Skrywer: Suzaan Burger

Somersokkie

Alle Gr.5 – 7 Jannies word genooi na ons Eiland partytjie op 6 Maart 2020!! Kaartjies sal van Dinsdag 18 Februarie op die Karri-toep teen R150 ‘n kaartjie beskikbaar wees. Die kaartjie sluit in: ‘n Heerlike pizza ‘n Pynappel koppie wat huis toe geneem kan word Water en ystee regdeur die aand ‘n “Photo booth” met ‘n wegneem foto ‘n Aand vol lekker dans, lag en woeker saam met maats Kaartjies kan afgehaal word en pizza bestelling kan gedoen word in juffrou Wright se klas, na betaling op Karri. Kliek HIER vir ‘n...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Mia-Lynn Podesta in Graad 1O. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio.. Ons herinner julle weer aan Nude Foods in Constitutionstraat 5, Zonnebloem (om die hoek van Get Wine) waar jy kos en huishoudelike produkte per gewig kan koop, sonder om ‘n enkele plastieksak te gebruik. Neem jou eie glas, papier of kartonhouer saam om die produkte in terug te neem huis toe. Jy kan ook jou eco brick soontoe neem! Vir meer inligting, sien NUDEFOODS se...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Keira Heyns in Graad 7A. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Kleefplastiek: nuttig, maar só sleg vir die omgewing Kleefplastiek is per ongeluk in die 1930’s in ‘n laboratorium in Amerika ontwikkel: dit was ‘n byproduk van ‘n chemiese proses om iets anders te maak. Vandag gebruik mense wêreldwyd kleefplastiek om kos vars te hou. Ongelukkig kan dit nie herwin word nie, en wanneer dit uiteindelik ontbind, stel dit skadelike chemikalieë vry. Hier is drie alternatiewe tot kleefplastiek: 1) Gebruik herbruikbare byewas-omhulsels om kos vars te hou 2) Bêre kos wat oorbly in glashouers 3) Bedek kos wat oorbly met foelie, eerder as kleefplastiek. (Bron: National...

Lees Verder

Valentynsdag

10 – 13 Februarie hou ons valentynsdag verkope! Elke pouse sal daar ‘n verskeidenheid lekkernye, geskenkies en bederfies wees om te koop. Daar sal ook ‘n lootjieverkope wees teen R10 om ‘n Minnie en Mickey teddiebeer te wen! Daar sal slegs 50 lootjies te koop wees! Alles ten bate van fondsinsameling vir ons somersokkie ,6 Maart...

Lees Verder

Jannies Talent

Onthou om te kom inskryf vir Jannies Talent! As jy ‘n besondere talent het, kom doen ‘n oudisie en wys ons. Enigeen van Gr.1-7 kan inskryf. Kom gesels met juf Helecia. Enige Gr.7-leerder wat ‘n oudisie wil doen vir aanbieder, is ook baie welkom. Inskrywings sluit Vrydag, 6...

Lees Verder

MyJvR – ouerinligting

MyJvR is weer beskikbaar vir ouers. Alle ouers moet asb. inteken om seker te maak die kontakbesonderhede en inligting wat die skool het, is korrek. Dit bevat ook die leerders se mediese inligting en dis belangrik dat ouers dit nagaan. Stappe: 1. Kliek HIER om na MyJvR te gaan (ook beskikbaar bo-aan die skool se webtuiste). 2. Teken in met jou e-posadres en wagwoord (wat in 2019 vir bestaande ouers gestuur is). 3. Indien jy jou wagwoord vergeet het, gebruik die “Wagwoord verloor?” opsie aan die onderkant van die skerm. Onthou om die e-posadres te gebruik wat jy destyds vir die skool gegee het. 4. Gaan jou inligting na en wysig dit indien nodig. 5. Indien enige van die stappe nie werk nie, of jy is nie seker wat om te doen nie, stuur gerus ‘n e-pos aan...

