Beste Ouer/Voog

Ons bly deeglik bewus van wat ons skool so uniek en uitnemend maak, die ou storie!

  • ‘n Ontspanne en gelukkige omgewing
  • Klein klasse en uitstekende akademiese onderrig
  • En ‘n Wees Jouself manier van doen en wees

Ter selfde tyd het ons ‘n verskerpte fokus op vernuwing ten einde ons skool op alle fronte aan te hou uitbou as dié Kaapse laerskool. So is ons leuse onlangs verander na Wees Jouself (u is weg!), wesenlike infrastruktuurontwikkeling is onderweg en die buitemuurse aanbieding en -prestasievlakke geniet groot aandag.

As deel hiervan het die beheerraad vele gesprekke gehad oor die moderniseer van ons skooldrag. Ons het met kundiges ontmoet, plaaslike en internasionale tendense ondersoek en ‘n balans tussen tradisie, wees jouself, netheid, bekostigbaarheid, omgewingsvriendelikheid en minder verlore goedere gevind. Daar word ook ‘n onderskeid tussen die grondslagfase (informeel) en die intersenfase (effe meer formeel) getref.

Ons glo ons kinders en ouers gaan vele voordele ervaar en mag selfs soggens ‘n paar minute later kan slaap.

Ons sal voor die einde van die kwartaal die nuwe kleredrag raamwerk publiseer en in die 4de kwartaal ‘n modeparade reël waartydens ons ouers die nuwe kleredrag in lewende lywe kan sien. Wees gerus dat 2023 ‘n oorgangsjaar sal wees, dus sal die nuwe kleredrag eers verpligtend vanaf 2024 wees.

Met opwindende en vriendelike groete,

Naas Beets en Marinda Brink