Skrywer: Suzaan Burger

Kuns en Kersliggies

Die Stad Kaapstad het onlangs ‘n kunskompetisie geloods om saam te val met die feesvieringe rondom die aanskakeling van die Kersliggies. ‘n Paar van ons leerders het deelgeneem en vier van hulle se werk is gekies as deel van die top 12. Die leerders is Adriaan Wessels, Lara Basson, Lia Luna Li Lätti en Simon van Dyk. Ons is baie trots op hulle aangesien daar meer as 500 werke onvang is van skole soos Rondebosch Prep, Rustenburg Primary en St. Cyprians. Die werk word uitgestal in die Burgersentrum tot 11 Januarie 2018. Daar is ook nog ‘n paar van ons leerders se werke te sien by die uitstalling. Onder is ‘n foto van die leerders saam met J.P. Smith wat die opening van die uitstalling behartig...

Lees Verder

OOV Atletiek bedankings

‘n Baie groot dankie aan al die ouers en helpers wat gesorg het dat die verkope tydens die atletiek verlede week so ‘n sukses was. Ons het meer as R20 000 wins gemaak! Teken solank 23 Januarie in julle dagboeke aan vir ‘n sosiale funksie vir ouers na die Bekendstellingsvergadering. Daar gaan ‘n “food truck” met heerlike dinge om aan te smul,wees en ons sien uit om heerlik saam te...

Lees Verder

BAIE BELANGRIK: BEURTKRAG

As gevolg van vanaand se beurtkrag ( 18:00-20:30 ), begin vanaand se verrigtinge ‘n uur vroeër om nog ‘n bietjie van die daglig te gebruik. Gr.6 & 7 leerders en eregaste, moet 17:30 by die skool wees en die verrigtinge begin stiptelik om...

Lees Verder

Nuusbrief van 30 November 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar Saterdag, 1 Desember 2018 Tweekamp Liga 4 Saterdag, 1 Desember 2018 Tennis: Ouer & Kind-dubbelstoernooi Sondag, 2 Desember 2018 Drieankerbaai Kerssangdiens Maandag, 3 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Baanitems Dinsdag, 4 Desember 2018 Gr.4-5: Prysuitdeling SKOOLSAAL OM 19:00 Woensdag, 5 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Velditems SLEGS GR.3-7 Donderdag, 6 Desember 2018 Gr.6-7: Prysuitdeling SKOOLSAAL OM 19:00 Maandag, 10 Desember 2018 Veronica Sheperd (Nasorg) verjaar Maandag, 10 Desember 2018 Dramakonsert Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 – Afskeid Woensdag, 12 Desember 2018 Skool sluit vir die leerders >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Prysuitdelings: Baie dankie aan alle ouers en familie wat ons graad 1 tot 3 prysuitdelings bygewoon het. Ons hoop dat ons ook ‘n goeie bywoning sal kry met die graad 4 tot 7 prysuitdeling, want dit is baie belangrik vir die leerders dat daar minstens een van hul ouers of voogde teenwoordig sal wees. Gr. 4 – 7 prysuitdeling: Die prysuitdelingsgeleenthede vind onderskeidelik op Dinsdag 4 Desember, vir graad 4 + 5 leerders en Donderdag 6 Desember, vir graad 6 + 7 leerders plaas. Albei geleenthede sal stiptelik om 19:00 begin. Leerders moet om 18:30 by hulle registerklasse met ons skool se korrekte somerdrag aanmeld van waar hulle as ‘n klas saam na die saal sal stap....

Lees Verder

Atletiek: Diensbeurte van ouers

Daar gaan heerlike dinge te koop wees by albei atletiekdae. Dit sluit heerlike koffie, vars gemaakte geroosterde broodjies, boereworsrolle, donuts, roomys en ‘n snoepie in. Ons kort nog hulp met die verkoop van hierdie drink- en eetgoed en sal dit waardeer as julle ‘n tydjie kan afknyp en ‘n diensbeurt vul. Volg asb. die skakel om jou naam in te vul:...

Lees Verder

Dansers presteer

Dansers van die Barbara Schreuder Dansskool het Vrydag, 16 Nov. 2018, by Kunstekaap (Artscape) aan die Performance Awards van die American Acadamy of Ballet Inc. (New York) deelgeneem. Hulle het almal pragtig gedans! Jenna Scott (JVR Hoër), Arwen Weich en Jana Brink het goud ontvang vir uitsonderlike ballet optredes. Sondag in die finale kompetisie, is Jana Brink as die algehele wenner van Level 4(10j) aangewys (daar was 4Levels) en sy het as prys ook ‘n borgskap van die American Academy of Ballet in New York ontvang, om volgende jaar die Summer School daar by te woon!! Baie geluk aan ons Jannies dansers, ons is trots op...

