Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.
Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
- Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
- Kies die graad waarin jou kind is.
- Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is.
- Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April.
- Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
- Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
- Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
- Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
- Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
- Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)