Jannies vir Jesus vind elke Donderdagoggend van 07:15 – 07:45 in die saal plaas. Ons sing eers lekker saam en dan bring ds Marietjie Steyn van die Groote Kerk of een van die onderwysers ‘n boodskap. Dit is baie van ons Jannies se gunsteling oggend van die week. Alle gr. 1-7-leerders en hul ouers is welkom! ‘n Spesiale dankie aan Isabella en Izzy in gr. 7 wat aangebied het om te help met die tegniese aspek. Ons het ook ‘n Jannies vir Jesus WhatsApp-groep binne die skool se Community gestig waarby ouers kan aansluit en so ook toestemming gee dat hul kind(ers) dit kan bywoon.