Skrywer: Suzaan Burger

Atletiek: Dinsdag, 6 Februarie

Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees. Die volledige program sal volgende week beskikbaar wees. Alle atlete moet asb. Dinsdag reeds om 07:30 in hul atletiekklere by die skool aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word. Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal ‘n ingangsfooi van R20. Daar is geen parkering by die hoërskool nie, dus vra ons dat enigiemand wat die dag wil bywoon van publieke vervoer of Uber gebruik maak. Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees. Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en -hoed. Ons wens vir elke atleet sterkte toe. Sien die PDF vir die name van die deelnemers. Atletiek-Interskolespan...

Lees Verder

Welwillendheid: Ou skoolklere

Aan die einde van 2023 het ons ‘n groot hoeveelheid ou skoolklere aan verskeie skole geskenk wat behoeftig is. Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae tot hierdie insameling gelewer het. Ons wil graag hiermee voortgaan sodat ons skool ander skole kan ondersteun. Stuur asb. enige ou skoolklere wat nie meer gedra word nie direk na my kantoor. Stuur gerus ook skoolskoene wat te klein is sodat dit ook geskenk kan word. Afsnydatum: 2 Februarie 2024 By voorbaat dankie, Marinda Brink...

Lees Verder

Jannies vir Jesus

Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 – 07:45 in die saal plaas. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk of een van die onderwysers ‘n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling oggend van die week. Alle gr. 1-7-leerders en hul ouers is welkom! ‘n Spesiale dankie aan Isabella en Izzy in gr. 7 wat aangebied het om te help met die tegniese aspek. Ons het ook ‘n Jannies vir Jesus WhatsApp-groep binne die skool se Community gestig waarby ouers kan aansluit en so ook toestemming gee dat hul kind(ers) dit kan...

Lees Verder

Selfbeeld teenoor selfvertroue – is daar ‘n verskil?

“Jy is uniek en spesiaal… Jy kan enige iets bereik as jy regtig wil…” Bekende woorde vir elke ouer. Maar, ten spyte van hierdie voortdurende pogings van ouers se kant af om hul kinders beter oor hulself te laat voel, word ‘n ouer byna daagliks gekonfronteer met ‘n moedelose, ongelukkige kind wat voel hy of sy is nie goed genoeg nie. Daar is ongelukkig min bewyse dat hierdie voortdurende gerusstelling deur ‘n ouer enige verskil gaan maak in hoe kinders hulself gaan beleef wanneer hulle – weg van hul ouers – met hindernisse, teleurstellings en uitdagings gekonfronteer word. Navorsing bevestig dat werklike selfvertroue slegs gekweek kan word wanneer jy jou kind toelaat om sélf oplossings te vind en om sélf hindernisse in die oë te kyk. Dit is híérdie kinders wat uiteindelik (al is die ouers nie daar nie) die wêreld kan trotseer. Soms is dit al manier hoe kinders hul eie persoonlike sterkpunte kan leer ken. Kinders met selfvertroue weet hulle mag misluk, maar glo ook in hul eie vermoë om “terug te bons” en weer te probeer. Natuurlik geskied hierdie veerkragtigheid binne ‘n raamwerk van betrokke en ondersteunende ouers. Moedig dus jou kind van kleins af aan om hul omgewings te verken, in hulself te glo en as hulle val, op te staan, knieë af te stof en aan te gaan. – MARIKE BADENHORST, OPVOEDKUNDIGE...

Lees Verder

Ouer-en-Kind Sportdag

Sien asb. die dokument hier onder vir die reëlings. Kontak gerus vir Rashard indien daar enige vrae is: sport@jvrprim.co.za | WhatsApp 067 3118914 Ouer-en-Kind...

