Skrywer: Suzaan Burger

Seniorkoor (Gr.4-7)

Maak asb. ‘n aantekening van die eerste ekstra kooroefening vir die Seniorkoor op Saterdag 1 Februarie van 9:00 – 12:00.( Let op die verandering in tyd). Almal moet probeer om daar te wees. Nuwe werk word...

Lees Verder

Algemene Huiswerkklasse Gr.1-7

Hierdie jaar bied ons aan graad 1 – 7-leerders die geleentheid om hul huiswerk by die skool te voltooi deur onderskeie onderwysers/lokale beskikbaar te stel. Ons voeg hierdie huiswerkklasse ook by ons buitemuurse program, aangesien alle onderwysers by ‘n buitemuurse aktiwiteit betrokke is. Die buitemuurse program is op die webtuiste beskikbaar, maar is ook aan elke leerder uitgedeel. Die doel hiervoor is dan om die leerders se rooster/beplanning vir die week lekker uiteen te sit met alle inligting op een plek. Graad 1 – 3 leerders het nog altyd geleentheid gehad om hul huiswerk na skool in ‘n klas te voltooi, maar vanaf 2020 wil ons die instelling meer formeel maak sodat ons ekstra klem op ons akademie kan plaas. Belangrik om te let dat die algemene huiswerkklasse nie die nasorg se huiswerkklasse vervang nie, maar eerder as ‘n addisionele geleentheid gesien word waar leerders huiswerk/leerwerk/navorsing, ens. rustig kan voltooi met ‘n onderwyser tot hul beskikking terwyl leerders vir hul ouers of geleentheid wag om hulle te kom haal of vir sport om te begin. Natuurlik mag nasorgleerders van die algemene huiswerkklasse gebruik maak indien dit nodig is. Ons wil poog om weer hande met die hoërskool se tutors te vat om goeie interaksie en leer te verseker, maar dit sal ons eers later kan bevestig. Gr. 1 – Marianna Oosthuizen – Ma. – Do. – 13:15 – 13:45...

Lees Verder

Liewe Aarde

Die herwinning van alle papier en karton by Jan van Riebeeck se depot het gestop tot verdere kennisgewing. Dit is ontstellende nuus, maar landswyd is daar ‘n enorme oorskot, omdat geen van ons papier-rommel meer uitgevoer word na China nie. MPact het ons verlede jaar in kennis gestel dat hulle nie meer ons papier en karton kan oplaai nie. Ons vra dat julle ASB. geen papier of karton van enige soort (riffel en glad) na die skool se depot sal bring...

Lees Verder

Swemgroepe – Kwartaal 1 2020

Kliek gerus HIER om jou kind se naam in een van die swemgroepe vir die eerste kwartaal voor of op 18 Januarie in te vul. Die skakel is ook op die SWEMBLAD op die skool se webtuiste beskikbaar.

Lees Verder

Atletiekuitslae

Baie dankie aan almal wat gehelp het by die Atletiek verlede week! Baie geluk aan die Oranje span wat ons atletiekwenners van 2019 is en die Blou span wat weggeloop het met die sangbeker. Albert Griesel & Sophia Liebenberg en Danny Newton & Héloïse Strauss is aangewys as ons junior en senior sportseun en -dogter. Wel...

Lees Verder

Leerderraad 2020

Baie geluk aan die volgende leerders wat verkies is tot die leerderraad van 2020 (sien die foto hieronder): Agter: Lourens van der Walt, Christian Viljoen, Cayle Stoltz, Kylie du Bruyn, Ella le Roux, Klara von Lieres, Emma Bartel en Onela Roxo. Middel: Stella Malan en Sebastian Boshoff. Voor: Armand Meyer en Jana...

Lees Verder

Strategiese vraelys terugvoer

TERUGVOER VERGELYKING VAN VRAE STRATEGIESE VRAELYS RESULTATE 2019 Ons gee graag terugvoer op die onlangse meningspeiling – vir die volledige stemresultate kliek gerus op die skakel hierbo. Dankie aan al die ouers wat deelgeneem het. Ons is verheug om te kan sê dat die meerderheid van leerders steeds gelukkige Jannies is – iets wat ons as ’n beheerraad ongelooflik belangrik ag. Ook dat die akademiese aktiwiteite deur sowat 90% van ouers op koers geag word. ’n Paar kwessies, wat ook deur die kommentaarafdeling belig is, sal die beheerraad se planne vir 2020 beïnvloed. Kliek gerus op die TERUGVOER skakel hierbo vir ’n lys met aanvanklike terugvoer. Ander kwessies wat aandag sal geniet, is die hernuwing van die klerebank-tye, snoepie-voorraad, aanpassing van die koor se repertoire en ’n evaluering van boelie-hantering en hoe dit aangepas kan word. Ons het drie meningspeilings onder ouers gedoen in 2016, 2018 en 2019. Noudat ons drie jaar se data het, is dit interessant hoe reaksies op bepaalde vrae verander het en of ons wel vordering maak wat sekere kwessies behels. Ongelukkig is dit is wel só dat die peiling se vrae verskil het van jaar tot jaar en verskillende metodologieë gebruik is. Tog is daar ’n paar vergelykende kwessies wat ons kon vergelyk, kliek gerus op die VERGELYKING VAN VRAE skakel bo-aan. Hier is die ouerverkose beheerraad-lede se portefeuljes en kontakbesonderhede vir diegene wat...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie dankie aan almal wat vanjaar by die Liewe Aarde depot herwin het. Die Rommel nood raak al hoe dringender. Onthou asb: om aankope te verminder, te hergebruik waar moontlik, en altyd te herwin. Baie dankie aan die volgende gesinne wat reg deur die jaar baie getrou herwin: Mieke Huysamen Sophia Derksen Ruben, Markus en Lea de Ridder Taru de Wet Isabella en Elsabet Marais Dietz en Heinke Punt Kate en Neil Heyns Lara Pieterse Conrad Slabber Frank van der Walt Isabel en Aiden Duncan Emma en Anna van Biljon Lara Basson Lia Luna Li Latti Danielle en Lumarie Fourie Taniel en Thornley Webber Ameli Snyman Mila du...

