Kategorie: Algemeen

/ Algemeen, Nuus

Die Kaap van Storms het beslis die naweek van 6 tot 7 April sy naam behoorlik gestand gedoen met sterk winde en stormweer wat genadeloos oor ‘n wye gebied verwoesting gesaai het. Dakplate van skole, huise en besighede is afgewaai, verskeie bome is ontwortel, glasvensters is deur die sterk winde uitgewaai, elektriese kabels is deur die sterk winde uitgeruk wat tot brande gelei het terwyl paaie en brûe weggespoel is. Dit het veroorsaak dat verskeie skole in die Wynland, Helderberg en Overberg vanaf 08 – 09 April gesluit was. Genade was groot vir Laerskool Jan van Riebeeck aangesien ons geboue en dakke geen skade opgedoen het nie. Slegs enkele bome by Huppelland se parkeerarea is omgewaai en moes ons baie takke en blare by beide die laerskool en Huppelland verwyder. Ons gebede gaan uit aan die gemeenskappe wat as gevolg van die stormweer baie skade opgedoen het.

Op Saterdag, 06 April, het ons aan die jaarlikse o.10-netbaltoernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem wat puik georganiseer is. Ons o.10A-span het baie goed gevaar. Hulle wen hul eerste wedstryd 10 – 1 teen LS Bellville-Noord, verloor ongelukkig 5 – 8 teen LS Welgemoed, maar wen die 3de wedstryd 15 – 0 teen LS Totius. Ons opposisie vir die 4de wedstryd het ongelukkig nie opgedaag nie. Baie dankie en geluk aan juff. Anika en Marlize asook ons o.10A-netbaldogters wat die dag as ware ambassadeurs opgetree het. Julle maak ons baie trots! Baie dankie ook aan die ouers asook oumas en oupas wat die dag kom ondersteun het.

Dan ‘n groot dankie aan al ons ouers/voogde wat gedurende 8 – 9 April die ouerafsparke by hul kind/ers se onderskeie onderwysers bygewoon het. Ons waardeer julle tyd en belangstelling in jul kind/ers se akademiese vordering. Ons skool poog altyd om saam met julle as ouers/voogde as ‘n span te werk en in die proses te verseker dat elke Jannie sy/haar potensiaal kan bereik. Hierdie kollektiewe ondersteuning aan ons leerders is deel van die spreekwoordelike wenformule, naamlik ouers/voogde + opvoeders = suksesvolle leerders! Leerders wie se ouers/voogde aktief in hul kind/ers se lewens betrokke is, is gelukkige kinders wat floreer tydens hul skoolloopbaan. Moet nooit jou teenwoordigheid as ‘n ouer/s by skoolfunksies, langs die sportveld of tydens kultuuroptredes onderskat nie. Navorsing toon dat ouerbetrokkenheid hul kind/ers se skoolbywoning, skoolprestasies, sosiale vaardighede en algemene gedrag verbeter. Ek is dus julle baie dankbaar en dit is ‘n riem onder die hart om julle so gereeld by die skool of langs die sportveld te sien.

Tydens Dinsdag, 09 April, se saalbyeenkoms is ons deur ‘n spesiale gas al die pad van Indië, naamlik mnr. Kumar besoek. Hy is ‘n kunsonderwyser by ‘n laerskool in New Delhi met meer as 3 000 leerders. Hulle akkommodeer tussen 90 –100 leerders per klas en dit plaas dinge weer in perspektief en is ons dus baie dankbaar vir die kleiner klasse by ons skool. Hy het ‘n demonstrasie oor Indiese papierkuns gelewer en ons leerders het aan sy lippe gehang. Hy gebruik gekleurde ‘tissue’ papier, rol dit op, gebruik dan ‘n doodgewone skêr en met ‘n eenvoudige knip hier en ‘n knip daar gebruik hy die papier as ‘n medium om verskeie 2D en 3D-voorwerpe te maak. Ons leerders was vas oortuig dit is towerkuns, maar dit was bloot ‘n demonstrasie van ‘n unieke vaardigheid waaroor hy beskik. Hy besoek ook ander openbare skole in die Wes-Kaap.

Baie geluk aan ons netbalspanne wat 10 van die 18 wedstryde op Woensdag, 10 April, tuis teen Curro Durbanville gewen het. Ons eerste netbalspan (o.13A) het kwartaal 2 met ‘n puik 14 -17 oorwinning in hulle nuwe wedstryddrag afgeskop. Dit was die derde ligawedstryd vir die jaar en ‘n titaniese stryd. Ons beste wense vergesel die wintersportspanne vir al die wedstryde wat die kwartaal voorlé.

Graag sluit ek af met die volgende stelling oor ouerbetrokkenheid deur Jane D. Hull en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“At the end of the day,
the most overwhelming
key to a child’s success
is the positive involvement of parents.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is.  Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan.

Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar.  Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie.

Sien uit om jou daar te sien!

Marinda Brink

/ Algemeen, Nuus

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die welverdiende ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor die Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral weens die paaie wat die tyd van die jaar buitengewoon besig is en dikwels tragies, as gevolg van motorongelukke, kosbare lewens eis.

Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met die wintersport buitemuurse program op ‘n warm Woensdagmiddag om vroegtydig voor te berei vir ‘n besige sportkwartaal wat voorlê. Verder was dit ook my voorreg om die kwartaal met ‘n saalbyeenkoms te kon begin. My saalboodskap het gehandel oor eerlikheid – een van ons kernwaardes – en waarom dit belangrik is om altyd die waarheid te vertel. Laat jul kind/ers julle gerus die legendariese verhaal van Casius Insectus, ‘n lewenheersbesie (ladybird), wat ek met hulle gedeel het, vertel. Min leerders het egter die Afrikaanse woord vir die pragtige besie geken. Baie geluk aan Marcus Sieberhagen (gr. 1) wat vir my tydens die saalbyeenkoms die korrekte Afrikaanse woord vir ‘n “ladybird” kon noem. Ek glo daar is baie volwassenes wat soos ek aanvanklik nie geweet het dat ‘n “ladybird” in Afrikaans ‘n lewenheersbesie is nie. Die lewensles uit die stories handel oor eerlikheid en betroubaarheid. Kinders hou van stories en my ervaring is dat kinders lewenslesse makliker deur middel van storievertelling leer. Ek glo dat stories ‘n mens se brein stimuleer, nie net om die woorde en die storie te hoor nie, maar dit ook te beleef. Storievertelling word wêreldwyd aangewend om individue op ‘n informele wyse te onderrig. Maak gerus van storieverteling gebruik om jou kind/ers belangrike lewenslesse te leer en in dieselfde proses hul mondelinge en geskrewe geletterdheid te verbeter. Spesifieke storievertellings kan kinders help om hul leefwêreld en omgewing beter te verstaan. Kinders kan aanklank vind by sekere gebeure in ‘n storie en veral hoe karakters wat probleme ondervind het, dit oorkom het. Gebruik gerus vir ouma en oupa om hiermee te help. Hulle ken baie stories propvol waardevolle lewenslesse.