Lees Verder

Nuusbrief van 23 November 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Skool sluit elke dag om 13:00 vir Gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 . Bus vertrek 13:20. Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 Prysuitdelingsfunksie Donderdag, 29 November 2018 Eksamen eindig Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar Vrydag, 30 November 2018 Sivvies Saterdag, 1 Desember 2018 Tweekamp Liga 4 DURBANVILLE Saterdag, 1 Desember 2018 Tennis: Ouer & Kind-dubbelstoernooi Sondag, 2 Desember 2018 Drieankerbaai Kerssangdiens Maandag, 3 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Baanitems GR. R-7 Dinsdag, 4 Desember 2018 Gr.4-5 Prysuitdeling om 19:00 SKOOLSAAL Woensdag, 5 Desember 2018 ATLETIEK: Kleuresport Velditems,slegs gr.3-7 leerders Donderdag, 6 Desember 2018 Gr. 6-7 Prysuitdeling om 19:00 SKOOLSAAL Vrydag, 7 Desember 2018 Spesiale saalbyeenkoms later in die dag Maandag, 10 Desember 2018 Dramakonsert SKOOLSAAL Maandag, 10 Desember 2018 Veronica Sheperd (Nasorg) verjaar Dinsdag, 11 Desember 2018 Gr.7 Afskeid Woensdag, 12 Desember 2018 Skool sluit vir die leerders om 10:30 Vrydag, 14 Desember 2018 Skool sluit vir die onderwysers >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Skool- en sportdrag Ouers moet asseblief op ons skool se webtuiste kyk wat ons korrekte skool- en sportdrag is. ‘n Hele paar van ons leerders dra nie die korrekte drag nie en dit lyk nie goed nie. Ons het ook ‘n duidelike Kleredragbeleid. Skooltasse Ons wil sterk aanbeveel dat indien u vir u kind/ers ‘n nuwe tas moet koop,...

Lees Verder

Trotse Jannie van die week

Naam en van: Mira Botha Graad: 5vdB Waar bly jy?: Table View Gunsteling vak: Aardrykskunde is vir my lekker, want ek geniet dit om van die omgewing te leer Ek is ‘n trotse Jannie, want my skoolwerk is altyd netjies en dit help my om trots te wees op dit wat ek...

Lees Verder

Liewe Aarde nuus, 23 November

Mieke Nel in Gr 2 is Jannie van die week. Baie geluk! Geniet die R100 Col’Cacchios geskenkbewys. Die Stad Kaapstad genereer elke dag 700 ton afval. (Een ton afval is soveel as wat in ’n 2 x 3m kamer in jou huis kan pas). Liewe Aarde wil alle JvR gesinne uitdaag om hierdie Feestyd te probeer om jul rommel/afval te verminder. ‘n ‘Zero waste’ lewenstyl is moontlik. Google dit gerus. Kyk hoe Bea Johnson, ’n Franse vrou wat tans in Kalifornie woon, wys hoe haar familie van vier se jaarlikse afval in een glasbottel pas. Die video is op ons Liewe Aarde blad. Kyk ook gerus na die video oor die...

Lees Verder

Nuusbrief van 16 November 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7 Eksamen begin Vrydag, 16 Nov.-Dins.11 Des. 2018 Skool sluit 13:00 vir gr.1-3 en 13:15 vir Gr.4-7 Die 3de en 5de Des. is atletiekdae en tye sal aangepas word vir daardie twee dae. Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers: Chapman’s Peak Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens Maandag, 19 November 2018 Spesiale saalbyeenkoms Dinsdag, 20 November 2018 Gr.4-6:Eksamen begin Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal Dinsdag, 20 November 2018 Rache de Goede (Juffrou) verjaar Woensdag, 21 November 2018 GEEN Liewe Aarde sivvies a.g.v. eksamen Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 PRYSUITDELING Donderdag, 29 November 2018 Eksamen eindig Vrydag, 30 November 2018 Sivvies Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Swemgalas: Vrydag 9 +16 Nov. Baie dankie aan alle ouers wie ons swemgala van verlede Vrydag bygewoon het. Ons glo dat vandag se gala ook goed bygewoon sal word. Ons sal eerskomende Maandagoggend om 10:30 die oorhandiging van bekers doen aan almal wat tydens hierdie twee galas goed presteer het. Skooldrag en Sportdrag: Ons personeel het opgelet dat ons leerders die afgelope tyd baie ‘bont’ geklee is en nie altyd ons skool se korrekte skool- en sportdrag dra nie. Plakkies (let wel, donkerblou) kan slegs saam met somersportdrag gedra...

Lees Verder

Biblioteek

Geen biblioteekboeke sal van volgende Maandag af uitgeneem kan word nie. Leerders sal steeds biblioteekboeke in die biblioteek kan lees & ook hul eie leesboek saambring vir leestyd. Ons sukkel geweldig om uitstaande boeke terug te kry.ALLE boeke terug in die biblioteek teen 22...

Lees Verder

Liewe Aarde nuus van 14 Nov.

