Skrywer: Suzaan Burger

Geagte Ouers / Voogde

Laerskool Jan van Riebceeck sluit week 4 van die laaste kwartaal af met die aanbieding van ‘n suksesvolle gholfdag op Vrydag, 04 November 2022, by die Royal Cape Gholfklub. Die merkwaardige gholfklub is die oudste gholfklub in Afrika met ryk tradisie en geskiedenis waarmee ons skool so maklik kan assosieer. Hierdie spesiale gholfdag dien nie as ‘n fondsinsamelingsprojek nie, maar eerder ‘n dag van samesyn vir ons ouers/voogde wat lief is daarvoor om gholf te speel. Die gholfdag lei tot nuwe vriendskappe, kameradie en bou nuwe netwerke asook om op nog ‘n manier die skool se sukses oor die afgelope jaar te vier. Gholf is egter ‘n sportsoort wat enige sportman baie nederig hou, soos wat deur baie van ons wat aan die dag deelgeneem het, ongelukkkig ervaar het. Ek het die wonderlike voorreg gehad om deel van Andries Viljoen se AVCONENG-span (André Symington en Jan-Jurie Fourie) te wees. Ons het ons gate uit geniet en lekker gelag, want daar is min sportsoorte wat ‘n mens kan uitdaag soos gholf en jou ego super broos laat. Die sogenaamde gholfgode was beslis nie aan ons span se kant nie, maar nie eers hulle kon ons geesdrif demp nie. Baie geluk aan Oloff Sieberhagen en sy span (Louis Boshoff, Adriaan Theron en Jake Rennie) wat die dag puik gespeel het en met ‘n allemintige 93 punte (4bal-samespel met beste 2 punte...

Lees Verder

Leerders presteer in Kommunikasie-eksamen

Kate Mouton (graad 7), Stella Bojé (graad 7) en Karu Rademeyer (graad 5) het in September vanjaar die Suid-Afrikaanse Spraak- en Dramakollege se nasionale Mondelinge Kommunikasie-eksamen afgelê en het hul uitslae ontvang. Dié drie Jannies het reeds vanaf Januarie tydens ’n weeklikse les vir hierdie praktiese eksamen voorberei en dit saam met die junior dramagroep van die Hoërskool Jan van Riebeeck afgelê. Die vlak waarop hul ingeskyf is, Intermediêr 1, is dus reeds op die graad 8 & 9-hoërskoolleerders se vlak. Die eksamen behels ’n program wat elke leerder aanbied en die volgende insluit: ’n voorbereide demonstrasie of praatjie oor ’n interessante onderwerp, die voorlees en bespreking van ’n boek, improvisasie-standpunt of groepverhaalkuns, vrae en besprekings oor die aanbieding en dan het die hele groep saam ’n 12 minute-program met ’n spesifieke tema aangebied. Kate, Stella en Karu het al drie ’n allemintige 96% vir dié uitdagende eksamen behaal – ’n uitmuntende prestasie vir dié laerskoolleerders! Baie...

Lees Verder

American Academy of Ballet Performance Awards: 13 Nov. 2022

Sondag, 13 Nov 2022, by JvR om 10:00. Ons beoordelaar is Laurence Kaplan, Direkteur van AAB New York. Kom ondersteun ons dansers asb.! Almal is al so opgewonde en het hard geoefen. Ons dansskool se dansers is besonders en talentvol en styg in beide genres uit – die Klassiek en die Moderne. Dit is prysenswaardig! Dis deels weens heelwat individuele aandag en dat hulle in hanteerbare groepe goeie opleiding ontvang. Die Cape Town Eisteddfod (Mei 2022) uitslae was uitstekend. Moderne Dans Assessment (29 Okt 2022) was ‘n nuwe aangeleentheid en ‘n groot sukses. Ons wil dit graag volgende jaar uitbou tot ‘n volwaardige geleentheid vir alle dansers. Nou dans hulle die pragtige AAB Ballet (13 Nov). Dit lê baie naby my hart en dis ‘n groot voorreg om ons dansers te kon afrig en motiveer en ‘n groot eer om mnr. Kaplan te ontvang. Die volgende 25 dansers neem aan die AAB Performance Awards deel: Graad 1 Christa -Bella Swart Annabelle Enslin Christina du Toit Isla Jooste Graad 2 Noah Karusseit Heidi v Heerden Natalie Lawson Graad 3/4 Jana v Gijsen Solange Stevens Danielle Fourie Sadie Gillmer Gabriella Buckenham Ella Grey Graad 5/6 Daniella Boshoff Jessica Schincariol Larah Opperman Michaan Naylor Kerala Allewell Karlien v d Walt Graad 7/8 Emma Liebenberg Lara Basson Juliette Visser Amelie VIsser Lumarie Fourie Graad 10 Marianne Nel Soos hulle sê, “break a...