Dis heerlik om te noem dat mnr. André Lourens nou voltyds Engels Eerste Addisionele Taal en Tegnologie onderrig en ook as een van ons gr. 7-registeronderwysers optree. Ons verwelkom op hierdie noot ook amptelik ons nuwe LO-onderwyser, mnr. Keenan Faro, wat vanaf 08 April 2024 by ons gaan aansluit. Ons wens vir hom alle voorspoed en sukses toe en mag hy baie vervulling by ons skool ervaar.

En dan is dit spesiaal om vir juf. Nicola (gr. 1) terug te verwelkom na haar kraamverlof. Ons is bly om te verneem dat dit baie goed met baba Alex en haar man, Jean, gaan.

Volgende week (week 2) is ‘n besondere besige week wat onder andere die volgende insluit:

  • Maandag, 08 April: Ouerafsprake
  • Dinsdag, 09 April: Ouerafsprake
  • Woensdag, 10 April: Interne Redenaars EN o.7 – o.13 Netbalwestryde tuis teen Curro Durbanville.
  • Donderdag, 11 April: Interne Redenaars
  • Vrydag, 12 April: o.13 Hokkiewedstryde (seuns & dogters) te Laerskool Van Riebeeckstrand EN Landloopwedloop te Zwaanswyk Akademie
  • Saterdag, 13 April: Netbaltoernooie (o.7 – o.13) te LS Tableview, Sunningdale en Kampsbaai EN o.7 – o.13 Rugby te LS Sunningdale.

Verder is ek baie opgewonde om die volgende rakende die bouprojekte by die skool met julle te deel:

  • Die opgradering van die ou biblioteek na ‘n nuwerwetse mediasentrum loop klopdisselboom. Daar word 24/7 alreeds vanaf 15 Maart aan die projek gewerk en ons glo dat dit teen einde van volgende week afgehandel sal wees. Die nuwe, moderne fasiliteit sal enige persoon inspireer tot kreatiwiteit asook om die moderne spasie daagliks te gebruik om te lees en te ontspan. Ons kan nie meer wag om die nuwe mediasentrum amptelik te open nie.
  • Kontrakteurs is ook laasweek aangewys om die leerontwikkelingsentrum asook die bou van die balletsaal by Huppelland te begin. Die amptelike bouplanne van die balletsaal is uiteindelik deur Stad Kaapstad goedgekeur en ons kan nie wag om die spreekwoordelike grond te breek nie. Hou gerus die spasie dop vir meer inligting. Groot dankie aan Stephen Hitchcock (ouer by Huppelland asook ‘n BR-Lid) vir sy leeue-aandeel in beide die twee projekte (balletsaal en leerontwikkelingsentrum).

Graag sluit ek af met die volgende stelling oor waardes deur Roy Disney en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek en ‘n voorspoedige kwartaal 2 toe:

“It is not hard to make decisions
when you know what your values are.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy opwagting gemaak met tien bedrywige weke agter die rug. Ek kyk trots terug na al die opwindende aktiwiteite wat gedurende die afgelope kwartaal plaasgevind het. Ek mag dalk arrogant met die volgende stelling oorkom, maar ek dink dat uitnemendheid in alles wat ons doen soos ‘n paal bo water begin uitstaan, en daarvoor is ek uiters dankbaar en trots. Hartlike dank aan ons wonderlike ouers en voogde wat ons week-in en week-uit die afgelope kwartaal so lojaal ondersteun het. Julle omgee, aktiewe betrokkenheid asook insiggewende insette by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses en vooruitgang.

Môre (Donderdag, 21 Maart) word Menseregtedag in Suid-Afrika gevier. Dit is hartseer dat so min mense hulle werklik aan die betekenis van die belangrike dag steur. Hierdie geskiedkundige dag was juis ingestel ter nagedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag teen die destydse paswette betoog. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag jaarliks gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat daar nooit weer so ‘n tragedie in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef.

Ons het op Donderdag, 14 Maart 2024, ons jaarlikse gholfdag te Milnerton Gholfklub aangebied. Hierdie unieke “links-tipe” gholfbaan is geleë tussen die Atlantiese Oseaan en die Rietvleirivier. Die gholfbaan is relatief plat met min bome en dit bied baie uitdagings vir die gemiddelde gholfer, veral as die Suidooster sy spreekwoordelik tande wys met die see en die strandmeer wat aan die meeste gate grens. Verder is daar sewe pragtige watergate wat wag om al die ‘skewe’ gholfballe op te eis. Die asemrowende uitsig vanaf die meeste bowwe oor Tafelbaai met die ikoniese Tafelberg, Duiwelspiek, Seinheuwel en Leeukop as agtergrond is skilderagtig en daarom bied dit werklik ‘n unieke gholfervaring! Baie dankie aan al ons ouers wat die gewilde dag ondersteun het asook vir die wat vir borgskappe pa gestaan het. Laat my toe om mnr. Rashard hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n puik gholfdag. Baie dankie aan Ria Hertzog wat mnr. Rashard met die reëlings bygestaan het. Baie geluk aan die volgende wenspan (almal ouers by ons skool) wat hul titel vir ‘n 2de agtereenvolgende jaar suksesvol verdedig het:

  • Oloff Sieberhagen (kaptein)
  • Louis Boshoff
  • Jake Rennie
  • Adriaan Theron

Indien jy hierdie wonderlike gholfervaring en samesyn vanjaar gemis het, maak gerus vroegtydig met mnr. Rashard kontak, want 2025 se gholfdag gaan nog groter wees.

Ons wil ook vir mnr. Pieter Rademeyer en sy span van Hoërskool Jan van Riebeeck hartlik bedank wat ons leerderraad vir ‘n leierskapontbyt en motiveringspraatjie op Vrydagoggend, 15 Maart, om 07:45 te Welgemeend genooi het. Die spesiale funksie is deur verskeie laerskole se leerderrade bygewoon.

