Ons o.12 A-span neem vir oulaas aan die o.12 Paarl Gimnasium toernooi deel. Ons sou oorspronklik die B-span ook geneem het, maar met die samestelling van hulle program sou ons kinders saam met baie sterk spanne geplaas gewees het. Ons het ander voorstelle gemaak om die program aan te pas, maar dis nie goedgekeur nie. Ons het hulle dus onttrek. Ons voel dat dit nie vir hulle positiewe blootstelling sou wees nie en hulle eerder die seisoen op ‘n laagte punt sou afsluit.

SPANNE: o.12 A

PLEK: Hoërskool Paarl Gimnasium, Paarl

BUS VERTREK: 11:00

OPENING VAN TOERNOOI: 13:00

WEDSTRYDE BEGIN: 13:30

TERUG BY DIE SKOOL: ± 18:00

GOOGLE FORM

PROGRAM