WKOD-skryfkompetisie

Een-en-twintig van ons talentvolle gr.4-7-skrywers het onlangs aan die WKOD se skryfkompetisie deelgeneem. Die leerders moes die boek aanlyn op die kindervriendelike "Book Creator"-toep skryf. Ons is weereens herinner hoe kreatief en innoverend ons kinders is! Elf van die leerders kon Saterdag die prysuitdeling by Laerskool Turfhall bywoon en Laerskool Jan van Riebeeck het 'n allemintige VEERTIEN pryse opgeraap! Baie geluk aan die volgende leerders: Gr.4 AFRIKAANS Goud: Susie Samuels Brons: Sabine Barnard Gr.5 AFRIKAANS Goud: Jeanne Koen Silwer: Karu Rademeyer ENGELS HUISTAAL Goud: Leah de Kock Gr.6 AFRIKAANS Goud: Karlien van der Walt Silwer: Lida-Mari Bosman Brons: Neil Heyns ENGELS HUISTAAL Silwer: Mieke Nel Brons: Katia van Wyk Gr.7 AFRIKAANS Goud: Lara Warren Silwer: Luja Marx Brons: Cara Swanepoel ENGELS HUISTAAL Goud: Helene...

‘n Nuwe baadjie vir ‘n nog nuwer Jannie!

Beste Ouer/Voog Ons bly deeglik bewus van wat ons skool so uniek en uitnemend maak, die ou storie! ‘n Ontspanne en gelukkige omgewing Klein klasse en uitstekende akademiese onderrig En ‘n Wees Jouself manier van doen en wees Ter selfde tyd het ons ‘n verskerpte fokus op vernuwing ten einde ons skool op alle fronte aan te hou uitbou as dié Kaapse laerskool. So is ons leuse onlangs verander na Wees Jouself (u is weg!), wesenlike infrastruktuurontwikkeling is onderweg en die buitemuurse aanbieding en -prestasievlakke geniet groot aandag. As deel hiervan het die beheerraad vele gesprekke gehad oor die moderniseer van ons skooldrag. Ons het met kundiges ontmoet, plaaslike en internasionale tendense ondersoek en ‘n balans tussen tradisie, wees jouself, netheid, bekostigbaarheid, omgewingsvriendelikheid en minder verlore goedere gevind. Daar word ook ‘n onderskeid tussen die grondslagfase (informeel) en die intersenfase (effe meer formeel) getref. Ons glo ons kinders en ouers gaan vele voordele ervaar en mag selfs soggens ‘n paar minute later kan slaap. Ons sal voor die einde van die kwartaal die nuwe kleredrag raamwerk publiseer en in die 4de kwartaal ‘n modeparade reël waartydens ons ouers die nuwe kleredrag in lewende lywe kan sien. Wees gerus dat 2023 ‘n oorgangsjaar sal wees, dus sal die nuwe kleredrag eers verpligtend vanaf 2024 wees. Met opwindende en vriendelike groete, Naas Beets en Marinda...

Geagte Ouers / Voogde

Alhoewel ek in my vorige nuusbrief genoem het dat die buitemuurse wintersport op 9 September 2022 tot ‘n einde kom, het ons op Saterdag, 10 September, ons eie suksesvolle Rugby Sewestoernooi aangebied. Ter selfde tyd het ons o.12A en o.13A-Netbalspanne spreekwoordelik koning gekraai tydens die "Cape Town League Finals" in Kuilsrivier. Hartlike dank aan BSC wat ons o.11- en o.13-Rugby Sewestoernooi op Saterdag, 10 September, by die Conradieveld geborg het. Alhoewel die Cape Town 7’s ook in ons pragtige Moederstad oor die naweek plaasgevind het, het ouers van die volgende deelnemende skole in hul hordes by die Conradieveld opgedaag om die dag te ondersteun: Laerskool Bastion Laerskool Kampsbaai Laerskool Milnerton Laerskool Parkslands Curro Durbanville Laerskool Jan van Riebeeck Selfs die weer het vir ‘n slag saam gespeel om die dag verder te komplimenteer. Opvallend was die sportmangees wat deur al die spanne aan die dag gelê is. Geen algehele wenners is op die dag aangewys nie, want die hooffokus van die dag was om ‘n baie lang winterseisoen op ‘n baie gepaste wyse af te sluit, en dit is presies wat Razelle en haar span met die puik dag reggekry het. Ek is so trots op die standaard van ons toernooi-aanbieding, aangesien uitnemendheid altyd ons fokus is. Dan is dit my voorreg om die merkwaardige prestasie van ons o.12A- en o.13A-netbalspanne met die skoolgemeenskap te deel. Op Saterdag, 10 September, was daar sake in die verskillende ligas uitgespook om te bepaal watter span as die wenner van die onderskeie ligas aangewys word. Groot opwinding heers nog steeds met beide ons o.12A- en o.13A-netbalspanne wat goud verower het deur hul...

Dramareëlings

Liewe Drama-ouer/voog Reëlings vir die volgende week is as volg: Maandae, 26 September: Gr.1-3:   Geen klas nie Gr.4-7:   Geen klas nie Woensdag, 21 September: Geen drama nie (geen lokaal beskikbaar nie) Woensdag, 28 September: Drama-afsluiting Gr.1-3:   13:00 - 14:00 Gr.4-7:   14:00 - 15:00 Vrydag, 23 September: Gr.1-3:   13:00 - 14:00 (Bibl.) Gr.4-7:   14:00 - 15:00 Baie dankie! Groete...