Vandag ontvang elke leerder ook hul skoolrapport om erkenning te gee aan hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Dit was ‘n groot voorreg om elke rapport te kon teken met ‘n baie kort persoonlike boodskappie vir elke leerder. Graag wil ek vir al ons leerders en onderwysers spesiaal gelukwens en hartlik bedank vir die kollektiewe poging tot die suksesvolle akademiese-, kulturele- en sportprestasies tydens kwartaal 1. Vandag is ook die Top 10 akademiese presteerders (slegs gr. 7) vir kwartaal 1 aangewys. Baie geluk aan die volgende leerders wat elkeen ‘n spesiale sertifikaat ontvang vir hul harde werk en toewyding:

  • Delmar Benecke
  • Daniella Boshoff
  • Izzy du Plessis
  • Hila Hertzog
  • Jeanne Koen
  • Anna Louw
  • Michaan Naylor
  • Jessica Schincariol
  • Emma Snijders
  • Ané Swanepoel

Die laaste week en ‘n half van die kwartaal is tradisioneel altyd propvol opwindende aktiwiteite wat die onderstaande ingesluit het:

  • Somersokkie vir gr. 5 – 7-leerders op Woensdagaand, 13 Maart, in die skoolsaal.
  • Podiumpret Redenaars op Donderdag, 14 Maart.
  • Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 15 Maart.
  • Gr. 2- uitstappie na Spar (entrepreneurs-uitstappie)
  • Gr. 3-uitstappie op die Rooibus op 15 Maart.
  • Studiekursusse vir gr. 4 – 7-leerders se laaste sessie het op Saterdag, 16 Maart, by die skool plaasgevind. Baie dankie aan juff. Marietjie en Sharon vir die ongelooflike en waardevolle sessies.
  • Gr. 1 – 3-musiekkonserte het onderskeidelik op Maandag, 18 Maart, asook gr. 4 en 5-musiekkonserte op Dinsdag, 19 Maart, in die saal tydens skooltyd plaasgevind. Baie dankie aan al die ouers/voogde asook oumas en oupas wat die gewilde konserte kom ondersteun het. Dit is altyd kosbaar. Baie dankie aan juff. Rolene, Estelle, Helecia, Lara en mnre. Ben, Shaun en Paul vir hulle aandeel in dié verband. Graag wil ek ons nuwe Hoof van Musiek en Kultuur, naamlik juf. Rolene, hartlik bedank en komplimenteer met al die wonderlike inisiatiewe wat sy alreeds binne ‘n kort rukkie van stapel gestuur het om musiek en kultuur by ons skool te promoveer en uit te brei. Hou die spasie van musiek en kultuur dop. Daar gaan baie opwindende aktiwiteite vanjaar plaasvind!
  • Die Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘paashase’ het saam met hul skoolhoof ons skool op Maandag, 18 Maart, besoek en paaseiers aan ons leerders uitgedeel. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer en sy leerderraad vir die groot bederf. Die besoek het natuurlik baie opwinding onder die graad 1’s veroorsaak.
  • Gr. 6’e het op Maandag, 18 Maart, ‘n leierskapkursus bygewoon wat deur Lead4Life by ons klubhuis aangebied is.
  • ‘n Suksesvolle Markdag is op Dinsdag, 19 Maart 2024, gehou.
  • Welwillendheid Jannies-Karwasprojek is op Dinsdag, 19 Maart, tydens skooltyd aangebied waar leerders ons ouers en personeel se motors gewas het ten bate van liefdadigheid. Baie dankie juf. Marietjie wat in beheer van die projek gestaan het asook al die ouers wat gehelp het.
  • Ons gr. 7’s vertrek vanaf 21 – 26 Maart op hul jaarlikse Oranjeriviertoer. Baie dankie aan Wilhelm Hertzog wat aan die stuur van sake staan. Ons wens vir julle ‘n veilige reis toe en ons kan nie wag om al die stories te hoor en die foto’s te sien nie. Geniet dit en wees veilig!

Vandag is daar ook ‘n bietjie hartseer by die skool aangesien ons van mnr. Warren Stoman afskeid geneem het. Mnr. Warren het ‘n pos as ‘n operasionele bestuurder in die privaatsektor aanvaar en begin reeds 01 April 2024 in die pos. Ons wens hom alle sukses en voorspoed toe en mag hy sy nuwe loopbaanhoofstuk terdeë geniet. Ons gaan hom baie mis en wil hom hartlik bedank vir die harde werk en toewyding, maar ook veral die verskil wat hy in die leerders se lewens gemaak het. Gelukkig vir ons gaan hy nog steeds help met rugbyafrigting vir die res van die jaar. Baie geluk aan mnr. André Lourens wat dan mnr. Warren se gr. 7-pos oorneem. Dan wil ek graag ook mnr. Keenan Faro verwelkom wat vanaf 08 April die Liggaamlike Opvoedingspos sal behartig. Ons beste wense vergesel beide mnre. André en Keenan vir die nuwe rolle wat hulle gaan vertolk. Hartlike welkom mnr. Keenan by die Jan van Riebeeck-familie en mag jy soos die res van die personeel baie vervulling ervaar met jou aanstelling en werk by ons dinamiese skool.

Ons skool sal altyd strewe om op alle gebiede (akademie, kultuur en sport) te verbeter en daarom het ons 2024 afgeskop met aanpassings en nuwe inisiatiewe om ons dienslewering aan ons skoolgemeenskap te verbeter. Om te verbeter, beteken ‘dinge’ moet anders gedoen word en verandering is noodsaaklik as ons wil aanhou groei, maar ek besef ook dat veranderinge veral vir die personeel angstig kan maak. Dus wil ek graag afsluit deur spesiaal vir al ons personeel, die EXCO en die Beheerraad hartlik te bedank vir hul harde werk, toewyding en passie om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck nie vanaf 2024 stagneer het nie, maar eerder van krag-tot-krag gegroei het om in die proses ons leergierige leerders verder te bemagtig om die toekoms met selfvertroue aan te pak en hul volle potensiaal te bereik.

Ek sluit dan af met ‘n bekende aanhaling van William Arthur Ward oor dankbaarheid die afgelope kwartaal en mag julle die komende vakansie terdeë geniet, lekker rus en ek wens vir almal ‘n geseënde Paasfeestyd saam met familie en vriende toe. Wees veilig waar ook al julle mag gaan en mag almal se spreekwoordelike batterye behoorlik herlaai word om ’n besige kwartaal 2 aan te pak.

“Gratitude can transform
Common days into thanksgivings
Turn routine jobs into joy, and
Change ordinary opportunities
Into Blessings!”
Attracts more positive things in your life.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Maandag sal gewone skooltye geld.

Dinsdag, 19 Maart:

13:00 (gr. 1-3)
13:15 (gr. 4-7)

Woensdag, 20 Maart:

10:30 (gr. 1-3)
10:45 (gr. 4-7)

 

/ Algemeen, Nuus

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.

Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:

  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.

Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)

/ Algemeen, Nuus

Kwartaal 1 begin nou vinnig einde se kant toe staan met nog ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n akademiese week. Week 9 is soos die res van die kwartaal gekenmerk deur verskeie aktiwiteite wat plaasgevind het. Die week het op Maandag, 11 Maart 2024, met netbal-ligawedstryde weg teen Laerskool Fanie Theron in die Noordelike voorstede afgeskop. Ons netbalspanne het tydens die snikhete dag hulle puik van hul taak gekwyt deur 10 van die 12 wedstryde te wen. Ek wil nie ‘n spesifiejke span uitsonder nie, maar ‘n eerste span van ‘n skool gee maar altyd die sogenaamde pas aan en stel die standaard, dus baie geluk aan die o.13A’s en juf. Ischké met hul puik oorwinning van 32 – 3.

Sommige ouers mag dalk nie weet nie, maar ek was voorheen die skoolhoof van Laerskool Fanie Theron en dit was nogal op ‘n manier nostalgies en ironies om na meer as 3 jaar die skool weer te besoek om ons Jannies daar te gaan ondersteun. Ek was omtrent vriendelik deur hul leerders, personeel en ouers ontvang. Dit was ‘n baie spesiale ervaring, veral weens die feit dat hul leerders my nog steeds onthou het en my spontaan kom groet het om te hoor hoe dit gaan. Dit is weer aan my bevestig dat ek vir seker die beste beroep in die wêreld gekies het. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid het om op soveel jong leerders se lewens ‘n positiewe impak te hê, wat ‘n wonderlike voorreg!

Om skoolhoof te wees, is nie altyd maklik nie. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid, die verwagtinge is hoog en die skoolhoof speel onder andere ‘n kardinale rol in die etos wat by die skool gevestig word. Ek sien skoolhoofskap as ‘n absolute roeping en nie net ‘n beroep nie! Die werksbevrediging wat ek by Laerskool Jan van Riebeeck geniet, is kosbaar en ek sal dit vir ewig koester. Dalk het julle al gewonder hoe my dag as Skoolhoof lyk en waarmee ek myself besig hou. Sommer so bietjie tong-in-die-kies: volgens die leerders werk ek nie as ek nie agter my lessenaar sit nie. Vir seker vereis administrasie, kommunikasie en veral die onderwysdepartement baie van my tyd, maar dit is vir my baie belangrik om tyd vir leerders, ouers/voogde en personeel te maak. Ek glo dat uitnemende skoolhoofde alle besluite rondom sy/haar leerders neem m.a.w. besluite moet altyd geneem word in die beste belang van die leerder(s) en nie wat die beste vir die ouers/voogde of personeel is nie. Ouers/voogde het dikwels hiermee ‘n probleem, maar as skoolhoof moet ek en my bestuurspan (EXCO) alle faktore asook almal se belange in ag neem. Ek nooi julle weer uit dat indien ‘iets’ jou by die skool pla om vir my ‘n e-pos te stuur of kom drink by my ‘n lekker koppie koffie en dan gesels ons daaroor.

Daar was Woensdagmiddag, 13 Maart, groot opwinding by die skool met die aankoms van ‘n 95-ton hyskraan wat ‘n mobiele klaskamer agter die biblioteek vanaf die parkeerarea agter die skool oor ‘n afstand van 45 meter kom plaas het. Die presisie waarmee die klaskamer in posisie geplaas is, gaan my verstand ten bowe. Dit was ‘n wonderlike ervaring om die hyskraanoperateur met sy assistente in aksie te sien. Die doel van die mobiele klaskamer is om tydelik die sportkantoor te akkommodeer, aangesien die leerontwikkelingsentrumprojek (soos genoem in die nuusbrief van 19 Januarie 2024) binnekort gaan afskop. Die leerontwikkelingsentrum gaan gevestig word in die boonste gang oorkant die gr. 6- en gr. 4-klaskamers. Dus gaan juffrouens Marinda, Suzaan, die sportkantoor en die afrolkamer moet skuif. Hierdie opwindende projek gaan spasie voorsien vir leerders met akademiese-, emosionele- en sosiale uitdagings of enige ander leerder wat angstig voel, kan die veilige spasie onder toesig geniet. Laat my weer toe om Whitey en Annallise Basson asook Mari Kushner hartlik te bedank wat die projek befonds. Ons is julle baie dankbaar. Ek sal julle op hoogte hou sodra die projek amptelik afskop asook die logistieke reëlings wat daarmee gepaard gaan.

Vanmiddag om 14:00 skop nog ‘n opgraderingsprojek af. Ons huidige biblioteek word vanaf 15 Maart tot 05 April tot ‘n nuwerwetse media- en digitale sentrum opgradeer waar ons leerders ondere andere in ‘n moderne omgewing kan gaan navorsing doen, take voltooi en natuurlik gaan dit ‘n spasie bied wat ons leeskultuur verder uitbou en ons leerders inspireer om meer te lees. Ons is so opgewonde en kan nie wag vir die langverwagte verbetering nie. Laat my toe om Ton en Anet Vosloo hartlik te bedank vir hul ruim borgskap wat die opgradering moontlik maak.

Woensdagaand, 13 Maart, het die gewilde somersokkie vir ons gr. 5 – 7-leerders in die saal plaasgevind. Ons leerders was baie opgewonde en pragtig getooi vir die spesiale sosiale geleentheid. Die saal was stylvol deur juf. Mardry en die gr. 7-leerders opgemaak, saam met die beligting en musiek was dit vir seker die perfekte venue en sokkie. Baie dankie aan al die onderwysers wat toegesig gehou asook gehelp het met die braai om die aand die smaaklike boereworsrolle aan die leerders te voorsien.

Graag sluit ek dan af met die volgende aanhaling weer oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“With the right mindset,
we can’t lose,
we either practice what we’ve learned,
or we learn what we need to practice!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Markdag vind Dinsdag, 19 Maart, vanaf 12:00 tot 12:45 plaas. Dit is die grondslagfase se beurt om markdag aan te bied. Leerders word herinner dat hulle nie klappers of lewende hawe mag verkoop nie. Karri sal vanaf Vrydag tot Maandagmiddag om 14:00 oop wees om ‘n tafel te bespreek indien jou kind(ers) in graad 1-3 iets by die markdag wil verkoop.

