Skooltye: Laaste week van kwartaal 2 (20-24 Junie)

Maandag, 20 Junie, tot Woensdag, 22 Junie: Klasruilings vind plaas Leerders dra skoolklere Graad 1 - 3 verdaag 13:00 Graad 4 - 7 verdaag 13:15 Bus vertrek om 13:20 Geen sport nie Donderdag, 23 Junie: Klasruilings vind plaas tot voor Markdag begin Markdag 11:30 - 12:30 Graad 1 - 3 verdaag 13:00 Graad 4 - 7 verdaag 13:15 Bus vertrek om 13:20 Leerders dra sivvies Vrydag, 24 Junie: Graad 1 - 3 verdaag 10:30 Graad 4 - 7 verdaag 10:45 Bus vertrek om 10:50 Leerders dra...

Markdag, 23 Junie 2022

Markdagverkope sal om 11:30 begin. Leerders sal direk na eerste pouse (10:30) kans kry om hul goed uit te pak en voor te berei.  Tafels kan vanaf Maandagoggend, 20 Junie, om 08:00 op Karri teen R15 bespreek word (geen kontantbesprekings). Besprekings sluit Woensdag, 22 Junie, om 14:00. Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word...

Kitaarlesse

Shaun, die kitaaronderwyser, het van volgende kwartaal af weer 'n paar plekke vir kitaar, ukelele of elektriese kitaar oop. Indien jy belangstel, kontak hom op 063 131 1462.

Geagte Ouers / Voogde

Die assesseringsreeks vir Grondslagfase en kontroletoetse (eksamen vir gr. 4 - 7) is in volle swang en voor die leerders dit besef is die eksamenstres verby en lê ‘n welverdiende vakansie voor om lekker uit te rus. Dit is verblywend om te sien hoe opgewonde ons leerders rakende die sportoefeninge wat tans tydens skooltyd plaasvind, is. Verseker help dit hulle om lekker te ontspan na afloop van ‘n uitdagende vraestel asook om hul konstante aandag van die studies en eksamen tydelike af te lei deur op iets anders te fokus. Saterdagaand, 4 Junie, kon ons skool se opvoedingstrust sedert 2019 weer die gewilde veilingdinee aanbied wat nie die afgelope 3 jaar vir ons beskore was nie. Die suksesvolle maskerbal is in die historiese Mount Nelson Hotel aangebied. Die pragtige hotel aan die voet van die ikoniese Tafelberg is in 1918 pienk geverf om vrede te simboliseer. Die geskiedenis van die idilliese hotel met ons 100ste bestaansjaar maak die "Nellie" soos dit bekend staan, die perfekte venue. Dames is elegant in stylvolle aandrokke met gesigsmaskers geklee en die mans het deftig met hul aandpakke en strikdasse gepronk. Voordat die veiling afgeskop het, was daar 40 lotte stylvol uitgestal vir al die gaste om te besigtig waarop hulle kon bie. Die hotelsaal was pragtig versier en die dekorasies het die perfekte afronding verseker. Alles is haarfyn beplan en perfek uitgevoer om ‘n onvergeetlike aand van samesyn te bewerkstellig. Die veiling is deur MC. du Toit (gr. 1-ouer) hanteer en hy was instrumenteel tot die sukses van die veiling waartydens ‘n rekord opbrengs opgelewer is. Ek wil MC hartlik bedank dat hy...

Jannies dans in Cinderella Balletkonsert

Verskeie Jannies van graad R tot graad 7 het verlede naweek in die Three Wishes for Cinderella balletkonsert by die Pam Golding Baxter Teater opgetree. Die groep meisies dans by die Cape Ballet Centre en die konsert se regie is deur Evelyne Aregger gedoen. Die dansers het maande lank geoefen en die opwinding was groot om vir drie vertonings op die Baxter se verhoog te kon dans. Die professionele produksie en oorverdowende applous het al hierdie harde werk die moeite werd...

