Skrywer: Suzaan Burger

Skrywersbesoek: Chrystal Donna Roberts

Aan die begin van hierdie week het die televisie-aanbieder en aktrise, Chrystal Donna Roberts, met die graad 4 tot 7-leerders kom gesels. Chrystal is veral bekend vir haar rolle in televisiereekse soos Fynskrif en Fraksie, asook die 2017 film, Krotoa. Ons was verskriklik opgewonde om haar by die skool te ontvang. Sy het onlangs haar debuut as skrywer gemaak met die jeugroman Speurder Sammi, en het meer oor hierdie verhaal en die skryfproses daaragter met ons gedeel. Dit was heerlik om te hoor hoe Chrystal haar liefde vir stories deel, asook die wete dat geen droom ooit te groot is om na te jaag nie. Die leerders was absoluut gaande oor Chrystal – sy is plat op die aarde, het ‘n warm, oop gemoed en is beslis iemand by wie die leerders kon aanklank vind. Ons sien uit om haar gou weer te...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die besondere meevallertjie van ‘n lekker langnaweek vanaf 18 – 21 Maart 2023 terdeë geniet en die tyd gebruik om kwaliteit tyd saam met jul gesin en/of familie te spandeer. Dinsdag, 21 Maart, was natuurlik die vieringe van Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense hulle eintlik aan die betekenis van die dag steur. Hierdie besondere dag was juis ingestel ter nagegedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag betoog teen die destydse paswette. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet is en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat so iets nooit weer in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef. Hierdie week mag dalk kort wees, maar dit is propvol aktiwiteite met die volgende uitstappies wat sedert Woensdag, 22 Maart, geskied het: Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 23 Maart. Die dag is ongelukkig uitgestel na Maandag, 27 Maart, as gevolg van sterk winde kon die kabelkarretjie nie gebruik word...

Lees Verder

Markdag: 30 Maart

Markdag vind op Donderdag, 30 Maart, van 12:00 tot 12:45 plaas. Tafels is beskikbaar teen R15 per tafel en kan op die Karri-toep betaal word. Slegs gr. 4 – gr. 7-leerders kan hierdie kwartaal by markdag verkoop.   Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word...

Lees Verder

Sportklinieke: 27 en 28 Maart

Ons gaan volgende week, 27 & 28 Maart, vaardigheidsklinieke vir die gr. 1 – 3-leerders aanbied. Hierdie klinieke fokus op vaardighede en is nie net vir leerders wat aan die onderskeie sportkodes deelneem nie. Dit sluit ook by ons LO-klasse aan. Dit vind gedurende skoolure plaas. Alles vind by die skool plaas sodat vervoer nie ‘n probleem is nie. Die netbalafdeling word deur WPNA (pienk tannies) aangebied, die rugby deur TAG-rugby en die hokkie deur SportsHub. Maandag: 27 Maart (Netbal en TAG rugby) Gr. 1 = 08:00 Gr. 2 = 09:15 Gr. 3 = 10:30 Dinsdag: 28 Maart (Hokkie) Gr. 1 seuns en dogters = 08:00 Gr. 2 seuns en dogters = 09:00 Indien ‘n seun eerder netbal of ‘n dogter rugby wil doen, is hul welkom. Hulle kan ongelukkig nie beide doen nie. Hierdie sessies is gratis en vorm deel van...

Lees Verder

Graad 5-ouerinligtingsessie

Beste Graad 5-Ouer Kom woon asseblief die graad 5-inligtingsessie op 29 Maart om 18:00 in die skoolsaal by rakende die gebruik van die skootrekenaars wat alle gr. 5’s aan die begin van kwartaal 2 sal ontvang. Die volgende sal bespreek word: Leerders en ouers se verantwoordelikheid t.o.v. die skootrekenaars. Hoe dit in die klaskamer gebruik gaan word. Bespreking van ‘n dokument wat ouers moet onderteken en terugstuur skool...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Week 9 het Maandagaand, 13 Maart, om 18:00 met ‘n suksesvolle demonstrasie van die gebruik van Skooler en Microsoft Teams afgeskop. Ons is dankbaar vir al die ouers wat opgedaag het om die gebruik van Skooler en Teams te verstaan en toe te pas. Skooler word binnekort ons amptelike kommunikasiekanaal aangesien ons wil weg beweeg van die gebruik van sosiale media as kommunikasiemiddel m.a.w. ons gaan binnekort die gebruik van WhatsApp beëindig. Skooler is ‘n buigsame ‘toep’ en ‘n ongelooflike leerplatform wat in Teams en Microsoft geïntegreer is. Ons gaan Skooler aanvanklik eers net vir kommunikasiedoeleindes tussen die skool en ouers asook ouers en onderwysers gebruik. Ons beplan om later die ander akademiese opsies wat Skooler ook bied, behoorlik te toets en dan uit te rol. MS Teams is ‘n baie veilige omgewing vir ons leerders en personeel om in te werk en dit vervang dan basies die Google Classroom. Graag wil ek vir juf. Suzaan wat die demonstrasie aangebied het asook Marié Cruywagen wat haar bygestaan het, hartlik bedank vir die insiggewende aanbieding. Verseker is die ouers wat dit bygewoon het meer ingelig, meer gemaklik met die gebruik daarvan en minder angstig om dit te gebruik. Dit is ‘n kwessie van tyd en ons het van al die spreekwoordelike groeipyne om na ‘n ander kommunikasiemiddel te beweeg, vergeet en omhels al die funksies wat die toep bied. Laat...