Lees Verder

Wenke vir Huiswerk

Liewe Ouer/Voog Die terug-skool-toe-seisoen het aangebreek, en ons wil julle hartlik verwelkom! Lapa-uitgewers gee hierdie oulike wenke vir huiswerk aangesien hulle ons leerders inspireer om tuis ‘n liefde vir leer te kweek. Hulle is gereed om julle te ondersteun op hierdie reis … Hallo, grootskool! Laat jou kind elke dag dieselfde tyd op dieselfde plek in dieselfde volgorde huiswerk doen – dit skep sekuriteit wat hulle laat ontspan en makliker leer. Moenie huiswerk tussen kosmaak en ander aktiwiteite doen nie. Eerder ’n halfuur van jou volle aandag as ’n uur se verdeelde frustrasie. Die onderwyser is jou en jou kind se vennoot. Hulle gaan baie makliker leer en vinniger vorder as hul weet julle drie werk as ’n span saam. Reageer stiptelik op boodskappe of versoeke van die skool af. Dit gee jou kind ekstra sekuriteit en wys dat jy werklik in hom/haar belangstel. Dit bring ook mee dat hulle hul samewerking wil gee en hul bes wil doen. Kontak gereeld die onderwyser en vind uit hoe jou kind vorder en of daar iets is wat jy tuis kan doen om sy/haar vordering in die klas te vergemaklik. As jy nie met die onderwyser saamstem nie, bespreek dit met hom/haar. Moenie jou kind se onderwyser voor hulle kritiseer nie. Dit veroorsaak dat hy/sy gespanne is in die klas. Wees geduldig. Jou kind ontwikkel nog. Wat jou kind vandag nie...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 19 Januarie 2024

‘n Hartlike welkom terug by ons trotse skool. Groot opwinding saam met hoë energievlakke het op Woensdagoggend, 17 Januarie 2024, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie, geheers. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die nuwe leerderraad ontvang en sonder trane na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om ook al ons leerders en ouers/voogde te verwelkom, blad te skud, drukkies te gee en sommer net lekker te gesels oor die wonderlike vakansie asook die opwindende jaar wat voorlê. Laat my toe om veral ons nuwe leerders en ouers/voogde hartlik by die LS Jan van Riebeeck-familie te verwelkom. Ek weet julle sal sommer vinnig inskakel en deel word van ‘n dinamiese en omgee-skoolgemeenskap. Ons is baie trots om te sê ons het ‘n goeie skool en as nuwe ouers/voogde sal julle dit nou eerstehands ervaar. Vir my is ‘n goeie skool soos ‘n gesonde en ‘n pragtige boom. Soos dit groei, sink dit sy wortels diep in die plaaslike en vrugbare grond; dit pas by die omliggende klimaat en plantegroei aan; sy takke verdik vir ondersteuning en versprei vir maksimum blootstelling aan die son. Dit maak sy eie kos; dit genees sy eie wonde; en op sy tyd bring dit vars blare, bloeisels en vrugte voort. Mag ons spreekwoordelik vir nog baie jare ‘n gesonde boom wees waar ons seker maak...

Lees Verder

Taak- en Toetsroosters

Onderwysers gaan in die vervolg alle taak- en toetsdatums op die taak- en toetsroosters (kalenders) laai. Die kalenders is beskikbaar in die webtuiste se menu onder Take en Toetse (op jou rekenaar sal dit in die boonste menu wees). Om dit te sync met jou kalender, kies die relevante graad se kalender en kliek op Teken in bo-aan vir verdere instruksies en die skakel. Jy kan ook hierdie skakel volg vir...

Lees Verder

Jan Kas tasse & rompies

Dankie vir almal se geduld in die lang rye by Jan Kas hierdie week! ‘n Paar belangrike kennisgewings: Die graad 3-7-skooltasse is bestel. Ons kry moontlik binne die volgende twee weke ongeveer 20 tasse, maar die res eers later. Indien julle nie so lank kan wag vir ‘n tas nie, is julle welkom om enige ander tas wat so naby aan donkerblou as moontlik is, te koop. Julle kan ook ‘n alternatief gebruik terwyl julle vir die skooltasse wag. Rompies graad 4-7: Ons is besig om vir die rompies wat nuut gemaak word, ritssluiters in te sit. Daar gaan wel moontlik ‘n effense prysverskil wees. Ons weet dat baie dogters nog nie ‘n rompie kon koop nie. Wees asb. gerus dat julle nog die LO-klere mag dra tot ons genoeg rompies kon vervaardig en versprei. Indien jy ekstra Woolworths-sakke tuis het, oorweeg asb. om dit vir Jan Kas te skenk. Indien jy jou Jan Kas-aankope in ‘n Woolworths-sak ontvang het, stuur dit ook gerus terug skool toe na Suzaan se kantoor of na Jan Kas tydens...