Beste Graad 7-JvR-seun en Ouer / Voog

Hoërskool Jan van Riebeeck nooi baie graag alle graad 7-seuns en hul ouers/voogde uit om saam met ons te kom kuier! Datum: Dinsdag, 14 Junie 2022 Tyd: 16:30 – 18:00 Plek: JvR-klubhuis, De Hooplaan, Tamboerskloof Drag: Gemaklik ’n Paar hoërskoolseuns wil graag ’n bietjie raakrugby saam met die gr.7-manne speel terwyl ons in die klubhuis nog enige ouervrae oor ons hoërskool beantwoord. Ons braai ook ’n boereworsrol vir elke seun en geniet iets te drinke saam met die ouers/voogde. R.S.V.P. asseblief teen Maandag, 13 Junie, by skoolhoof@janvanriebeeck.co.za indien u en u seun hierdie geselligheid wil bywoon. Groetnis. Pieter Rademeyer...

Jannies neem deel aan Kyukushinkai Karate Kampioenskap

Johannes Mouton (gr. 4) en Chrystal Conradie (gr. 6) het albei ‘n oranje belt in karate en is leerlinge by die Kyokushin Dojo in Kaapstad. Hulle het Saterdag, 21 Mei 2022, aan die Wes-Kaap Kyokushinkai Karate Kampioenskap by die Wynberg Militêre Basis deelgeneem - die eerste een sedert die aanvang van Covid. Johannes het aan die Kata-afdeling deelgeneem, en hy en Chrystal het beide aan die semi-kontak en volle-kontak afdelings deelgeneem. Johannes het ‘n silwer medalje en Chrystal ‘n brons medalje in die volle-kontak afdeling verwerf. Dit was ‘n lang en senutergende dag, maar ons is trots op ons Jannies wat so kalm en gefokus gebly...

Waarde kw. 2: Verantwoordelikheid – Ons maak die skoolterrein skoon.

Beste Ouers en Voogde Ons gaan die volgende twee weke gebruik om ons waarde vir die kwartaal, verantwoordelikheid, uit te leef. Die kleur wat ons aan die waarde koppel is, groen. Ons gaan verantwoordelik teenoor ons onmiddellike omgewing optree deur ons skoolterrein na pouse mooi skoon te maak.  Op hierdie manier bewys ons ook respek teenoor ons terreinpersoneel wat daagliks so hard werk. Die onderskeie graadgroepe is ingedeel om op ‘n spesifieke dag ons skoolterrein skoon te maak. Die leerders kan ook op die spesifieke dag groen sivvies aantrek. Sien asseblief op watter dag jou kind met groen sivvies skool toe mag kom: Graad 1 - Maandag, 13 Junie Graad 2 - Dinsdag, 14 Junie Graad 6 - Woensdag, 15 Junie (omgeruil met graad 3 a.g.v. Lead 4 Life) Langnaweek Graad 4 - Maandag, 20 Junie Graad 5 - Dinsdag, 21 Junie Graad 3 - Woensdag, 22 Junie (omgeruil met graad 6 a.g.v. gr. 6 Lead 4 Life) Graad 7 - Donderdag, 23 Junie (maak skoon na...

Vakansiedag-sorg: 16 en 17 Junie

Indien julle van die vakansiedag-sorg gebruik wil maak, vul asb. die inskrywingsbrief in en stuur dit na die Nasorg of na die e-posadres wat in die brief gemeld is. [pdf-embedder url="https://laerskooljanvanriebeeck.co.za/wp-content/uploads/2022/06/VAKANSIESORG-16-17-JUNIE.pdf" title="VAKANSIESORG 16-17...

Gimnastiek Distrik Proewe

Die volgende kinders het die afgelope naweek aan die Wes-Kaapse vlak 1 tot 3 Distrikproewe deelgeneem. Vlak 1 Lula Joubert - silwer Amelie van der Walt - goud Isabella Malan - silwer Klara Jansen van Vuuren - silwer Vlak 3 Sarah Roff - silwer Baie geluk met julle mooi...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor