Dankie vir almal se geduld in die lang rye by Jan Kas hierdie week! ‘n Paar belangrike kennisgewings:

  • Die graad 3-7-skooltasse is bestel. Ons kry moontlik binne die volgende twee weke ongeveer 20 tasse, maar die res eers later. Indien julle nie so lank kan wag vir ‘n tas nie, is julle welkom om enige ander tas wat so naby aan donkerblou as moontlik is, te koop. Julle kan ook ‘n alternatief gebruik terwyl julle vir die skooltasse wag.
  • Rompies graad 4-7: Ons is besig om vir die rompies wat nuut gemaak word, ritssluiters in te sit. Daar gaan wel moontlik ‘n effense prysverskil wees. Ons weet dat baie dogters nog nie ‘n rompie kon koop nie. Wees asb. gerus dat julle nog die LO-klere mag dra tot ons genoeg rompies kon vervaardig en versprei.
  • Indien jy ekstra Woolworths-sakke tuis het, oorweeg asb. om dit vir Jan Kas te skenk. Indien jy jou Jan Kas-aankope in ‘n Woolworths-sak ontvang het, stuur dit ook gerus terug skool toe na Suzaan se kantoor of na Jan Kas tydens winkelure.