Lees Verder

Skryfbehoeftes vir Grondslagfase-leerders van 2023

Liewe Grondslagfase Ouer/Voog van 2023 Die einde van die jaar het aangebreek en dit is tyd om reg te maak vir 2023. Die skryfbehoeftes vir 2023 is op die Karri-toep gelaai en is tot 30 November 2022 beskikbaar. Indien jy hierdie geleentheid misloop, sal julle self verantwoordelik wees vir die aankoop van skryfbehoeftes. Elke graad se skryfbehoeftelys sal vroeg in Desember op die skool se webtuiste beskikbaar wees. Indien jy skryfbehoeftes bestel het, sal dit in die nuwe jaar in die leerder se klas op hul wag. Baie...

Lees Verder

Konsertfoto’s en -video skakels

Die skakels na die konsertfoto’s en -video is nou aan almal gestuur wat dit op die Karri-toep bestel het. Indien jy dit bestel het, maar nie die skakel na die foto’s en/of video ontvang het nie, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Vir enige ander navrae of versoeke, kan jy ook vir Suzaan kontak. Ons wil ‘n versoek aan ouers rig om asb. nie enige foto’s van ander ouers se kinders op sosiale media te plaas nie. Indien jy ‘n foto wil plaas waarin ander ouers se kinders ook is en hul gesigte duidelik sigbaar is, maak asb. eers by daardie kinders se ouers seker of jy die foto op sosiale media mag plaas. Ons wil graag ouers se privaatheid respekteer. Julle is welkom om die registeronderwyser in die verband te kontak. Baie dankie aan Annéne van Eeden vir ons pragtige konsertfoto’s! Sy het baie moeite gedoen om foto’s van al die aande te neem en selfs “behind the scenes” oomblikke vas te vang. Dankie ook aan Pie in the Sky Productions vir die professionele...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ons somersportbuitemuurse program is in volle swang met leerders wat aan verskeie wedstryde en toernooie deelneem. Ongelukkig is die buitemuurse aktiwiteite vir kwartaal 4 van korte duur aangesien daar die laaste kwartaal van die jaar heelwat tyd aan die finale assesserings afgestaan word. Novembermaand het so stilletjies sy vriendelike opwagting gemaak en dit is onvermydelik om te dink dat die somervakansie en Kersfees net om die draai lê terwyl die wêreld stadig maar seker vir 2023 gereedmaak. Soos genoem in verlede week se nuusbrief het ons o.11-tennisspelers tydens die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 puik in die Ceres-Tennistoernooi presteer. Die afgelope naweek was dit die o.13-seuns en -dogters se beurt. Hulle het glad nie op hulle laat wag nie en in die spreekwoordelike voetspore van die o.11’s gevolg met die seuns- en dogterspanne wat beide silwer medaljes tydens die gewilde tennistoernooi verower het. Dit is duidelik dat ons tennis by die skool baie ‘gesond’ is en kan ons teen heelwat groter skole kompeterend meeding. Baie geluk aan die volgende o.13-dogters en -seuns met hul puik prestasie. Ons is baie trots op julle: Dogters:  Stella Lamprecht Katia van Wyk Liza Hertzog  Cara Swanepoel Seuns: Dawid-Wiese Viljoen Gustav Pansegrouw Johan Symington Pierre-Jaque Smit Baie dankie aan Andri en Maricqe wat die bogenoemde o.13-tennisspelers oor die naweek vergesel het. Ons is ook baie dankbaar vir al die ouers wat die...

Lees Verder

Storieskip, 24 November

Storieskip gaan op 24 November ‘n toneel vir alle graad 1-3-leerders in die saal kom opvoer. Hierdie opvoering vind tydens skooltyd plaas. Die kostes beloop R10 p.p. en ouers kan dit op die Karri-toep betaal. Maak asb. die betaling voor 18 November om...

Lees Verder

Dramaklasse

Volgende week Vrydag, 11 November, is daar ongelukkig geen dramaklasse nie. Die saal word ongelukkig deur dansmaats beset. Die dramamaats kan Maandag en Woensdag kom inhaal. Graad 1 – 3 Maandag en Woensdag 14:10 – 15:10 Graad 4 – 7 Maandag en Woensdag 15:10 – 16:20 Baie dankie! Groete,...

Lees Verder

Nuwe skoolklere bestellings

Ons het in verlede week se nuusbrief die nuwe skooldrag aangekondig. Sien gerus die volgende inligting vir bestellings: Nuwe hemde vevang beide die LO- en skoolhemp met die wapen.  Graad 1-7-leerders se hempies lyk presies dieselfde.  Dit mag nie saam met grys skoolbroeke gedra word nie. Leerders kan huidige skoolklere of die nuwe kombinasie dra. Sportbroek/skort/formele kortbroek Gr. 1 – 3 Seuns en Dogters: Slegs sportbroek/skort Bestellings Gr. 4 – 7 Seuns: Dra sportbroek op LO-dae, andersins die skool se nuwe donkerblou formele kortbroek en donkerblou strepieskouse. Bestellings Gr. 4 – 7 Dogters: Dra sportbroek/skort op LO-dae, andersins die skool se nuwe formele kortbroek/huidige skoolromp, slegs tot geruite romp beskikbaar is....