/ Algemeen, Nuus

Dit is vir ons baie hartseer om aan te kondig dat mnr. Warren Stoman, na ‘n bietjie meer as 5 jaar, ons skool aan die einde van dié kwartaal verlaat. Hy gaan ‘n nuwe avontuur aanpak en verlaat ongelukkig vir nou die onderwys. Ons wens hom alle voorspoed toe en wil hom hartlik bedank vir die groot bydra wat hy in die tydperk tot die skool gemaak het asook vir die wonderlike rol wat hy in baie Jannies en personeel se lewens gespeel het. Ons wens vir mnr. Warren alle voorspoed toe en gaan hom baie mis.

Dit is dan vir ons baie aangenaam om aan te kondig dat mnr. André Lourens mnr. Stoman se graad 7-registerklas en vakke (Engels FAL en Tegnologie) gaan oorneem. Ons wens hom alle sterkte met sy nuwe rol toe en ons weet sommer dat hy ‘n groot sukses daarvan gaan maak!

Ons sien ook uit om vir Keenan Faro by ons te verwelkom. Hy is in mnr. Lourens se plek as LO-onderwyser aangestel.

/ Algemeen, Nuus

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool

‘n Pretdag vir oud en jonk!

  • Straatkos-kompetisie – kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip ‘n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • “Quad” speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea

Kaartjies is reeds op Karri beskikbaar! Betaal vooraf die volgende:

Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes:

  • R165.00 – Wagyu “smash” kaasburger met tjips
  • R150.00 – Panko gekrummelde hoenderburger en tjips
  • R150.00 – Falafel shawarma en tjips
  • R160.00 – Hoender shawarma en tjips

(Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.)

Teen Donderdag, 18 April:

  • R100.00 – Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg!
  • R230.00 – Kinder vermaak “combo” gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die “combo” van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg).
  • R80 – graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone

Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

SKRYF ‘N SPAN IN!

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en ‘n skakel na ‘n WhatsApp-groep om in te skryf.

Kaperjolle Wit Olifant-tafel:

/ Algemeen, Nuus

Ons gr. 7’s en 5’e het vanaf 28 Februarie – 01 Maart 2024 en die gr. 6’e vanaf 04 – 06 Maart die jaarlikse en gewilde skoolkampe bygewoon. Die gr. 5 – 7-leerders het die skoolkampe terdeë geniet en kon seker nie wag om al die interessante kampstories met julle as ouers/voogde en die ander gesinslede te deel nie. Natuurlik was hulle doodmoeg van die min slaap, die onbekende avontuur en al die opwinding. Tydens die kampe kon ons junior stadsjapies heerlik die natuur verken terwyl hulle in spanne moes saamwerk. Skoolkampe bou beslis karakter, verbeter kommunikasievaardighede, vereis deursettingsvermoë en ontwikkel leiereienskappe. Ons leerders het oorgenoeg te ete en te drinke ontvang, maar het verseker hul ouers/voogde se smaaklike en tuisgemaakte kos asook die gemak van hul ouerhuise gemis. Ek glo hulle waardeer en is ook sommer weer van vooraf dankbaar vir al die wonderlike voorregte wat hulle baie keer as vanselfsprekend aanvaar.

Die afgelope naweek het ons o.13A-rugbyspan aan die Hoërskool Hopefield Rugbydag op Saterdag, 02 Maart 2024, deelgeneem. Ons seuns het puik gevaar en wen beide wedstryde teen Jurie Hayes Primêr 20 – 5 asook 10 – 5 teen Hopefield Primêr. Wel gedaan, seuns en baie geluk aan ons afrigters, mnre. Erick en André, met die voorseisoenprestasies. Julle maak ons trots. Ons wens vir julle ‘n suksesvolle seisoen toe en mag dit vandag en môre goed tydens julle deelaname aan die Bulfees te Porterville gaan. Ons mini-krieketspanne (o.8 & o.9) het op Saterdag, 02 Maart, aan ‘n toernooi te Laerskool Tableview deelgeneem. Die o.8’s het vyf van die 6 wedstryde gewen en die o.9’s het 4 van die 6 wedstryde gewen. Wel gedaan aan ons spelers asook juffrouens Helene en Naomi.

Na afloop van die WP-Atletiekkampioenskappe wat op 28 Februarie 2024 tydens ‘n snikhete dag te Dal Josafat (Paarl) plaasgevind het, is dit net Delmar Benecke van ons 9 leerders wat deelgeneem het om WP-kleure tydens die byeenkoms te verwerf. Ons wens vir Delmar sterkte toe wat môre, 09 Maart, aan die Wes-Kaap Atletiekkampioenskappe te Dal Josafat deelneem. Tydens die byeenkoms neem atlete vanaf WP, Boland en Suid-Kaap deel om vir die nasionale kampioenskappe te kwalifiseer. Ons hou vir Delmar styf duimvas dat hy vir sy gunsteling 800m baanitem suksesvol sal wees en dus sy Wes-Kaap Kleure vir atletiek verwerf!

Verlede Vrydag het ons jaarlikse Junior Swemgala plaasgevind en ons grondslagfase-swemmers was spreekwoordelik soos visse in die water terwyl hulle luidkeels deur hul ouers/voogde, grootouers en maats aangemoedig is. Die junior swemgala bly maar altyd vir my ‘n hoogtepunt, veral omdat die gr. 1-leerders vir die eerste keer ‘n geleentheid kry om aan ‘n formele skoolswemgala deel te neem. Hierdie week het die wintersportbuitemuurse program ook afgeskop wat die eerste netbal-ligawedstryde op Woensdag, 06 Maart, tuis teen Parow-Oos ingesluit het. Die fiksheidsvlakke van beide skole se netbaldogters is beslis met die aanvang van die seisoen beproef. Ons spanne het puik gevaar en laat my toe om ons eerste netbalspan asook hul afrigter, juf. Ischké, hartlik geluk te wens met hul puik oorwinning van 13 – 11 in ‘n titaniese stryd. Baie dankie aan aan al die netbaljuffrouens en –afrigters, my beste wense vergesel julle vir die komende seisoen.

