Ons gaan volgende week, 27 & 28 Maart, vaardigheidsklinieke vir die gr. 1 – 3-leerders aanbied. Hierdie klinieke fokus op vaardighede en is nie net vir leerders wat aan die onderskeie sportkodes deelneem nie. Dit sluit ook by ons LO-klasse aan. Dit vind gedurende skoolure plaas. Alles vind by die skool plaas sodat vervoer nie ‘n probleem is nie.

Die netbalafdeling word deur WPNA (pienk tannies) aangebied, die rugby deur TAG-rugby en die hokkie deur SportsHub.

  • Maandag: 27 Maart (Netbal en TAG rugby)
    • Gr. 1 = 08:00
    • Gr. 2 = 09:15
    • Gr. 3 = 10:30
  • Dinsdag: 28 Maart (Hokkie)
  • Gr. 1 seuns en dogters = 08:00
  • Gr. 2 seuns en dogters = 09:00

Indien ‘n seun eerder netbal of ‘n dogter rugby wil doen, is hul welkom. Hulle kan ongelukkig nie beide doen nie. Hierdie sessies is gratis en vorm deel van ontwikkeling.