Lees Verder

Liewe Aarde

Baie geluk aan ons Jannie van die week, Emma van Biljon in Graad 4F. Dankie dat jy so getrou herwin! Geniet die R100 geskenkbewys van Col’Cacchio. Onthou: Geen meer papier- of kartonherwinning nie! Onthou asseblief dat ons glad nie meer enige papier of karton by die skool kan herwin nie, aangesien ons herwinningsvennote niks meer kan doen met die papier wat hulle by ons oplaai nie. Die mark daarvoor is versadig en uitvoere van herwinningspapier na die Ooste is gestaak. Niemand mag enige papier in die groen papier-igloes gooi nie en geen karton in die kartonhouers nie, want dit sal nie verwyder word nie. Dankie dat almal verstaan en...

Lees Verder

Seniorkoor

Onthou asb. dat almal wat gekies is om in die seniorkoor te sing, Saterdagoggend van 9:00 – 12:00 ‘n oefening by die skool moet bywoon. Trek lekker gemaklik aan en bring eie eet- en drinkgoed.

Lees Verder

Skooldrag

Ons is baie trots op ons mooi skooldrag. Ons wil poog om hierdie tradisie te laat voortleef. Verlede jaar het die baie streng waterbeperkings ons verplig om amper daagliks leerders met sportklere te laat skool toe kom. Ons het dit duidelik gekommunikeer dat dit slegs ‘n tydelike reëling was. Aangesien die waterbeperkings nou verlig is, het ons besluit om weer terug te keer na die korrekte skooldrag, maar met ‘n uitsondering dat leerders op LO-dae wel hul korrekte sportdrag mag dra. Ons ondervind dat somerdrag koeler as sportdrag is. Ons was en is ‘n skool wat so ver moontlik akkommodeer, maar ook fokus op netjiese, gedissiplineerde drag. 2019 was die jaar waarop ons die meeste verlore goedere ooit gehad het, afgesien van die sportkleredragtydperk. Een van ons waardes heet verantwoordelikheid en ons wil graag verantwoordelikheid by ons leerders kweek deur die korrekte drag, sak, ens. te bring; om te beplan vir die dag en om hul besittings mooi op te pas. Die onderwysers is bereid om ons leerders te akkommodeer om wel aan die einde van die dag hul sportdrag vir hul onderskeie sportsoorte te laat aantrek. Leerders (veral gr. 1-3) kry dus gedurende tweede pouse kans om rustig hul kos te eet sodat hulle genoeg energie sal hê vir die buitemuurse aktiwiteite wat voorlê. Onderwysers en leerders weet ook dat sportsakke in die registerklas gebêre kan word totdat...

Lees Verder

Ons skool word 99 jaar oud!

Ons sal ons 99ste verjaardag op 31 Jan 2020 vier. Die beplande sivviedag (volgens die kalender aangedui) sal skuif na die daaropvolgende Vrydag, 7 Februarie 2020. Alle leerders moet dus met hul skooldrag skool toe kom, aangesien ons ‘n foto op die skoolveld gaan neem waartydens ons alle leerders en personeel in ons skool wil betrek. Ons versoek dat elke leerder in die skool ‘n R10 sal bring om by te dra tot ons 100-boeke projek vir Ellerton Primêr (ons buurskool) se nuwe biblioteek. Hierdie projek dien as afskop vir ons Eeufeesprojek waartydens ons op welwillendheid en uitreik sal fokus. Ons tel die jaar vanaf 99 na 100-jaarviering af deur te fokus op 100 verskillende projekte wat ons onsself ten doel stel. Program vir Vrydag, 31 Jan. 2020: 9:15 – 10:10 – Leerders gooi ‘geskenkgeld’ in geskenke boks. 11:00 – 12:00 – Foto word van leerders in hul skooldrag op die veld...

Lees Verder

Jannies Talent

Dis weer sulke tyd!!! Op Woensdagaand 18 Maart om 19:00 is daar geleentheid vir jou om jou spesiale talent vir die skool te kom wys. Dis ‘n opwindende aand met klank en ligte en beoordelaars wat nog ‘n groot verrassing is. Enigeen van Gr.2 – 7 kan inskryf. Kom na juffrou Helecia Groenewald, kry jou inskrywingsvorm en begin solank oefen. Inskrywingsgelde is R100 vir ‘n individuele item of R150 vir ‘n groep. Inskrywings sluit Vrydag 6...

