Dit is vir ons baie hartseer om aan te kondig dat mnr. Warren Stoman, na ‘n bietjie meer as 5 jaar, ons skool aan die einde van dié kwartaal verlaat. Hy gaan ‘n nuwe avontuur aanpak en verlaat ongelukkig vir nou die onderwys. Ons wens hom alle voorspoed toe en wil hom hartlik bedank vir die groot bydra wat hy in die tydperk tot die skool gemaak het asook vir die wonderlike rol wat hy in baie Jannies en personeel se lewens gespeel het. Ons wens vir mnr. Warren alle voorspoed toe en gaan hom baie mis.

Dit is dan vir ons baie aangenaam om aan te kondig dat mnr. André Lourens mnr. Stoman se graad 7-registerklas en vakke (Engels FAL en Tegnologie) gaan oorneem. Ons wens hom alle sterkte met sy nuwe rol toe en ons weet sommer dat hy ‘n groot sukses daarvan gaan maak!

Ons sien ook uit om vir Keenan Faro by ons te verwelkom. Hy is in mnr. Lourens se plek as LO-onderwyser aangestel.