Rugbywedstryde Welgemoed: 27 Julie

Al ons spanne speel Woensdag, 27 Julie, wedstryde te Laerskool Welgemoed.   SPANNE: o.7 A (10-aan 'n kant) o.7 B (10-aan 'n kant) o.8 A (10-aan 'n kant) o.8 B (10-aan 'n kant) o.9 A (10-aan 'n kant) o.11 A (15-aan 'n kant) o.13 A (15-aan 'n kant) o.13 B (15-aan 'n kant)   PLEK: Laerskool Welgemoed VERTREKTYD: 13:15 [o.7 - o.8]                                   14:00 [o.9 - o.13] TERUG BY SKOOL: ±17:30 PROGRAM Volg asb. die skakel om te sien of jou kind /ers in die span is en om die GOOGLE FORM te...

Tafelberg Koorfees 2022

ONS IS TERUG!! Die Hoërskool Jan van Riebeeck is baie opgewonde om weereens die TAFELBERG KOORFEES aan te bied op Dinsdag, 2 Augustus 2022. Na die afloop van 'n baie suksesvolle fees in 2019, was ons baie opgewonde om weer hierdie besondere konsert aan te bied, maar die effek van die pandemie het ons gekeer. Hiermee is ons meer as net opgewonde vir die opkomende konsert! Kom geniet 'n aand van uitnemende koorsang in die Groote Kerk, Kaapstad. Kaartjies beloop R80. Moet nie hierdie besondere konsert misloop nie. Sien jou daar! Volg die SKAKEL vir...

o.11-Hokkietoernooi Eversdal: 26 Julie

Ons o.11-dogters is genooi om Dinsdag, 26 Julie, aan 'n toernooi te Eversdal deel te neem nadat 'n ander span onttrek het. Leerders wat nie deel van die span vorm nie, woon die gewone oefening by. SPANNE: o.11-dogters PLEK: Laerskool Eversdal TOERNOOI BEGIN: 14:45 BUS VERTREK: 14:10 TERUG BY SKOOL: ± 18:30 PROGRAM Volg asb. die skakel vir meer inligting en om die GOOGLE FORM te...

Geagte Ouers / Voogde

Ek hoop en vertrou almal het die heerlike wintervakansie terdeë geniet en jul spreekwoordelike batterye is ten volle gelaai, slaggereed om die nuwe kwartaal saam met jul kinders aan te pak. Dit is altyd ‘n wonderlike voorreg om die leerders, ouers, voogde en personeel terug by die skool na ‘n vakansie te verwelkom. Daar heers groot opwinding onder die leerders om weer terug by die skool en tussen hul maats te wees, want hierdie kwartaal is weer propvol sport- en kultuuraktiwiteite en moenie vergeet van ons gewilde konsert wat aan die einde van die kwartaal plaasvind nie. Die buitemuurse program het sommer op dag een van die nuwe kwartaal in volle swang afgeskop, want ons wil ernstig voorberei vir die belangrike sportnaweek (29/30 Julie) te Laerskool Robertson. Verskeie ander skole gaan ook aan die spesifieke sportnaweek deelneem en ek glo julle sien ook saam met jul kinders en hul afrigters uit om ‘n heerlike naweek in die pragtige platteland of sal ek eerder sê Wynland te spandeer. Die plattelandse gasvryheid en samesyn is altyd kosbaar en ek hoop om julle almal daar te sien. Graag versoek ek dat ons as Laerskool Jan van Riebeeckers sommer in massas sal opruk na Robertson. Laat my asseblief toe om vir juf. Claudia hartlik geluk te wens met haar onlangse verlowing. Ons wens vir haar en Marshall net ‘n blink en belowende toekoms toe. Graag wil ek verder met die volgende prestasies van ons personeel spog: Juf. Ischké het gedurende die vakansie die interprovinsiale netbaltoernooi saam met Sophia Liebenberg as skeidsregter te Boksburg bygewoon. Sy het na afloop van die toernooi haar SASN-gradering...

Ouerbesoeke 2022: Kwartaal 3

Hierdie kwartaal vind die ouerbesoeke op 1 en 2 Augustus plaas. Volg asb. die instruksies hieronder om 'n afspraak te maak Kliek op die foto om die Google Form oop te maak. Kies die fase waarin jou kind is. Kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak en kliek "Next". Kies 'n tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies "No more options" sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar 'n kansellasie is. Kliek "Submit". Jy sal 'n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, is jou afspraak steeds gemaak, maar die bevestiging het net nie by jou uitgekom nie. Gaan kyk gerus in jou "Spam". Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op "Submit another response". Indien jy die tyd wil verander, vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za). Vir enige vrae, stuur 'n e-pos aan...