Lees Verder

WhatsApp Communities

Baie dankie aan almal wat reeds by die skool se WhatsApp Community en relevante groepe aangesluit het. Indien jy nog nie die skakel na die Community gekry het nie, stuur gerus vir Suzaan ‘n boodskap (suzaan@jvrprim.co.za OF 067 435 4050) Neem asb. kennis van die volgende: Ons gaan ouderdomsgroepe vir sportsoorte skep. Die groepe gaan oop wees vir tweerigtingkommunikasie. Die sportvorms wat ouers moet invul om aan te dui of hul kind(ers) aan ‘n wedstryd gaan deelneem, sal op die hoofgroep van die betrokke sport gestuur word. Enige vervoerreëlings wat tussen ouers en onderwysers getref moet word of vrae van ouers kan op die ouderdomsgroepe vir die sport gekommunikeer word. Moet asb. nie onnodige boodskappe hierop stuur nie. Slegs kommunikasie wat relevant is tot die betrokke groep sal toegelaat word. Indien ouers versuim om hierdie reël na te kom, sal hulle tydelik van die groep verwyder word. Daar is ook klasgroepe vir graad 5 – 7 geskep. Sluit asb. so gou moontlik hierby aan. Indien jy ‘n vraag het, gaan asb. na die relevante WhatsApp-groep en kliek op die groepnaam om die inligting te sien. Stuur gerus ‘n persoonlike boodskap vir die onderwyser wat ‘n admin op die groep is (e-pos of WhatsApp). Ons gaan vinniger kan antwoord as die boodskap dadelik by die regte persoon...

Lees Verder

Jannies presteer in Mondelinge Kommunikasie-eksamen

Karu Rademeyer en Sophia Derksen (gr. 7) het in Oktober verlede jaar die Suid-Afrikaanse Spraak- en Dramakollege se nasionale Mondelinge Kommunikasie-eksamen afgelê en die uitslae is vandeesweek ontvang. Dié twee Jannies het reeds vanaf Januarie 2023 tydens ’n weeklikse les vir hierdie praktiese eksamen begin voorberei en dit saam met die junior dramagroep van die Hoërskool Jan van Riebeeck afgelê. Die vlak waarop hul ingeskyf is, Intermediêr Graad 1 (Sophia) en Intermediêr Graad 2 (Karu), is dus reeds op die gr. 8 & 9-hoërskoolleerders se vlak. Die eksamen behels ’n program wat elke leerder aanbied en die volgende insluit: ’n voorbereide demonstrasie of praatjie oor ’n interessante onderwerp, die voorlees en bespreking van ’n boek, improvisasie-standpunt of groepverhaalkuns, vrae en besprekings oor die aanbieding en dan het die onderskeie groepe ’n 20 minute-dramaprogram met ’n spesifieke tema aangebied. Baie geluk aan die Jannies met puik uitslae behaal: Sophia Derksen – Intermediêr Graad 1 – 91% Karu Rademeyer – Intermediêr Graad 2 –...

Lees Verder

Nasorg: Aansoekvorm en kontakbesonderhede

Volg hierdie skakel om jou kind vir Nasorg 2024 in te skryf: Inskrywingsvorm Die nasorgpersoneel het werkselfoonnommers en versoek dat ouers hul daarop kontak (WhatsApp of WhatsApp Call). Stoor asb. ten minste twee nasorgpersoneellede se nommers: Dolinda – 0793965971 Felicity – 0794766927 Ursula – 0792804885 Susan –...

