Skrywer: Suzaan Burger

Snoepie kennisgewing

Weens voorraadtel ens., sal die laaste dag wat die Snoepie vir 2019 handel dryf, 29 November 2019 wees. Die snoepie sal dus vir 2 tot 4 Desember gesluit wees.

Lees Verder

Seksonderrig vanaf Gr.4-12

Almal is seker bewus van die beoogde seksonderrig vir Gr.4 – 12 in 2020. Ek kan julle egter die versekering gee dat ons by Laerskool Jan van Riebeeck nie sommer enige veranderinge sal aanbring voordat ons dit deeglik met al die betrokke partye, wat ouers insluit, gekommunikeer het nie. Ongelukkig het sosiale media die hele aangeleentheid / kwessie uit verband geruk. Ons eie Wes-Kaapse Onderwysdepartement se vakadviseurs en kringbestuurders dra tot op hede geen kennis van die nuwe beoogde inhoud nie. Sien die artikel wat op die voorblad van Die Burger van Woensdag 13 November 2019 was. Groete J.H....

Lees Verder

Kooroptrede Sondagaand

Onthou asb. dat albei kore Sondagaand om 19:00 by Tamboerskloof N G Kerk in Kloofnekweg by hulle Kerssangdiens sing. Wees asb. teen 18:45 by die kerk. Koorlede dra WIT en sit by hulle ouers. Sien julle daar!

Lees Verder

Begroting 2020

Die Begroting vir 2020 is op 6 November tydens die Begrotingsvergadering aan die ouers voorgelê en aanvaar. Die skoolfondsverhoging vir 2020 is 8.5%. Volg die SKAKEL vir die skoolfooie vir 2020.

Lees Verder

Springbok Busparade

Elke leerder ontvang vandag ‘n toestemmingsbrief wat onderteken moet word en môre teruggestuur word skool toe. Die brief bevat die volgende inligting: • Die skool gaan Maandag, 11 Nov., stap om die Springbok busparade te kyk. Ons skat die bus gaan ongeveer 12:00 onder in Kloofstraat op die draai wees. • Ouers het ’n keuse om hul kind(ers) te kom haal en saam met hulle te stap, of hul kind(ers) saam met die onderwysers te laat stap. Daar sal toesig by die skool wees vir leerders wat nie wil deelneem nie. • Ons wil ouers ook uitnooi om saam met die klas te stap en so die onderwyser te help met toesig. • Ouers wat hul kinders kom haal, kan hul kinders om 11:15 by die registerklas uitteken en hoef nie hul kinders weer ná die busparade terug te bring skool toe nie. • Ons sal vanaf 11:30 na Buitensingel begin stap. • Ons sal ’n Whatsapp uitstuur sodra ons op pad terug skool toe is sodat ouers hul kinders kan kom haal. • Alle leerders dra netjiese somerskooldrag (geen sportklere) • Daar sal nie Maandag enige buitemuurse aktiwiteite plaasvind nie. • Die skoolbus sal later vertrek, afhangend van hoe laat ons terug by die skool is. Kliek HIER om die toestemmingsbrief self te druk. Kliek HIER om die roete van die busparade te...

Lees Verder

Bestel foto’s

Bestel buitemuurse aktiwiteite foto’s: 1: Sien voorbeelde van ALLE foto’s op die muur in die Gr.3 gang. Jy kan ook van die foto’s op die fotograaf se WEBTUISTE sien. 2: Voltooi ALLE inligting op die fotokoevert. 3: Kies die foto’s wat jy wil bestel en skryf dan die KORREKTE KODE, onder die foto op die koevert. 4: Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur terug skool toe. LAASTE DAG VAN BESTELLING: Dinsdag, 19 November 2019 Indien jy die koevert verloor, bestel die foto’s op die fotograaf se...

Lees Verder

Santa Shoebox – ‘n reuse sukses

Baie dankie aan elke Jannie- en Huppelland-familie wat bydraes gelewer het tot hierdie wonderlike projek. Ons het in totaal 102 boksies gepak en gaan sodoende vir 102 kinders ‘n glimlag op Kersdag gee. Hierdie projek beeld een van ons waardes, naamlik omgee, so mooi uit. Saam maak ons ‘n...

Lees Verder

Alet ontvang silwer toekenning in Voortrekkers Nasionale toetskamp

Alet Hitge het die afgelope Oktober skoolvakansie, ‘n silwer toekenning ontvang vir haar Voorslag in die Voortrekkers se Nasionale toetskamp. Die organisasie het laat weet dat hulle geweldig trots is op Alet en op die manier hoe sy ‘n voorbeeld is vir die jonger kinders en haar deel doen in Bellville Oom Vossie Kommando. Alet gaan elke Vrydag Bellville toe vir die byeenkomste. Sy moes hard werk en voorberei om die Voorslag prestasies te behaal. Hulle toets onder andere haar leierskaps- en praktiese vaardighede. Baie geluk...

