Daar begin groot opgewondenheid heers oor die Talentkompetisie wat op Woensdagaand, 18 Maart om 18:30 plaasvind. Ons het bekendes wat kom beoordeel en daar sal sertifikate, medaljes en trofeë aan die topdeelnemers uitgedeel word. Almal kan kom! Dis ‘n lekker gesinsaand. Kaartjies is R50 vir volwassenes en R30 vir kinders en sal by die deure te koop wees. Daar sal ook eet- en drinkgoed vooraf te koop wees. Kom sluit die kwartaal op ‘n prettige noot af!