Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool

‘n Pretdag vir oud en jonk!

  • Straatkos-kompetisie – kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip ‘n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • “Quad” speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea

Kaartjies is reeds op Karri beskikbaar! Betaal vooraf die volgende:

Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes:

  • R165.00 – Wagyu “smash” kaasburger met tjips
  • R150.00 – Panko gekrummelde hoenderburger en tjips
  • R150.00 – Falafel shawarma en tjips
  • R160.00 – Hoender shawarma en tjips

(Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.)

Teen Donderdag, 18 April:

  • R100.00 – Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg!
  • R230.00 – Kinder vermaak “combo” gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die “combo” van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg).
  • R80 – graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone

Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

SKRYF ‘N SPAN IN!

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en ‘n skakel na ‘n WhatsApp-groep om in te skryf.

Kaperjolle Wit Olifant-tafel: