Gedurende die week van 14 – 17 Maart het ons met die winterbuitemuurseprogram begin. Gedurende die laaste week van skool wil ons die geleentheid gebruik om aan al ons leerders, ongeag of hulle aan ons naskoolse program deelneem of nie, aan verskillende sportkodes se vaardighede bloot te stel.  Ons sal van buite afrigters gebruik maak om addisionele vaardighede aan te leer en in te skerp.
 
Die program vir die week is as volg:
 
Dinsdag, 22 Maart
08:00 – 10:00 Netbal Gr. 6 en 7
08:00 – 10:00 TAG Rugby Gr. 6 en 7, Conradieveld
 
Woensdag, 23 Maart
08:00 – 10:00 Netbal Gr. 2 en  3
08:00 – 10:00 TAG Rugby Gr. 2 en 3, Conradieveld
10:30 – 12:30 Netbal gr. 4 en 5
10:30 – 12:30 TAG Rugby gr. 4 en 5, Conradieveld
 
Donderdag, 24 Maart
08:00 – 10:00 Netbal, Gr. 1
08:00 – 10:00 TAG Rugby, Gr. 1, Skoolveldjie
 
Die dae waarop ‘n graad aan ‘n spesifieke kliniek deelneem, mag hulle met hul LO-klere skool toe kom. Hierdie klinieke is ook aanvullend tot die LO-kurrikulum.