Arena te Roodepoort deelgeneem. Daar was 10 spanne in totaal en die kompetisie uit Gauteng was baie sterk. Hulle span het 5 de geëindig. Baie geluk julle...
Oranjerivierroei 2023
Alle Graad 6-ouers/voogde Ons wil solank aan die Oranjerivier roeitrip vir die Graad 7's van 2023 begin reël. Daar is 'n voorlopige bespreking vir vroeg in die Aprilvakansie. Alle ouers met kinders in graad 6 moet asb. die vorm invul, selfs al gaan julle nie saam roei nie. GOOGLE...
Inligtingsessie: Kinders & Sosiale Media
Hierdie sessie word gratis vir graad 5 - 7 leerders tydens skoolure aangebied. Ouers kan R50 op Karri betaal om dit op 10 Mei om 18:00 by te woon.
Strategiese Vraelys 2021: Terugvoer
Beste Ouers/Voogde Met die einde van 2021 se dolheid, het ons nooit die strategiese vraelys se opsomming aan julle kommunikeer nie. Baie dankie vir julle deelname – dit is lekker om sulke gemoedelike en oop kommunikasie met ouers te hê. Hier is dit nou: Ons is vreeslik bly om te kan sê ons kinders is steeds gelukkig in die skool en dat ons ouers veral tevrede was met hoe die pandemie hanteer is. Dit is veral verblydend dat ouers nie bekommerd is oor hul kinders se akademiese vordering nie – ten spyte van die pandemie. Daar is egter ‘n paar kwessies wat die skoolbestuur se aandag getrek het en waaraan die skoolbestuur reeds aandag gee: Die skoolroosterkompleksiteite verhoed dat daar meer tyd gewy kan word aan isiXhosa – nietemin gaan ‘n nuwe aksieplan geloods word. Ander vakke soos kodering, kuns en drama word ook afgeskeep – dit word ook in ag geneem. Diversiteit en geloofsblootstelling aan ander gelowe is volgens heelwat ouers problematies. Ten spyte van goeie vordering wat meer diverse personeel-aanstellings betref, het die pandemie ander inisiatiewe gekortwiek. Daar is planne vir die komende jaar en ouers wat by sulke inisiatiewe betrokke wil raak, moet asseblief hul hand opsteek om deel te word van die diversiteitskomitee – kommunikasie sal eersdaags via die nuusbrief versprei word. Tegelykertyd is ons vrywillige en buite-skoolure groep Jannies vir Jesus weer volstoom aan die gang. Ouers het aangedui dat kommunikasie rondom nie-akademiese probleme soms moeilik is. Registeronderwysers bly die eerste kontakpunt. As jy steeds nie tevrede is nie, kontak asseblief ons skoolhoof Naas Beets. Sommige ouers blyk verward te wees rondom presies watter...
Die Suidooster 2022: Kwartaal 1
Geagte Ouers / Voogde
Vandag heers daar groot opwinding by die skool, aangesien skole vandag in die Wes-Kaap vir ‘n kort, maar welverdiende vakansie sluit. Kwartaal 1 was propvol verskeie sport-, kultuur- en pretaktiwiteite geskeduleer. Vir die eerste keer in 2 jaar kon ons Jannies weer aan somersportwedstryde, byeenkomste, galas en konserte deelneem waar ouers, voogde, oumas en oupas teenwoordig kon wees. Ons kernbesigheid, naamlik Akademie, het beslis nie stil gestaan nie en daar is sommer hard in die klasse gewerk om die nodige doelwitte vir die kwartaal te bereik. Vandag ontvang al ons leerders ‘n rapport waarin daar erkenning vir hul harde werk en toewyding gegee word. Graag wil ek al die Jannies en die opvoeders wat onderskeidelik so getrou en hard gewerk het, hartlik gelukwens met die puik akademiese uitslae. Ek is so trots en ‘n dankbare skoolhoof van die puik skool! Laat my dan ook toe om die volgende Gr.7-leerders (alfabeties) hartlik geluk te wens met die aankondiging van die Top Tien Akademiese Presteerders vir kwartaal 1 tydens vanoggend se saalbyeenkoms: Lara Basson Lea Basson Liza Hitge Adelé Holtzhausen Luja Marx Kate Mouton Elsabé Scholtz Cara Swanepoel Nell von Lieres Owen Wiese Ahoewel die laaste week van die kwartaal slegs 4 dae lank was, het daar die volgende klompie pretaktiwiteite plaasgevind: Op Dinsdag, 22 Maart 2022, het die grondslagfase leerders ons heerlik in die saal tydens die Gr. 1 - 3 musiekkonsert vermaak. Baie dankie aan al die ouers, voogde en grootouers wat hul kosbare tyd afgestaan het om hul kinders/kleinkinders tydens die vrolike musiekkonsert te ondersteun. Ons leerders is so talentvol, vol selfvertroue en nie eers die groot verhoog...
“Funky Pants” dag by die nasorg
Op Vrydag, 8 April 2022, kry die nasorgleerders die geleentheid om bietjie pret te hê met 'n "Funky Pants" Vrydag. Alle ingeskrewe nasorgleerders mag op daardie dag skool toe kom met hulle wildste, woeste, malste en heel 'funky'-ste broek en moet hul eeufeeshempie hierby...
Fotobestellings
Die leerders het reeds hul fotokoeverte ontvang. Vul asb. alle besonderhede op die koevert in en stuur dit terug skool toe. Leerders kan die koevert(e) inhandig by hul registeronderwyser. Foto's kan nog nie aanlyn bestel word nie. Verdere inliging hieroor sal later deurgegee word. Laaste dag vir fotobestellings d.m.v. die koevert is Donderdag, 21...
Swemgala Uitslae 2022
Twee Jannies gekies vir die Wes-Kaap Weskus aksienetbalspan
Ons wil graag vir Sophia Liebenberg en Liza Hitge baie sterkte toewens. Hulle is beide vir die Wes-Kaap Weskus aksienetbalspan gekies en gaan vanaf 18-23 Maart die span in Gauteng by die Little League Inter-Provincial toernooi verteenwoordig. Sophia is ook gekies om as spankaptein op te tree. Baie geluk julle en baie...
Winter Buitemuurse Sportprogram 2022
Sportklinieke 22 – 24 Maart vir ALMAL
Gedurende die week van 14 - 17 Maart het ons met die winterbuitemuurseprogram begin. Gedurende die laaste week van skool wil ons die geleentheid gebruik om aan al ons leerders, ongeag of hulle aan ons naskoolse program deelneem of nie, aan verskillende sportkodes se vaardighede bloot te stel. Ons sal van buite afrigters gebruik maak om addisionele vaardighede aan te leer en in te skerp. Die program vir die week is as volg: Dinsdag, 22 Maart 08:00 - 10:00 Netbal Gr. 6 en 7 08:00 - 10:00 TAG Rugby Gr. 6 en 7, Conradieveld Woensdag, 23 Maart 08:00 - 10:00 Netbal Gr. 2 en 3 08:00 - 10:00 TAG Rugby Gr. 2 en 3, Conradieveld 10:30 - 12:30 Netbal gr. 4 en 5 10:30 - 12:30 TAG Rugby gr. 4 en 5, Conradieveld Donderdag, 24 Maart 08:00 - 10:00 Netbal, Gr. 1 08:00 - 10:00 TAG Rugby, Gr. 1, Skoolveldjie Die dae waarop 'n graad aan 'n spesifieke kliniek deelneem, mag hulle met hul LO-klere skool toe kom. Hierdie klinieke is ook aanvullend tot die...
Belangrike Datums
julie 2026
augustus 2026