Dit is dan presies ‘n jaar gelede dat ons amptelik vanaf die Google Workspace na Microsoft Education emigreer het met die fokus op MS Teams om ons leer en onderrig verder te komplimenteer. Ek glo en verstaan dat die spesifieke verandering nie noodwendig deur almal in ons skoolgemeenskap omhels is nie, maar dit is werklik ‘n riem onder die hart om die omvang van vordering te sien wat in ‘n relatiewe kort tydperk vermag is. Ek is baie trots op ons opvoeders wat ‘n kwartaal weg is van ‘n volledige nuwe kurrikulum vir grade 4 – 7. Laat my toe om hulle hartlik te bedank vir die harde werk en toewyding om kwalitieit digitale leermateriaal te ontwikkel. Die leermateriaal is ‘lewendig’ m.a.w. dit is hedendaags en kan maklik aangepas word soos die wêreld verander en ontwikkel sodat ons, ons leerders kan voorberei vir ‘n wêreld waar die pas van verandering voortdurend toeneem. Ons poog verder om die vervlegting van leer (blended learning) met tradisionele onderrigmetodes in die klas toe te pas. Tegnologie maak beslis vernuwende onderwys meer haalbaar, onder andere weens die feit dat ons leerders tans grootword binne die paradigma van tegnologie. Ons visie is dat tegnologie ‘n kragtige instrument is om interaktiewe leer in die klas moontlik te maak asook leerervarings buite die mure van die klaskamer te skep. Vir seker is ons nog nie waar ons presies wil wees met die kurrikulumontwikkeling en aanwending van tegnologie in die klaskamer nie, maar ek is voorwaar trots op die ongelooflike vordering wat ons gemaak het om die leerervaring vir ons leerders te verbeter en opwindend te maak.

Laat my ook toe om die volgende ouers geluk te wens wat deel van die nuwe Beheerraad vir die ampstermyn 2024 – 2027 uitmaak:

  • Merwe Scholtz
  • Marié Cruywagen
  • Susan van der walt
  • Stephen Hitchcock
  • Hugo van den Heever

Soos ek die afgelope week met julle via ons WhatsApp Communities gedeel het, is daar slegs vyf vakatures vir ons ouers om op die Beheerraad te dien en daar was slegs vyf benoemings teen die sperdatum van 04 Maart 2024 om 13:00 vir die Beheerraadsverkiesing Dit beteken dat ons nie hoef voort te gaan met die formele verkiesing op 18 Maart nie. Die personeelverkiesing tot die Beheerraad het op Dinsdag, 05 Maart, plaasgevind en graag wens ek die volgende personeellede geluk met hul insluiting:

  • Marinda Brink (verteenwoordig opvoeders)
  • Andri de Villiers (verteenwoordig opvoeders)
  • Hannes Muller (verteenwoordig die nie-opvoeders)

Ek dien ex officio as Skoolhoof op die Beheerraad en sien baie uit om saam met die nuwe Beheerraad ons trotse skool na nog hoër hoogtes te lei.

Graag sluit ek af en fokus ek nog steeds op groei-ingesteldheid met ‘n bekende aanhaling deur deur Jamie Paolonetti en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“Limitations only lives in our minds’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

/ Algemeen, Nuus

Jou kind het ‘n fout gemaak of iets verkeerd gedoen. Wat is vir hulle dié ergste? Om dit te erken en bereid te wees om die gevolge te dra. Ongeag jou pogings om die waarde van eerlikheid by jou kind te vestig, mag hy/sy enige iets doen om nié verantwoordelikheid te aanvaar nie. Hoekom nie? Hier volg moontlike redes waaraan ons as volwassenes nie altyd aan dink nie:

  • Vrees vir kritiek/verwerping: Jou kind mag bang wees om jou/die onderwyser/vriende teleur te stel. Deur nié verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie, hoop hulle om die negatiewe gevolge te ontduik wat mag volg.
  • Hoe wil ek hê moet ander my sien? Kinders, net soos volwassenes, wil gesien word as goed, bekwaam en eerlik. Daarom “beskerm” hulle hierdie beeld deur die blaam op iemand te verskuif of te ontken hulle is skuldig. Hulle glo hulle gaan dan nie gekonfronteer word of iemand nie teleurstel nie.
  • Om die gevolge te vermy: Deur die blaam op ander te plaas, hoop die kind hy/sy gaan die gevolge vryspring wat hy/sy weet gaan volg en waarvoor hy/sy nie kans sien nie.
  • Gebrek aan emosionele regulering: Soms is die emosies wat mag volg – skaamte, skuldgevoelens/ verleentheid – vir die kind nét te veel om te hanteer. Om die blaam te verskuif, gebruik hulle hierdie verdedigingsmeganisme om nié hierdie uitdagende emosies in die oë te kyk nie.

So, wat kan ons as ouers doen sodat ons kinders gemakliker kan sê: “Ek is jammer?”

  • “Normaliseer” foute: Vir jou kind om eerlik met jou te wees en te aanvaar hulle het ‘n fout gemaak, moet hulle glo om foute te maak, is aanvaarbaar. Gesels met jou kind en wees eerlik oor die foute wat jý gereeld maak en hoe jý daarop reageer.
  • “Stop. Begin weer”: Wanneer jou kind reageer met verskonings, ontkennings en argumente, probeer dalk hierdie eenvoudige tegniek: “Stop. Kom ons begin van vooraf.” Help hulle om te besef dat al wat hulle hoef te doen, is om verskoning te vra, dit agter hulle te sit en aan te gaan. Dit sal die gewoonte kweek om te aanvaar iets kán skeefloop, maar jy het altyd weer ‘n kans om dit nie weer te doen nie.
  • Soek saam met hulle na beter opsies: ‘n Kind wat kan aanvaar hy/sy mag foute maak, het gewoonlik ouers wat openlik hieroor kan praat en saam met hulle kinders kyk na ander maniere om die probleem op te los. Probeer:“ Ek verstaan hoekom jy dit gedoen het, maar wat dink jy kan jy volgende keer anders doen?
  • “Back off a little”: Soms is dit net nodig om terug te staan sodat jou kind uit sy/haar foute leer. Dit is dikwels die enigste manier hoe jou kind kan leer om ander opsies te oorweeg.

Marike Badenhorst

Belangrike Datums

april 2026

11apr00:0023:59Netbal: o.10A Durbanville

11apr00:0023:59Kapperjolle

12apr16:0019:00Boston Koorfees - Senior Koor (Hugo Lambrechts Musieksentrum)

13apr00:0023:59GEEN Sport

13apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

13apr13:3017:30Ouerbesoeke

14apr(apr 14)00:0013(apr 13)23:59Marecia van Zyl (onderwyser) verjaar

14apr00:0023:59GEEN Sport

14apr13:0013:00Skool Sluit om 13:00

14apr13:3017:30Ouerbesoeke

15apr00:0023:59Belgiese studente besoek gr. 4-7

15aprHeeldag16ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr(apr 16)00:0015(apr 15)23:59ATKV Redenaars (by Hs JvR)

16apr00:0023:59Jannies vir Jesus

17apr00:0023:59Hokkie: Curro Durbanville (TUIS) - Almal

17apr00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

17apr00:0023:59Finkom Vergadering

17apr00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

18apr(apr 18)00:0017(apr 17)23:59Mardry Wright (Onderwyser) verjaar

18apr00:0023:59Netbal: Curro Durbanville (TUIS)