Lees Verder

Redenaars 2023

Daar is hierdie week briewe uitgedeel rakende redenaarsdeelname vir 2023. Indien enige iemand belangstel en nie ‘n brief ontvang het nie, kontak asseblief vir Andri de Villiers (andri@jvrprim.co.za) of kliek HIER vir die brief en e-pos die nodige inligting na Andri. Alle voorlopige deelnemers moet teen Maandag, 21 November, bevestig...

Lees Verder

Tegnologie Vraelys

Baie dankie vir almal wat reeds die tegnologie vraelys voltooi het. Indien die vraelys nog nie namens julle gesin voltooi is nie, voltooi dit asseblief vandag, 28 Oktober, voor 20:00. SKAKEL NA VRAELYS Ons sal binnekort ‘n skrywe uitstuur wat verduidelik hoe ons tegnologie gebruik om dit wat ons reeds in leer en onderrig doen, uit te brei en te verryk. Wees gerus dat ons tegnologie as hulpmiddel aanwend om ons tradisionele benadering tot onderrig aan te vul, nie om dit te vervang...

Lees Verder

Konsert: Video-opname en foto’s

Die konsertvideo-opname se bestellings op Karri sluit volgende week Woensdag. Sodra dit gesluit het, sal die skakel aan die gesinne wat ‘n bestelling geplaas het, gestuur word. Die foto’s behoort binnekort gereed te wees en sal ook dan met ouers wat dit bestel het, gedeel...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Die spreekwoordelike mooiste, mooiste maand van 2022 is stadig maar seker besig om plek vir die vrolike Novembermaand te maak soos tyd ongesiens en onverpoos verby snel. Kwartaal 4 mag dalk kort wees, maar sluit heelwat opwindende aktiwiteite asook finale eksamens en assesseringsweke in. Ons toegewyde opvoeders en die RO-opvoeders is tans hard aan die werk om ons leerders deeglik voor te berei en te bemagtig om die uitdagings van die finale assesserings met gemak te hanteer. Ons skool het sommer vinnig na die Oktober-vakansie sy operasionele ritme gevind en ons leerders het aan verskeie sportwedstryde, ‘n swemgala en kultuuraktiwiteite deelgeneem. Baie geluk aan ons senior koor met hul puik optrede laasweek tydens die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale. Onder leiding van die Helecia en Ben het hulle as ware ambassadeurs vir ons spogskool opgetree en ons senior- en junior koor eenvoudig van krag-tot-krag geneem. Maak asseblief ‘n nota in jou dagboek om op Sondag, 27 November 2022, die Kerssangdiens by die NG Kerk, Tamboerskloof vanaf 19:00 by te woon. Meer inligting sal binnekort volg. Ek wil nie graag ‘n leerder spesifiek uitsonder nie, maar ek sal my plig versuim indien ek nie vir Karu Rademeyer hartlik gelukwens met haar merkwaardige prestasie nie. Karu het vanaf 21 – 22 Oktober 2022 aan die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as nasionale wenner in die Engelse afdeling aangewys...

Lees Verder

Oud-Jannies tot leiers verkies

Ons is baie trots op die volgende Jannies wat tot hul skole se leerderraad verkies is. Laat weet ons gerus indien julle van nog oud-Jannies weet wat by ander skole verkies is (marinda@jvrprim.co.za).

Lees Verder

Kooroptrede, 27 November

Ons is baie opgewonde om weer op te tree! Albei kore sing op Sondagaand, 27 November, om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk se Kerssangdiens. Dis altyd ‘n baie mooi (kort) aand. By hierdie geleentheid sit koorlede by hulle ouers in die kerk. Hulle dra nie skoolklere nie, maar wel enigiets WIT (met ‘n tikkie kersfees “bling”). Almal is welkom. Dit is die laaste kooroptrede vir die jaar. Ons sien daarna uit om julle daar te...

Lees Verder

Moderne Dans

Die volgende 14 dansers doen hul Cape Studio Moderne Dans Assessering op Saterdag, 29 Okt. 2022, by die skool. Almal is baie opgewonde! Graad 1 “Cheetahs” Mika vd Walt Karen James Gia Kruger “Pop Kittys” Christa-Bella Swart Annabella Enslin Isla Jooste “BlueBirds” Stella Rabie Christina du Toit Lucy le Roux Graad 2 Heidi v Heerden Miekela Myburgh Graad 3 Ella vd Walt Alida Loubser Graad 5 Isabella Marais Lekker dans en dankie dat julle so mooi voorberei...

Lees Verder