Lees Verder

Kaperjolle: 22 April

Dit is weer Kaperjolle tyd! Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00 ‘n Pretdag vir oud en jonk! Potjiekoskompetisie – koop ‘n proe-kaartjie en help beoordeel! Spitbraai Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges “Quad”speletjies Uitspan zone vir groter kinders Lekkergoedland Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip ‘n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers Musiek Kroegarea Kaartjies is op Karri beskikbaar! Kliek hier of op die Potjiekoskompetisie-advertensie vir die reëls en...

Lees Verder

Verlore Goedere

Ons wil graag ’n beroep op beide leerders en ouers doen in verband met verlore goedere. Ons ontvang tans ’n oorvloed van items wat by verlore goedere beland en wil die probleem graag aanspreek. Ons vra dat alle besittings asseblief duidelik (met die leerder se naam en van) gemerk word, aangesien dit ons werk vreeslik vergemaklik. Verder glo ons ook dit is belangrik dat leerders aangemoedig en geleer word om verantwoordelikheid vir hul besittings te aanvaar en vra dat ouers ons in hierdie verband sal ondersteun. Julle samewerking word...

Lees Verder

Boekverkope: 23 en 24 Maart

Neem asseblief kennis dat daar volgende Donderdag en Vrydag (die 23 en 24ste Maart) weer ‘n boekverkope in die biblioteek sal plaasvind. Stuur asseblief ’n geldjie saam skool toe indien jou kind belangstel om ’n boek te koop. Verkope sal tydens skooltyd tot en met 15:30 plaasvind en beide leerders en ouers is welkom om ’n draai te kom maak. Ons is opgewonde om julle almal daar te...

Lees Verder

Dramatye: 17 Maart en volgende kwartaal op Woensdae

Liewe Drama-Ouers, Vandag se dramatye is as volg: Gr. 1-3   12:45 – 13:30 Gr. 4-7   13:30 – 14:30 Volgende kwartaal se Woensdagtye sal ook a.g.v. sport aangepas word. Dit sal langer wees sodat ons die kinders wat nie aan wintersport deelneem nie ook in ag neem: Gr. 1-3   14:15 – 15:20 Gr. 4-7   15:20 – 16:30 Lekker langnaweek! Groete,...

Lees Verder

Jannies neem aan Cape Town Cycle Tour deel

Baie geluk aan Karlien van der Walt en Ruben Eksteen wat albei Sondag saam met hul pa’s die Cape Town Cycle Tour voltooi het. Hulle het ‘n afstand van 109km te fiets afgelê. Dis ‘n ongelooflike prestasie en ons is baie trots op hulle...

Lees Verder

Veilingsdinee: 27 Mei 2023

Dit is weer veilingsdineetyd en ons is hard aan die werk om die aand ‘n spesiale geleentheid vir elke Jannie-ouer te maak. Die doel van die veiling is om die skool se hoë standaard te handhaaf wat onmoontlik sal wees sonder fondsinsameling-inisiatiewe soos hierdie. Ons hoop werklik dat die jaar weer so ‘n groot sukses soos laas jaar sal wees en dat die skool die fondinsamelingsdoelwitte bereik. Daarvoor het ons betrokkenheid nodig van die wat kan.  Ons versoek dat die ouers wat iets kan bydrae om geveil te word asseblief vir Odette by odettefaling@gmail.com kontak. Sien ook aangeheg die uitnodiging na die...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde

Soos julle bewus is, vind daar die afgelope tyd heelwat veranderinge by die skool plaas. Onder andere die opgradering van die infrastrukture, skooldrag, infasering van die toep, Skooler, as kommunikasiekanaal, Migrasie van die Google Workspace na Microsoft Educational wat beteken dat Google Classroom deur Teams vervang word. Ek verstaan dat veranderinge nie noodwendig deur almal in ons skoolgemeenskap omhels word nie, want vir sommige mense lei verandering tot angs en onsekerheid. Verder beleef ons as Suid-Afrikaners bewustelike en onbewustelik hoë vlakke van angs en stres as gevolg van ekonomiese onsekerhede, wisselvallige beurtkrag en dit te same met die verkeersfrustrasie sal dit enige iemand teen die mure uitfdryf. Ek het baie begrip en empatie dat verdere veranderinge by die skool ook tot hoër frustrasievlakke kan lei, maar ek versoek egter dat die skoolgemeenskap indien daar ontevredenheid oor sekere aspekte van die skool is asseblief nie hul ongelukkigheid op WhatsApp-groepies en ander sosiale platforms openbaar nie. Dit is vir niemand goed nie en lei tot verdere angs en negatiwiteit. Kontak eerder myself of die skool as iets pla. Ons sal beslis luister en dinge in konteks kan plaas. Wees verseker dat ons baie deeglike navorsing oor die beplande veranderinge by die skool gedoen het voordat ons dit in werking gestel het. Enige verandering neem tyd en voor ons dit weet, lei die veranderinge na die spreekwoordelike beter bestemmings en ons skool...

Lees Verder

Skool verdaag vroeër: 28 Maart

Die skool verdaag op Dinsdag, 28 Maart, om 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) as gevolg van personeelopleiding wat vir Huppelland en die Laerskool se onderwysers/assistente vanaf 13:15 aangebied word. Nasorg sal soos gewoonlik...

Lees Verder