Seniorkoor tree 2 Augustus op

Neem asb. kennis dat ons Seniorkoor op 2 Augustus by die Groote Kerk as deel van Hoërskool Jan van Riebeeck se koorfees optree. Verdere kommunikasie en die program sal volg. Hulle gaan ook soos volg oefen: Vr., 22 Jul vanaf 07:45 - 08:45 Wo., 27 Jul vanaf 07:45 - 08:45 Do., 28 Jul vanaf 07:45 - 08:15 Di., 2 Aug vanaf 07:40 - 08:15 (Dus geen saal...

Damesontbyt: Saterdag, 3 September 2022

Skeduleer solank die datum en tyd in jou dagboek en nooi solank 'n paar vriendinne om die oggend saam met ons te kom geniet. Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees, so ook alle ander inligting.

Vakante pos op die Beheerraad

Daar is ‘n vakante posisie (Tesourier) op die beheerraad wat gevul moet word. Graag versoek ons dat ouers/voogde met 'n finansiële kwalifikasie/agtergrond wat bereid is om dié rol te vul om ons BR Voorsitter, Merwe Scholtz, by mscholtz@genfin.co.za te kontak. Ons rig veral ‘n versoek op ouers/voogde met kinders in die jonger grade (Graad R en 1 tot 3) om hierdie posisie te oorweeg. Ons kort ‘n bietjie jong bloed! Baie dankie vir julle aandag. Groetnis Merwe...

Rympie-kompetisie

As jou kind 'n gawe het om met woorde te toor, gun hom/haar 'n kans om aan 'n lekker rympie-kompetisie deel te neem! Daar is wonderlike pryse om te wen. Die top 20 rympies gaan op Afrikaans.com, klaskamerraad en Curious Readers se sosialebladsye gepubliseer word. Rympie temas: Wiskunderympies✖️➗➕➖ Klanke en letters ???? Diererympies???????????? Kom ons kyk hoe kreatief die Jannies met woorde kan raak! Kliek HIER om jou kind in te skryf en om meer inligting te verkry. Inskrywings sluit 13...

Waarde van die kwartaal: Eerlikheid

Hierdie kwartaal plaas ons die waarde Eerlikheid onder die vergrootglas.  Simboliek:   kleur is geel en dier is die by. Ons streef daarna om in ons daaglikse handel en wandel eerlik op te tree. Wees eerlik met ander en ook met jouself! BEE HONEST!

Jannies vir Jesus: Elke Woensdagoggend van die kwartaal

Jannies vir Jesus sal slegs vir hierdie kwartaal elke Woensdagoggend om 07:15 - 07:45 in die saal plaasvind. Alle gr. 1-7-leerders is welkom om dit by te woon! Daar is reeds 60-80 leerders wat entoesiasties deelneem en die terugvoer is ongelooflik positief. Baie dankie aan ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk wat dit lei en so 'n groot verskil in ons Jannies se lewens...

Graad 5 Lead4Life Leierskapsontwikkeling

Die graad 5-leerders gaan 'n leierskapkursus bywoon wat deur Lead4Life aangebied word. Hier volg al die belangrike inligting: Datum: Vrydag, 22 Julie (dit is verpligtend) Plek: Conradieveld Tyd: 08:00 – 13:30 (leerders word by die Conradieveld af- en opgelaai) Daar sal toesig by die Conradieveld vanaf 07h30 die oggend wees. Vervoer: Daar sal die oggend vervoer na die Conradieveld wees vir die busleerders en leerders wat nie by die Conradieveld afgelaai kan word nie. Daar sal weer die middag vervoer na die skool slegs vir die Steyntjie-busleerders en nasorgleerders wees. Stuur 'n e-pos (voor Vrydag) aan jou kind se registeronderwyser indien jou kind van hierdie busgeleenthede gebruik gaan maak. Kleredrag: JvR-sportklere/feeshempie en tekkies/plakkies Saambring: Hoed (verpligtend), waterbottel, sonskerm, kospakkie (LW geen snoepie nie.) Die vrywaringsvorm moet voor of op Donderdag, 21 Julie, aanlyn voltooi word. SKAKEL NA DIE...

Mandeladag 2022

Mandela projek Baie dankie vir die ongelooflike bydrae tot die projek tot dusver. Ons gaan die eerste week van die derde kwartaal gebruik om die projek af te sluit. Ons benodig nog die volgende produkte: Rys Samp Bruin Lensies Sugar Beans Soja Mince Olie Julle is welkom om enige van die produkte saam skool toe te stuur. Baie...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor