Hierdie kwartaal vind die ouerbesoeke op 1 en 2 Augustus plaas. Volg asb. die instruksies hieronder om ‘n afspraak te maak

  1. Kliek op die foto om die Google Form oop te maak.
  2. Kies die fase waarin jou kind is.
  3. Kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak en kliek “Next”.
  4. Kies ‘n tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies “No more options” sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar ‘n kansellasie is.
  5. Kliek “Submit”.
  6. Jy sal ‘n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, is jou afspraak steeds gemaak, maar die bevestiging het net nie by jou uitgekom nie. Gaan kyk gerus in jou “Spam”.
  7. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op “Submit another response”.
  8. Indien jy die tyd wil verander, vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).
  9. Vir enige vrae, stuur ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za