Lees Verder

Ouerinligtingsaand, 23 Januarie

Dinsdagaand, 23 Januarie, om 18:00 is ons Ouerinligtingsaand. Ouers gaan 18:00 by hul kinders se klasse bymekaarkom en beweeg daarna na die saal vir die inligtingsessie. Oudergewoonte sal Stan se “Foodtruck” weer na afloop van die inligtingsessie regstaan met voorafbestelde etes en sal daar ook ‘n SnapScan-kroeg beskikbaar wees. Kosbestellings sal binnekort op Karri beskikbaar wees en moet ten laaste teen Vrydag, 19 Januarie, geplaas...

Lees Verder

Atletiek 6 & 8 Desember 2023: Uitslae

Ons jaarlikse kleure-atletiek het op 6 en 8 Desember plaasgevind. Woensdag was dit die velditems en ons atlete het dit baie geniet. Ten spyte van die temperatuur wat by 36°C gedraai het, het ons atlete uitstekend gevaar. Frank van der Walt en Jana Olivier het albei die diskus rekord vir seuns en dogters o.13 verbeter. Vrydag was dit tyd vir die baanitems en dit was ‘n ongelooflike dag. Die kleurgroepe het die pawiljoen pragtig opgemaak en die gees het oorgeloop. Musiek het gespeel, kinders het gesing en die atletiek was van baie hoë gehalte. Delmar Benecke het die rekord vir 200m, 800m en 200m hekkies gebreek en Dawid-Wiese die 100m vir seuns ope. In die junior afdeling is Cato Terblanche en Rafa Lamprecht as die beste dogter- en seunsatleet aangewys terwyl Jana Olivier en Delmar Benecke die senior afdeling gewen het. Baie geluk aan die Oranjespan wat die atletiekbeker gewen het en die Blouspan wat met die geesbeker weggestap het. Volg die skakel  vir die finale uitslae van die dag. Neem asb. kennis, indien ‘n atleet ‘n eerste of tweede plek in enige baanitems of ‘n eerste plek in velditems verower het, kwalifieer hulle vir Interskole. Dit geld slegs vir o.10 – o.13. Interskole sal op 6 Februarie by Hoërskool Jan van Riebeeck...

Lees Verder

Geagte Ouers / Voogde – 12 Desember 2023

Vandag sluit die skole in die Wes-Kaap vir ‘n welverdiende vakansie vir die leerders na ‘n lang akademiese jaar. Skole sluit egter ‘n dag vroeër as wat geskeduleer is, want dit is te danke aan die Springbokke se geskiedkundige oorwinning oor die All Blacks om die rugbywêreldbeker vir ‘n rekord vierde keer te verower. Die Bokke het ons so trots gemaak en weereens bewys dat daar plek vir uitnemendheid in ons pragtige land is. Verlede week is al die gr. 4 – 7-prysuitdelings suksesvol afgehandel om erkenning vir ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Ons unieke wyse van erkenning gee, veral vir die akademie, maak my gerus dat ons die regte aanslag het en dat daar ‘n plek vir akademiese erkenning en uitnemendheid is. Ons poog as personeel om vir ons leerders ‘n voorbeeld te stel deur alles wat ons as skool aanpak, met uitnemendheid te doen. Baie geluk aan die volgende Top 10 akademiese graad 7-leerders vir hulle harde werk en toewyding: Katia van Wyk (Dux leerder 2023) Lida-Mari Bosman Liza Hertzog Karlien van der Walt Gemma de Vries Stella Lamprecht Ruben Oosthuizen Mieke Nel Jan-Willem Silvis Sofia Newton Graag wil ek ook vir mnr. Leon en sy span hartlik gelukwens met vanjaar se puik kleure-atletiekbyeenkoms wat op Woensdag, 06 Desember, (velditems) en Vrydag, 08 Desember, (Baanitems) plaasgevind het. Die atletiekdag het reeds Vrydagoggend...

Lees Verder