Dinsdag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck deel. 60 van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees.

Die volledige program sal volgende week beskikbaar wees.

  • Alle atlete moet asb. Dinsdag reeds om 07:30 in hul atletiekklere by die skool aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word.
  • Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal ‘n ingangsfooi van R20.
  • Daar is geen parkering by die hoërskool nie, dus vra ons dat enigiemand wat die dag wil bywoon van publieke vervoer of Uber gebruik maak.
  • Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:30 klaar wees.
  • Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en -hoed.
  • Ons wens vir elke atleet sterkte toe.
  • Sien die PDF vir die name van die deelnemers.
Atletiek-Interskolespan 2024