Kooroptrede: Belangrike kennisgewing

Albei ons kore tree op 20 Oktober by die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale op. Kaartjies sal op Quicket teen R75 per persoon verkoop word. Quicket skakel Quicket promotional code: JanvRiebPri#wcsf1 Kaartjieverkope maak Woensdag, 21 September, oop en sluit op Maandag, 26 September. Daarna sal moontlik net 'n paar plekke nog beskikbaar gemaak word. Indien ouers nie self kan gaan nie, reël asb. vervoer met ander ouers. Kinders onder 3 jaar mag gratis op 'n skoot sit. Ons skool kry 170 geallokeerde kaartjies. Verdere inligting volg...

Eisteddfod: Klavier

Baie geluk aan die volgende leerders wat a.g.v. netbal die Klavier Eisteddfod aanlyn gedoen het: Cara Swanepoel 78% Emke van Wyk 80% Katia van Wyk 88% en 96% Ons is trots op julle! Puik uitslae!

Ouma- en Oupadag: 14 Oktober

Ons beplan 'n spesiale oggend waartydens ons hulde aan al die oumas en oupas van Laerskool Jan van Riebeeck-leerders bring. Hou solank Vrydag, 14 Oktober 2022, in jou dagboek oop. Kaartjies is vanaf volgende week op Karri teen R150 per persoon beskikbaar.

Geagte Ouers / Voogde

Die Wintersportprogram staan einde se kant toe alhoewel Moeder Natuur nog nie Kaapstad en omgewing van haar koue wil verlos nie en eindig op 8 September terwyl die somersportprogram vanaf Maandag, 12 Sept., tot Donderdag, 15 Sept., geskied. Die kort transissie vanaf winter- na somersport is as gevolg van die konsert wat vanaf 19 - 27 September geskied. Daar heers ‘n groot opgewondenheid met die konsert wat op hande is. Die pandemie het vir ‘n baie lang tyd skole nie toegelaat om enige vorm van konserte, veral binnenshuis aan te bied nie. Vanjaar bied Laerskool Jan van Riebeeck weer ‘n glanskonsert met die spoggerige naam van "ÔSIM" aan met ‘n kontemporêre tema , naamlik Die Seelewe is Magic! Ons Jannies en opvoeders oefen daagliks baie hard om seker te maak dat vanjaar se konsert, dié konsert sal wees wat vir jare onthou sal word. Baie dankie aan die personeel vir julle leeue-aandeel in die verband. Ons is so dankbaar vir ons ma’s wat dag en nag werk om seker te maak dat die kostuums perfek is. Vertrou my dat die kostuums nie ‘n enkele tree terugstaan vir kostuums wat by die werêldbekende musikale vertonings by Broadway, New York, gebruik word nie. Ek is verstom oor die kreatiwiteit en die kwaliteit van die kostuums. Laat my toe om vir mnr. Ben hartlik te bedank wat aan die stuur van die konsert staan en wat ook die uitsonderlike teks geskryf het. Juf. Jana en van die graad 7’s is hard aan die oefen aan spesifieke karakterrolle. Om eerlik te wees, kan ek self nie meer wag dat die konsert amptelik moet...

Netbaltoernooi o.12 Paarl Gimnasium

Ons o.12 A-span neem vir oulaas aan die o.12 Paarl Gimnasium toernooi deel. Ons sou oorspronklik die B-span ook geneem het, maar met die samestelling van hulle program sou ons kinders saam met baie sterk spanne geplaas gewees het. Ons het ander voorstelle gemaak om die program aan te pas, maar dis nie goedgekeur nie. Ons het hulle dus onttrek. Ons voel dat dit nie vir hulle positiewe blootstelling sou wees nie en hulle eerder die seisoen op 'n laagte punt sou afsluit. SPANNE: o.12 A PLEK: Hoërskool Paarl Gimnasium, Paarl BUS VERTREK: 11:00 OPENING VAN TOERNOOI: 13:00 WEDSTRYDE BEGIN: 13:30 TERUG BY DIE SKOOL: ± 18:00 GOOGLE FORM...

Opedag: Graad 1 van 2023

Opedag: 11 November Die graad 1's van 2023 besoek die laerskool.  Piekniek: 11 November Die graad 1's en hul ouers/voogde van 2023 hou piekniek (18:00 - 20:00) op die Laerskool se sportveld.  Gebruik Nuwe Kerkstraat se ingang. 

Algemene konsertreëlings: 19, 21, 22, 26 en 27 September 2022

1. Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat) Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman. Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers/voogde te gee. Leerders sal die bandjie aan die persoon(e) gee wat hulle kom af- of oplaai. Hierdie bandjie sal jou toegang tot die skoolperseel wees. Neem kennis dat twee verskillende kleure bandjies gebruik sal word om die onderskeie weke van konsert aan te dui. 2. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat) Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees. Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word. Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee. 3. Parkering Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak. Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak. 4. Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken. Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken...

Belangrike Datums

julie 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR JanArte Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

04aug18:0018:00Reddam Sings - Junior Koor (Constantia)

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

05sep09:0013:00SING. MOVE. PLAY. CONNECT

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

08sep08:0008:00Kaapse Afrikaanse Eisteddfod - Junior Koor