Lees Verder

Musiek: Ouerbesoeke

Op Donderdag 30 Januarie, die dag van die Bekendstellingsvergadering, sal die musiekpersoneel van 14:15 – 17:30 beskikbaar wees as ouers van musiekleerders wil kom kennis maak of net inloer. Op hierdie stadium sal Mej. Groenewald, Mnr. Reynecke en Mev. Slabber beskikbaar wees. Ons sien uit daarna om kennis te...

Lees Verder

Hoërskoolnuus: musiekskool

Dit is met groot opwinding dat Hoërskool Jan van Riebeeck kan aankondig dat ons hierdie jaar met ‘n splinternuwe buitemuurse musiekskool begin! Die langtermyndoelwit is om ‘n simfonieseorkes by die skool te skep wat ‘n gevestigde kulturele entiteit van die skool kan word. Voorts wil ons ook die musiekdepartement in ‘n formele musiekinstansie omskep. Hierdie musiekskool sal die geleentheid bied vir enige JvR-leerder om musiekinstrumentonderrig in verskeie orkes- en kontempôrere instrumente te kry, of hulle musiek as vak neem al dan nie.Die musiekskool sal ook toegang gee tot enige ander leerder buite JvR (veral die Laerskool!) wat belangstel in musiekonderrig wat hulle nie by ander instansies kry nie. Die instrumente wat reeds aangekoop is, is dwarsfluite, klarinette, trompette, trombone, viole, tjello’s en saksofone. Klasse vir dié instrumente sal aangebied word saam met die huidige instrumente, naamlik tromme/slagwerk, klavier, sang, kitaar en baskitaar. Nog ń opwindende aanwins tot die musiekdepartement is die aankoop van ‘n stel Afrika Marimbas. Die doel hiermee is om dit te betrek by die musiekkomponent van Skeppende Kunste vir graad 8 en graad 9 en om Marimba “bands” te skep in graadverband. Die groepe sal weekliks bymekaarkom en ook by verskeie skoolbyeenkomste optree. JvR en die musiekdepartement wil baie dankie sê aan mnr Christoff Pauw (voormalige BL-voorsitter en oud-ouer) en mnr Albert Geldenhuys (alumni en oudouer) vir hulle bydrae en ondersteuning tot hierdie opwindende nuwe inisiatief....

Lees Verder

Belangrike inligting: Skoolkommunikasie

Whatsapp: Belangrike en dringende boodskappe word deur Whatsapp gestuur. Indien jy tans nie boodskappe ontvang nie, maar graag wil, stoor gerus hierdie nommer in jou selfoon: 066 143 4003. As jy nie die nommer stoor nie, sal die boodskappe nie na jou toe deurgaan nie. Indien jy die nommer gestoor het, maar steeds nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Moet asb. nooit reageer op die skool se Whatsapp boodskappe nie. Webtuiste: Die skool se WEBTUISTE is ons hoofbron van kommunikasie. Alles wat deur die week op die webtuiste geplaas word, word daagliks en/of weekliks (op Vrydae) per e-pos aan ouers gestuur. Vir enige ander inligting, raadpleeg gerus eers die webtuiste voordat jy die skool kontak. Indien jy nie die nuusbrief op Vrydae per e-pos ontvang nie, kan jy ook ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za stuur. E-pos: E-posgroepe is geskep om sekere inligting aan ouers deur te gee. Onderwysers maak soms van e-posgroepe gebruik indien hulle met die graadgroep moet kommunikeer. Indien jy agterkom dat jy nooit hierdie kommunikasie ontvang nie, kan jy weereens ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za...

Lees Verder

Bekendstellingsfunksie 2020

Ons nooi alle ouers om na afloop van die klasbesoeke en Bekendstellingsvergadering op 30 Januarie 2020, lekker saam te kuier. Soos verlede jaar gaan Boulevard 82 vir ons heerlike kos voorsit wat reeds bestel kan word op die Karri toep. Alle bestellings sluit op Dinsdag 28 Januarie 2020. Bestel asb. so gou moontlik om teleurstelling te voorkom. Die aand is slegs vir ouers, so onthou om jou kinderoppasser nou al te reël. Vir enige navrae, kontak vir Ria Hertzog (0823203288 of...

Lees Verder