Lees Verder

Sofia Goosen se projek in tydskrif

Sofia Goosen (Gr.7K) het in hierdie maand se National Geographic tydskrif verskyn vir ‘n projek wat sy self begin het en handhaaf. Baie geluk met hierdie inisiatief, Sofia! Ons sien uit om te sien wat die toekoms inhou vir jou met die...

Lees Verder

Skooltye en kleredrag tot einde van die kwartaal

11 November – 3 Desember Skool sluit: Gr.1-3 13:00 Gr.4-7 13:15 Bus vertrek 13:20 (4 Des. – skool sluit 10:30) Kleredrag: Gr.1-7 Skooldrag (11 – 28 Nov, 2 Des) Gr.1-7 Sivvies (29 Nov, 3 & 4 Des) BEHALWE: 25 November – Atletiek Gr.3 – 7 Skooltye: Gr.1 & 2 07:45 – 13:10 Gr.3-7 07:45 – 14:00 Bus vertrek 14:10 Kleredrag: Gr.1-2 Skooldrag Gr.3-7 Kleurspan klere 27 November – Atletiek Gr.R – 7 Skooltye: Gr.1-7 06:30 – 14:30 Bus vertrek 14:40 Kleredrag: Gr.1-7 Kleurspan...

Lees Verder

Somerdrag vanaf Maandag, 4 November

Verpligte somerdrag moet vanaf Maandag, 4 November 2019, gedra word. Indien daar enige rede is waarom ‘n leerder nie Maandag reeds somerdrag kan dra nie, moet dit direk met die klasonderwyser gekommunikeer word.

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannies van die week, Lea en Simon van Dyk in Graad 2E & Graad 4F. Dankie dat julle so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Papier is uiters geskik vir herwinning: slegs 16% van papierprodukte in Suid-Afrika is nie geskik vir herwinning nie. Maar onthou dat papier skoon en droog moet wees. Kombuisrolle, papierservette en sneesdoekies kan nie herwin word nie, maar is geskik vir jou komposhooop en is bioafbreekbaar. Hier is ‘n lys van nie-herwinbare papier: Vuil of nat produkte soos papierborde, pizza-bokse, sneesdoekies, kombuisrol en toiletpapier, gelamineerde papier, waks- of foelie-bedekte papier en karton. Konfetti en deurslag papier. Plakkers en Post-it notas (dit is met gom bedek) Sementsakke Troeteldier kossakke Weggooidoeke Kliek HIER vir meer...

Lees Verder

American Ballet resultate

Baie geluk aan ons 21 dansers wat deelgeneem het aan American Academy of Ballet Performance Awards 19 Okt 2019 Hierdie jaar kry senior dansers geleentheid en Beurse na Summer School in New York. Baie geluk aan ons 5 seniors wat almal gekies is! Gradering Bronze Bronze Distinc Bronze Double Distinc Silver Silver Distinc Silver Double Distinc Gold Level 1 Cara Stoltz, Silver Double Distinction Sarah Roff, Silver Double Distinction Cara Nel, Silver Double Distinction Lulu Marais, Silver Double Distinction Amelie vd Walt, Silver Double Distinction Gabi Buckenham, Silver Double Distinction Danielle Fourie, Silver Distinction Phia Fouche, Silver Distinction Level 2 Daniella Boshoff, Silver Double Distinction Isabella Marais, Silver Double Distinction Emily Roff, Silver Double Distinction Lukas Goosen, Silver Double Distinction Level 3 Lumarie Fourie, Silver Double Distinction Lida-Mari Bosman, Silver Double Distinction Karlien vd Walt, Gold Kerala Allewell, Gold Level 5 Marianne Nel, Gold AAB Bursary to New York Jeanette Groenewald, Gold AAB Bursary to New York Level 6 Jana Brink, Gold AAB Bursary to New York Arwen Weich, Gold AAB Bursary to NewYork Level 7 Mia Visser, Gold AAB Bursary to...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Luke Willows in Gr.1 O. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Nie almal se koppie tee nie… Plastiek hoort definitief nie in tee nie, en tog is daar plastiek in 25% van alle tee-handelsmerke. Onlangse navorsing in Kanada het bevind dat hierdie teesakkies 16 mikrogram mikroplastiek vrystel as kookwater oor dit gegooi word. Hoe het plastiek in ‘n koppie tee beland? Vervaardigers voeg ‘n soort plastiek by die papier van teesakkies sodat hulle hul vorm behou as hulle aan hoë temperature blootgestel word, maar dit beteken dat hierdie teesakkies nie maklik ontbind nie en daarom nie op komposhope gegooi kan word nie. Hierdie teesakkies dra dus by tot die berge plastiek wat die mensdom weggooi, want daar word elke dag miljoene koppies tee wêreldwyd gedrink. Ondersoek die verpakking van jou tee om seker te maak dat daar nie plastiek in die sakkies is nie, of gebruik eerder los teeblare. Kliek HIER om mees te...

Lees Verder