18apr00:0023:59Rugby: Curro Durbanville (TUIS)

20apr(apr 20)00:0019(apr 19)23:59Rolene van Zyl (kultuurhoof) verjaar

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Hs JvR - Eeufees Revue

20apr(apr 20)00:0023(apr 23)23:59Dekades: Die Laurika Rauch-storie (Hs JvR)

21apr(apr 21)00:0020(apr 20)23:59Marietjie de Kock (leerontwikkeling) verjaar

21apr(apr 21)18:0020(apr 20)18:00Senior Koor optrede by Fairmont High School

22apr00:0023:59Rugby: Goodwood (WEG)

23apr00:0023:59Jannies vir Jesus

24apr00:0023:59Sivvies

24apr00:0023:59TOETS: Wiskunde

27apr00:0023:59Vryheidsdag (Vakansiedag)

28apr08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

29apr00:0023:59Rugby: Edgemead (TUIS)

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

Wys Meer

mei 2026

30apr00:0023:59GEEN BUITEMUURS

30apr00:0023:59Esmarie du Plessis (Onderwyser) Verjaar

01mei00:0023:59Werkersdag (Vakansiedag)

03mei00:0023:59Ursula (Nasorg) Verjaar

04mei(mei 4)00:0006(mei 6)23:59Taberna Boekverkope

07mei00:0023:59Koorfees Hs JvR

07mei00:0023:59TOETS: NWT/NW

07mei00:0023:59Jannies vir Jesus

08mei00:0023:59Hokkie: Edgemead (TUIS) - Almal

08mei18:0018:00Hs JvR - Eeufees Dinee en Veiling

09mei00:0023:59Netbal: Edgemead (TUIS)

09mei00:0023:59Rugby: Noord-Eind (TUIS)

09mei00:0023:59HS JvR Reünie-naweek

12mei08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

14mei00:0023:59Jannies vir Jesus

15mei00:0023:59Hokkie: Mikro (TUIS) - almal

15mei00:0023:59TOETS: SW

15mei00:0023:59Finkom Vergadering

16mei00:0023:59Netbal: Mikro (TUIS)

16mei00:0023:59Rugby: Mikro (TUIS)

18mei00:0023:59Boek Buddies (Gr.R-3)

20mei00:0023:59Rugby: Milnerton

22mei00:0023:59Netbal: Fair Cape Durbanville (o.8)

22mei00:0023:59Netbal: 0.10 - 0.13 B-D Spanne Netbaltoernooi (TUIS)

22mei00:0023:59Netbal: Sun Valley (o.9)

22mei00:0023:59Assessering (tentatief)

23mei(mei 23)00:0024(mei 24)23:59Dapper Stappers: Strandveld Oornagstap

25mei00:0023:59Beheerraad Vergadering

26mei08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert

28mei00:0023:59Sport Eindig

28mei00:0023:59Interne Robotika Kompetisie

29mei00:0023:59Hokkie: Sunningdale (WEG) - Almal

29mei00:0023:59Sivvies

29mei08:0008:00SUMMIT

30mei00:0023:59Netbal: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei00:0023:59Rugby: Sunningdale (WEG) - Almal

30mei08:0008:00SUMMIT

31mei08:0008:00SUMMIT

Wys Meer

junie 2026

02jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

05jun00:0023:59Hokkie: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

05jun00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

06jun00:0023:59Netbal: Mini-toernooi by Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Rugby: Mini-toernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

06jun00:0023:59Veiling

08jun00:0023:59Interne sport begin

09jun08:0008:30Koffie-en-Beskuit Konsert (Slegs GF)

15jun00:0023:59Skoolvakansiedag

16jun00:0023:59Jeugdag

17jun00:0023:59Eksamen Eindig

17jun00:0023:59Hoofleiers Verkiesing

18jun00:0023:59Musiekkonsert ISF

19jun00:0023:59Finkom vergadering

19jun00:0023:59Hoofleiers aanwys

19jun00:0023:59Musiekkonsert GF

19jun00:0023:59Toer oorhandiging

22jun00:0023:59Sporttoer Vertrek

22jun00:0023:59Kultuur/Musiek: Muso Maestro

22jun(jun 22)00:0025(jun 25)23:59Hokkie & Rugby Vaardigheidsklinieke

22jun(jun 22)00:0026(jun 26)23:59Sporttoer

25jun00:0023:59Markdag

25jun00:0023:59Sivvies

25jun11:0011:00Pearson Hoërskool Jazz Band

26jun00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

26jun00:0023:59Sivvies

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

Wys Meer

julie 2026

27jun(jun 27)00:0019jul(jul 19)23:59Skoolvakansie

13jul00:0023:59Rugby: Kliniek

14jul00:0023:59Rugby: Kliniek

16jul00:0023:59Rugby: Kliniek

21jul00:0023:59Skole heropen

21jul00:0023:59Sport en Kultuur Begin

21jul00:0023:59Sun City Tennistoer

22jul00:0023:59Lead4life (Gr.6)

23jul00:0023:59Lead4life (Gr.4)

24jul00:0023:59Hokkie: Vishoek

24jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.5&7)

24jul00:0023:59Lead4life (Gr.5)

24jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.4&6)

25jul00:0023:59Netbal: Vishoek

25jul00:0023:59Rugby: Vishoek

27jul(jul 27)00:0026(jul 26)23:59Gr.3 - Interne Robotika Kompetisie

27jul00:0023:59GEEN SPORT

27jul13:0013:00Skool sluit 13:00

27jul13:3017:30Ouerbesoeke

28jul00:0023:59GEEN SPORT

28jul00:0023:59Finkom Vergadering

28jul13:0013:00Skool sluit 13:00

29jul(jul 29)00:0028(jul 28)23:59Gr.1 & 2 - Interne Robotika Kompetisie

29jul00:0023:59Netbal: Tableview (TUIS) - Almal

29jul00:0023:59Rugby: Fanie Theron (WEG) - Almal

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

Wys Meer

augustus 2026

31jul00:0023:59o.9 Hokkietoernooi

31jul00:0023:59Quiz-aand: Bring & Raai

31jul00:0023:59TOETS: Afrikaans (Gr.5&7)

31jul00:0023:59TOETS: Engels (Gr.4&6)

31jul00:0023:59Sivvies

01aug00:0023:59Netbal & Rugbytoernooi (o.7-o.9)