Baie geluk aan Leah Opperman in Gr 1 wat Jannie van die week is. Dankie dat jy so getrou herwin. Geniet die Col’Cacchios geskenkbewys. Het julle geweet dat daar klein hoeveelhede medikasie in ons kraanwater kan wees? Watersuiweringsprosesse haal nie alle chemikalieë uit die water nie. Raak dus ontslae van ongebruikte medikasie op ‘n verantwoordelike wyse deur dat na jou naaste Clicks apteek of Dischem apteek te neem (en nie by die drein af te gooi...

Lees Verder

Moderne dans: Kunstekaap-optrede

Ons is so gelukkig dat daar van ons leerlinge deelneem by Kunstekaap (Artscape), volgende Vryday 16 Nov 2018 tydens die Performance Awards Amerikaanse Ballet New York. Ons beoordelaar is Simon Kaplan, welbekende danskenner, woonagtig in New York en Direkteur van American Academy of Ballet New York. Almal is opgewonde en trots dat ons dansskool deelneem. Ons dansskool bied 4 dans genres aan: Moderne dans, Kontemporêr, Hip Hop en American Ballet Program. Dansers is goed toegerus en slaag uitsonderlik goed met die Ballet uitvoerings; veral met hul persoonlikheid en energie. Ons jonger dansers het reeds in September hul slag getoon en baie goed gevaar. Kaartjie vir Artscape: R60 Vowassenes en R40 kinders. Dit is baie bekostigbaar! Kom ondersteun hulle asseblief. Die funksie begin om 13:00 op VRYDAG 16 NOV en ons danskool tree op teen 15:45 tot 16.45 . Daarna volg ‘n kort medalje-uitdeling. Die volgende 14 dansers tree op: LARA BASSON JANA BRINK JULIETTE VISSER JEANETTE GROENEWALD AMELIE VISSER ELZE V ZYL EMMA LIEBENBERG MARIANNE NEL LUMARIE FOURIE JENNA SCOTT ONELA ROXO BETSY WILKE SCARLETT V D MERWE MIA VISSER AAB bied ook ‘n NEW YORK STARS produksie aan vanaf 15 – 18 November by Artscape. Internasionale dansers uit New York en Parys tree op saam met plaaslike Johannesburg Ballet , om ‘n wonderlike danservaring te bied. Ek stuur meer inligting aan JvR. As u van dans hou, moenie...

Lees Verder

Nuusbrief van 9 November 2018

  Laerskool Jan van Riebeeck Nuus Liewe Ouers, Datums Vrydag, 9 November 2018 Huppelland Gr.R-konsert Vrydag, 9 November 2018 Gr.4-7:Swemgala Dinsdag, 13 November 2018 Gr.4 2019 Ouervergadering Dinsdag, 13 November 2018 Krieket: 0/9 teen Weizmann WEG Woensdag, 14 November 2018 Krieketwedstryd: 0/11 GEKANSELLEER Woensdag, 14 November 2018 SOMER-Buitemuurse oefening eindig Donderdag, 15 November 2018 Gr.7 2019 Ouervergadering Donderdag, 15 November 2018 0/10 Vriendskaplike tenniswedstryd TUIS Vrydag, 16 November 2018 Gr. 7: Eksamen begin Vrydag, 16 November 2018 Gr.1-3: Swemgala Vrydag, 16 November 2018 Krieket: 0/13 Day/Night wedstryd WEG Saterdag, 17 November 2018 Dapper Stappers CHAPMAN’S PEAK Sondag, 18 November 2018 Tamboerskloof Kerssangdiens Maandag. 19 November 2018 Spesiale saalbyeenkoms Dinsdag, 20 November 2018 Geen saal Dinsdag, 20 November 2018 Gr 4 – 6: Begin met eksamen Dinsdag, 20 November 2018 Raché de Goede (Juffrou) verjaar Woensdag, 21 November 2018 Liewe Aarde sivvies Woensdag, 28 November 2018 Gr.1-3 Prysuitdeling OGGEND IN SKOOLSAAL Donderdag, 29 November 2018 EKSAMEN EINDIG Vrydag, 30 November 2018 Sivvies Vrydag, 30 November 2018 Huppellandbraai Vrydag, 30 November 2018 Nadia Stahmer (Juffrou) verjaar >> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK << UIT DIE HOOF SE KANTOOR Begroting Die Laerskool se 2019-begroting is Woensdagaand goedgekeur en ons sê dankie vir die ouers wat die aanbieding bygewoon, oorweeg en goedgekeur het. Ons 2019-begroting word gedryf deur die volgende kernaspekte: 1. ‘n Begrote toename in leerdergetalle na 458; 2. Skoolfonds word verhoog met...

Lees Verder

Biblioteekboeke

Geen biblioteekboeke sal van volgende Maandag af uitgeneem kan word nie. Leerders sal steeds biblioteekboeke in die biblioteek kan lees & ook hul eie leesboek saambring vir leestyd. Ons sukkel geweldig om uitstaande boeke terug te kry. ALLE boeke terug in die biblioteek teen 22...

Lees Verder