Jannies vir Jesus sal slegs vir hierdie kwartaal elke Woensdagoggend om 07:15 – 07:45 in die saal plaasvind. Alle gr. 1-7-leerders is welkom om dit by te woon! Daar is reeds 60-80 leerders wat entoesiasties deelneem en die terugvoer is ongelooflik positief. Baie dankie aan ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk wat dit lei en so ‘n groot verskil in ons Jannies se lewens maak.