Lees Verder

Liewe Aarde belangrike kennisgewing

Belangrike herwinning-nuus: Die herwinning van alle papier en karton by Jan van Riebeeck se depot eindig hierdie week tot verder kennisgewing. Dit is ontstellende nuus, maar landswyd is daar ‘n enorme oorskot omdat geen van ons papier-rommel meer uitgevoer word na China nie. MPact het ons verlede week in kennis gestel dat alhoewel die groot groen igloes op ons terrein sal bly staan, word hulle nie meer leeggemaak nie. Ons vra dat julle ASB. geen papier of karton van enige soort (riffel en glad) na die skool se depot sal bring nie. Dit dwing ons om hard te dink hoe ons papier/karton kan verminder in ons lewens. Recycle1st wat al ons plastiek oplaai bevestig die huidige papier dilemma en vra of ons innoverende Jannies nie planne kan maak om self papier te hergebruik/herwin nie. Eierboksies as...

Lees Verder

Kooroptrede – Sondagaand

Sondagaand tree ons kore vir oulaas op. Die geleentheid is Drieankerbaai N G Kerk se Kerssangdiens. Die diens begin om 18:00 (sesuur). Wees asb. vroegtydig daar. Koorlede dra weer WIT en sit by hulle ouers. Vir ouers wat inry stad toe, neem asb. kennis dat Adderleystraat se liggies Sondagaand aangeskakel word en dat daar ‘n groot konsert op die parade vanaf 16:00 plaasvind. Die verkeer na die stad sal meer as gewoonlik wees, so ry vroeg! Sien julle...

Lees Verder

Musieklesse 2020

Alle navrae oor musieklesse vir 2020 moet aan die volgende persone gerig word: Klavier, Sang, Blokfluit: Helecia Groenewald – helecia@jvrprim.co.za Kitaar: Shaun Berry – shaunberry14@gmail.com Viool: Hannelize Gravell – hannelizegravell@gmail.com Ukelele: Abraham Van den Berg –...

Lees Verder

Vakansiesorg Desember 2019/Januarie 2020

Indien julle graag hierdie Desembervakansie van vakansiesorg gebruik wil maak, kliek gerus op die SKAKEL vir meer inligting. Daar is vorms beskikbaar by die Nasorg, maar julle kan ook self ‘n vorm druk deur op die skakel te kliek. Voltooide vorms kan by Nasorg ingehandig word, of aan lorrvanvuuren@gmail.com gestuur...

Lees Verder

Hulp benodig by Kleure Atletiek, Maandag, 25 Nov.

Ons wil graag ‘n versoek aan ouers rig om ons te help met snoepiediensbeurte of as beamptes vir velditems vir Maandag se atletiekdag. Kliek HIER om jou naam op die diensbeurtlys vir die snoepie in te vul. As jy as baanbeampte wil uithelp, kliek HIER vir die lys met die onderskeie items en stuur dan ‘n e-pos aan sport@jvrprim.co.za met jou kontakbesonderhede en watter item om vir Razelle te laat weet waar jy bereid is om te...

Lees Verder

Jannies sê dankie!

Die Gr.7’s het onlangs ‘n video gemaak van ‘n paar van die werkers by ons skool om meer oor hulle uit te vind en vir hulle dankie te sê vir wat hulle vir ons doen. Kliek HIER om die video te kyk.

Lees Verder

Trotse Jannie

Naam en van: Ethan Anderson Graad: 4vdW Waar woon jy?: Vishoek Gunsteling vak: Wiskunde is my gunsteling vak. Ek hou daarvan om berekeninge te doen. Ek hou veral van die gevoel wat ‘n mens kry as jy ‘n antwoord toets en dis reg! Ek is ‘n trotse Jannie, want ek geniet dit baie om skool te gaan by die...

Lees Verder