02aug(aug 2)16:0004(aug 4)17:00EXCO-Strat

03aug(aug 3)00:0008(aug 8)23:59Hs JvR Kunstefees

03aug18:0018:00Hs JvR - Tafelbergkoorfees

04aug00:0023:59Rugby: o.9 & o.13 Bishops (WEG)

05aug00:0023:59Netbal & Rugby: Kenridge (TUIS)

05aug00:0023:59Rugby: o.11 Bishops (WEG)

07aug00:0023:59TOETS: Wiskunde

07aug00:0023:59World Robot Olympiad Kompetisie (Kodering en Robotika)

09aug00:0023:59Nasionale Vrouedag

10aug00:0023:59Vakansiedag

14aug00:0023:59Skool verdaag vroeër

14aug00:0023:59Interskole

14aug00:0023:59TOETS: NWT/ NW

15aug00:0023:59Netbal: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

15aug00:0023:59Rugby: Dirkie Uys (TUIS) - Almal

18aug00:0023:59Hokkie: Durbanvilletoernooi (o.9 Seuns & Dogters)

19aug00:0023:59Rugby: De Tyger

19aug(aug 19)00:0020(aug 20)23:59Boekverkope: Exclusive Books

21aug00:0023:59Netbaltoernooi (o.7-o.9): Tableview

21aug00:0023:59WOW-Spelfees

21aug00:0023:59Assessering: SW

22aug00:0023:59Netbal (o.10 & o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Rugby (o.11): Brackenfell

22aug00:0023:59Wiskundekamp (Gr.6&7)

22aug00:0023:59WOW-Spelfees

24aug00:0023:59Beheerraad-vergadering

27aug00:0023:59Wintersport Eindig

28aug00:0023:59Hokkie: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

28aug00:0023:59Finkom Vergadering

28aug00:0023:59Sivvies

28aug00:0023:59Assessering: SW

29aug00:0023:59Netbal: Interskole vs Welgemoed (TUIS) - Almal

29aug00:0023:59Rugby & Netbal: Welgemoed

31aug00:0023:59GEEN SPORT

Wys Meer

september 2026

31aug00:0023:59GEEN SPORT

01sep00:0023:59GEEN SPORT

02sep19:0020:00Laerskool JvR Kore en Tjeggiese Kinderkoor (Ls JvR)

03sep00:0023:59Jannies vir Jesus

03sep00:0023:59Wintersporttoer o.13B

04sep00:0023:59TOETS: EBW (Gr.7)

07sep00:0023:59Somersport Begin

08sep00:0023:59Dolinda (Nasorg) Verjaar

10sep00:0023:59Somersport Eindig Tydelik

10sep00:0023:59Jannies vir Jesus

11sep00:0023:59Finkom: Finale Goedkeuring

14sep18:0020:00Konsert Kleedrepetisie

15sep00:0023:59Konsert: Optrede 1

17sep00:0023:59Konsert: Optrede 2

18sep00:0023:59Krieket: o.13A Toernooi by Aristea

21sep00:0023:59Konsert: Optrede 3

21sep16:0018:00Beheerraad-vergadering (Goedkeuring)

22sep00:0023:59Markdag

22sep00:0023:59Sivvies

22sep00:0023:59Konsert: Optrede 4

23sep00:0023:59Sivvies

23sep00:0023:59Skole sluit (skoolvakansie)

24sep00:0023:59Erfenisdag

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

Wys Meer

oktober 2026

25sep(sep 25)00:0005okt(okt 5)23:59Skoolvakansie

30sep00:0023:59Monica Robertson (Klasassistent) Verjaar

06okt00:0023:59Skole heropen

08okt00:0023:59Jannies vir Jesus

09okt00:0023:59Lead4life (Gr.6)

10okt08:0012:00Hs JvR - Gr.7 Inligtingsdag

14okt15:0017:00Graad 6-middag (Hs JvR)

16okt00:0023:59Finkom Vergadering

17okt00:0023:59Krieket: o.13A Brackenfell (6 aan 'n kant)

17okt00:0023:59Tennis: o.13A Brackenfell (Seuns & Dogters)

17okt00:0023:59Hs JvR - Pleziermarkt

20okt00:0023:59Atletiek: De Kuilen (o.10 - o.13)

20okt00:0023:59Atletiek: Van Riebeeckstrand (o.7 - o.9)

21okt18:3018:30Hs JvR - 100 Feeskonsert (in Stadsaal)

22okt18:0019:00Kultuurkonsert ISF

23okt00:0023:59Skaak: Panorama

23okt08:0008:30Kultuurkonsert GF

26okt00:0023:59Beheerraad-vergadering

30okt00:0023:59Sivvies

31okt00:0023:59Pleziermarkt

Wys Meer

november 2026

31okt00:0023:59Pleziermarkt

02nov00:0023:59Begrotingsvergadering: Ouers

05nov18:0019:30Opedag: Gr.1 (SLEGS OUERS)

06nov00:0023:59Somersport Eindig

07nov00:0023:59Krieket: Mini-Kriekettoernooi by Curro Hermanus (o.7 - o.9)

09nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.7)

10nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.4)

12nov00:0023:59Eksamen Begin (Gr.4-6)

12nov00:0023:59Inligtingsaand (Gr.7)

13nov00:0023:59Krieket: Mini-kriekettoernooi by Durbanville (o.7 - o.9)

14nov08:0008:30Sue Ballet

16nov00:0023:59Interne Sport Begin

20nov00:0023:59Huppelland Gr.R-konsert

20nov00:0023:59Eksamen Eindig

20nov00:0023:59Krieket: Durbanville Krieket Klub (o.8 & o.9)

21nov00:0023:59Ouersport- en Pretdag

23nov18:0018:00Beheerraad-vergadering

24nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.1-3

26nov00:0023:59Kerskonsert

26nov00:0023:59Jan Kas Sluit

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

Wys Meer

desember 2026

30nov00:0023:59Prysuitdeling: Gr.4-6

02des00:0023:59Atletiek

03des00:0023:59Prysuitdeling: Gr.6-7

04des00:0023:59Atletiek

07des00:0023:59Gr.7-Sokkie

08des00:0023:59Sivvies

08des00:0023:59Gr.7-Afskeid

09des00:0023:59Skole sluit (Leerders)

09des00:0023:59Sivvies

11des00:0023:59Skole sluit (Personeel)

16des00:0023:59Versoeningsdag

25des00:0023:59Kersfees

26des00:0023:59Welwillendheidsdag

Wys Meer

maart 2027

03mrt00:0023:59Eliam Kaunda (Terrein) verjaar

26mrt12:0012:00Sue-Ann Bouw (Adminassistent) verjaar

Wys Meer